Sarie

‘ST RAAT PREDIKANT’ HEMELBESEM KOP IN DIE WOLKE, VOETE OP DIE AARDE

Op sy linkerarm is die woord ‘silence’ getatoeëer. Want wanneer kletsrymer Hemelbesem, oftewel Simon Witbooi, die mikrofoon vat en Afrikaanse woorde begin uitspoeg, wil hy hê jy moet stilbly. Luister. En dink

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

‘ Watsê jy?” groet Simon Witbooi. (Of Hemel, of

Hoe is jou hip-hop-verwerking van Steve Hofmeyr se “Pampoen” ontvang?

Kyk, dit was juis die tyd toe sy uitlatings klippe na sy kant toe gelok het. Ek het myself gebrace vir ’n paar houe. Ons ken mekaar goed en wou graag saamwerk. Ek het omtrent die hele lied oorgeskryf, insluitend­e die dele waar hy sing. Gaan luister weer daarna: Dit gaan oor ’n hunkering na versoening. Daar was uiteindeli­k nie juis negatiewe kommentaar nie.

Vanwaar die naam Hemelbesem? Jy’s nie só lank nie . . .

Dis hoe lank ek binne is. Ook wat ek wil sien in mense wat my paaie kruis. Wil oordra met my skrywes en musiek. Kop in die wolke (geestelik), voete op die aarde (prakties). Geloof en jou werke moet hande vat. Jy kan nie geestelik wees maar handjies gevou sit nie. En omgekeerd.

Die getatoeëer­de gesigte op jou linkerarm lyk soos die Verenigde Nasies . . .

Dis my mike- arm, waarmee ek ’n lansie vir Afrikaans, my mense en hip-hop wil breek. Dié mense het almal vir ’n cause geveg. Hier is my grootgroot­oupa, kaptein Hendrik Witbooi. ’n Jong Simba uit ’n spesifieke toneel in The Lion King wat my en my dogters, Simile (9) en Halo (7), na aan die hart lê. Mel Gibson in Braveheart, waar hy ná ’n oorwinning boontoe kyk. Net so met Rudy Youngblood uit die fliek Apocalypto. En Immortal Technique, revolusion­êre hip-hop-kunstenaar.

Een van jou bekendste liedjies is “Moenie worry nie”. Kry jy dit maklik reg?

Dis ’n sinsnede uit Gian Groen se lied “Alles sal OK wees”. Volgens my een van ons grootste sangers. Hy doen ook my liedjie se backing vocals. Ek is ’n allemansvr­iend, rustig en geduldig. As iemand my inloop, gaan daar jare verby voor ek vra: “Gaan jy dit nog uitsort, of wat?” Dit beteken nie jy het nie in jou core ’n vresie nie. Maar ek laat nie toe dat dit my oorweldig nie, ek doen iets daaraan.

HEMELBESEM IS BY DIE KKNK (24 – 30 MAART) TE SIEN IN

Afrikaansv­atter, ’n spesiale weergawe met Coenie de Villiers

Op ’n ernstige noot, ’n skerpskert­ser-skets oor geldsake

Rymklets van Oos tot Wes, met

GESELS MET HOM

Twitter: @HEMEL_BESEM Facebook: Hemelbesem Instagram: @hemelbesem_

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa