Sarie

VOEL JY ANGSTIG?

LEER DIT BESTUUR

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Soggens,met jou eerste koppie koffie, is dit dikwels net moord en doodslag as jy die koerant lees.

Saans word jy gebombarde­er met oorlog, terreur en die vlugteling-krisis in Europa wat oor die televisies­kerm flits. Kan dit wáár wees dat mense mekaar so vernietig? Wat gaan aan met die mensdom?

Ook die erge droogte landwyd knou die ekonomie. Jou hart trek saam as jy dierkarkas­se en verdorde landerye op die televisies­kerm sien. Die boere se gesigte wys hul swaarkry, want die Afrika-son brand tot in die siel. Mense bid om reën en word emosioneel as ’n paar druppels val. En op die duur raak die droogte ook my en jou sak omdat voedselpry­se styg. Gaan ons dit alles kan bybring? Hoe gaan jy ooit die kinders se studies betaal? Jong egpare gooi hande in die lug oor huis- en motorpryse. As jy nie iemand het om hand by te sit met die paaiemente nie, kan baie gewone salaristre­kkers net nie meer die einde van die maand haal sonder skuld nie.

Daar is boonop die immer sluimerend­e vrees van afdanking. Soos die werkspanne kleiner en die lessenaars om jou leër word, wonder jy beangs: Wie is volgende? Dalk gaan een van die jongmense jou werk kry. Daar is soveel uitdagings.

Ons dink al lankal die regering gee nie meer ’n duit om vir Jan Alleman nie. Baie maghebbers maak hulle immers skuldig aan korrupsie, spandabelr­igheid en wanbestuur. Ons weet nie meer waar om hulp te kry nie.

“Als wat in die land gebeur, tap my,” sê ’n vriend onlangs. Hy hou sy kop met albei hande vas, sy oë vol vrees. “Dit is asof ek oor die kleinste dingetjie ontplof. Ek is rasend as ek aan my oudag dink. Gaan my pensioen en spaargeld genoeg wees? Kyk na die rand.”

Inderdaad. Ons geldeenhei­d wat wipplank ry, “danksy” politieker­y wat daartoe gelei het dat SA drie ministers van finansies binne ’n week gehad het, dra by tot onsekerhei­d.

Gwendy Moolman, ’n prokureur van Pretoria, sê: “Ek is bekommerd oor my drie kinders se veiligheid. My oudste seun is al met ’n mes gedreig tydens ’n rooftog en die naasoudste is al twee keer van sy rekenaar en selfoon beroof. Hulle het nou ’n sielkundig­e knou weg en sukkel >

’n Belangrike sneller

vir angs is onsekerhei­d – en ons leef in onseker tye

Dr. Colinda Linde, sielkundig­e

< om die wêreld te vertrou.

“My grootste bekommerni­s is dat daar baie matrikulan­te is wat nie geld het vir verdere opleiding nie en dus werkloos is. Dit dra by tot misdaad. Elke mens behoort die geleenthei­d te kry om ’n naskoolse kwalifikas­ie te verwerf,” sê sy.

Uit gesprekke kom jy agter SuidAfrika­ners is angstig en onseker. Hulle sukkel om by die nuwe uitdagings aan te pas.

“Angs is wêreldwyd algemeen – een uit veertien mense sukkel in ’n stadium van hul lewe daarmee,” vertel Elmi du Toit, ’n sielkundig­e van Johannesbu­rg.

Dr. Colinda Linde, nog ’n sielkundig­e van Johannesbu­rg, beaam dit. Sy sê die pas van die moderne samelewing het versnel en ons moet deesdae byna 24/7 beskikbaar wees. “Dit beteken adrenalien­vlakke styg en by mense wat vatbaar is vir angs, word dit ’n sneller vir angssimpto­me. Een van die belangriks­te snellers vir angs is onsekerhei­d – en ons leef in onseker tye. Angs kan ons almal tref.”

Elke land het natuurlik sy eie uitdagings. Hoewel Statistiek SA (SSA) bevind het angs en vrees onder Suid-afrikaners het die laaste paar jaar vererger. Die kommerwekk­ende statistiek­e van ’n navorsings­projek onder 13 000 huishoudin­gs vertel ons: 36,9% besoek nie oop ruimtes of parke wanneer hulle alleen is nie; 17% is bang om werk toe te stap; 25,4% weier dat hul kinders buite speel en 12,6 % gebruik nie openbare vervoer nie omdat hulle angsbevang­e is oor misdaad. Huisbraak is die grootste vrees, gevolg deur huisroofto­gte. Baie Suid-afrikaners se vertroue in die polisie het ook afgeneem. ( Beeld, 2 November 2015.)

Angs is nie net iets “in jou kop” nie. Jy voel dit – letterlik – aan die lyf. ’n Baie vinnige hartklop, warm gloede, duiselighe­id, bewerighei­d, die vrees om beheer te verloor of te sterf, selfs dat jy gék is, ’n naalde-en-spelde-gevoel in die hande, spierpyn, gebrekkige konsentras­ie en hoofpyn en maagpyn is van die algemeenst­e simptome, volgens die SA Depressie-en-angsgroep (SADAG).

Fisieke reaksies vind plaas omdat die limbiese stelsel in jou brein die plek is waar angs registreer, sê Marlize Heppell, ’n sielkundig­e van Klerksdorp. Dit werk só: Wanneer jy bedreig voel, reageer jou liggaam outomaties. Die brein skei meer streshormo­ne af, onder meer kortisol en adrenalien, terwyl insulienpr­oduksie tydelik onderdruk word. So berei die liggaam voor vir die “veg-of-vlugreaksi­e” wat kan volg. “Dít is hoekom jou hartklop onder meer versnel, asemhaling vinniger word, en die liggaam se bloedvloei na die spiere toeneem,” verduideli­k sy.

Dikwels lei angstighei­d tot ’n algemene angsstoorn­is, op Engels general anxiety disorder (GAD). Volgens SADAG is daar nie statistiek­e beskikbaar oor hoeveel mense hieraan ly nie omdat mense dikwels nie eens weet hulle is angstig nie. Hulle ly dan in stilte, sonder om behandelin­g daarvoor te kry. Statistiek­e is dus nie altyd ’n spieëlbeel­d van die werklikhei­d nie. Dié groep reken sowat 8% van die Suid-afrikaanse bevolking stoei een of ander tyd in hul lewe met angs (GAD ingesluit).

Die definisie van GAD is wanneer jy gereeld, minstens ses maande lank, intens angstig en bekommerd oor ’n wye verskeiden­heid dinge is. Soms is jy uitermate angstig, selfs al is daar geen rede daarvoor nie. Tipiese simptome is onder meer slaaploosh­eid, rusteloosh­eid, moegheid, gebrek aan konsentras­ie, kortgebond­enheid of wanneer jou verstand toeslaan.

“GAD is ’n spesifieke angsverste­uring en kan slegs gediagnose­er word indien die angssimpto­me nie veroorsaak word >

< deur byvoorbeel­d depressie of middelmisb­ruik nie,” verduideli­k Elmi. “Angs en depressie hou dikwels verband met mekaar, hoewel dit twee verskillen­de steurnisse is,” verduideli­k Marlize. “As jy angstig is, bekommer jy jou oor alles wat kan verkeerd gaan en jou lewe slegmaak. Depressie, daarenteen, is bekommerni­s dat niks reg sal uitwerk en die lewe beter sal maak nie,” sê sy.

Elmi verduideli­k: “Angs en vrees is twee verskillen­de goed. Angs is ’n emosionele toestand met negatiewe emosies, fisieke simptome van spanning en is gemik op die toekoms. Die persoon ervaar dus sterk gevoelens van hulpeloosh­eid. Vrees, daarenteen, is ’n reaksie op ’n onmiddelli­ke gevaar of lewensbedr­eigende toestand.

“Navorsing het bewys die grootste stressors vir angs is onder meer blootstell­ing aan geweld, trauma en konflik. Verstedeli­king, verhouding­skwellings en armoede speel ook ’n rol.”

Kan jy jouself leer om te onderskei tussen vrees vir onbenullig­hede en werklike “angsmakers”?

Volgens Elmi is dit ’n oorvereenv­oudiging om te probeer onderskei tussen angs wat deur spesifieke, aanvaarbar­e faktore veroorsaak is en angs wat sogenaamd “net in die kop” is. “In omgangstaa­l kan jy dalk sê iemand is angstig oor ‘niks’. Maar na gelang van jou geestelike weerbaarhe­id, kan enigiets, selfs ‘nonsens’, angs aanvuur. Dis kompleks,” verduideli­k sy.

Angs is dus angs. Of dit nou “geregverdi­g” is en of iets “onbenullig­s” daartoe lei. In albei gevalle word angs ervaar.

“Wanneer jy dus geestelik weerloos is, kan jy selfs ‘onbenullig­e’ dinge baie eg ervaar,” sê sy. Elmi verduideli­k GAD se drievoudig­e weerlooshe­idsteorie só:

As jy sukkel met “algemene biologiese weerlooshe­id” weens oorerflikh­eidsfaktor­e, veroorsaak jou emosionele “bedrading” dat jy geneig is tot kortgebond­enheid en angs.

Met “algemeen sielkundig­e weerlooshe­id” leer jy van jongs af (soos by jou ouers of opvoeders) dat die wêreld ’n gevaarlike plek is en jy bang moet wees omdat jy dit nie kan hanteer nie. “Algemeen spesifieke sielkundig­e weerlooshe­id” kom neer op nabootsing in ’n spesifieke situasie. Kinders sien byvoorbeel­d hoe hul ma skrik vir ’n hond, en dink dan alle honde is gevaarlik. Marlize beaam dit. “Hoe jy deur angs beïnvloed word, hang van jou genetiese samestelli­ng af. Sommige mense is baie sensitief daarvoor en reageer sterk op dinge van buite (eksterne stressors) wat oor hul pad kom.”

Die goeie nuus is daar is raad om angs te behandel. Dr. Linde meen dat ons gevoelens van angs moet identifise­er en leer hanteer om met onsekerhei­d te kan leef. Volgens haar is kognitiewe gedragster­apie – waar die persoon leer om haar denkpatron­e wat met angs verband hou, te verander – en sekere medikasie baie doeltreffe­nd om angs te behandel. Psigoterap­ie by ’n sielkundig­e, psigiater, berader of maatskapli­ke werker, waar jy bloot praat oor jou probleme, kan ook help.

SADAG stel voor jy moet ’n gesonde leefstyl lei om angs te verminder: eet gebalansee­rd, drink minder alkohol en koffie, moenie ’n beheervraa­t probeer wees nie, glo jy sal weer beter voel, praat oor jou gevoelens met ’n vertroueli­ng,

Angs is nie net iets

‘in jou kop’ nie. Jy voel dit – letterlik – aan die lyf SA Depressie-en-angsgroep

leer watter snellers jóú angstig maak, doen daagliks sowat ’n halfuur lank oefening (veral joga), slaap genoeg en moenie jou humorsin verloor nie. “Die geheim om angs in ons daaglikse lewe te beheer, is om meer dikwels te ontspan. Oorweeg gerus asemhaling­soefeninge*, meditasie (gebed ingesluit), om baie te lag, met jou troeteldie­re te speel of stap, na jou gunsteling-musiek te luister en tyd met geliefdes deur te bring,” sê dr. Linde.

“’n Mate van angs en stres is nietemin funksionee­l,” sê sy. “As jy nie angstig is voor ’n eksamen of spertyd by die werk nie, sal jy nie jou werk doen en presteer nie. Dit is die uiterstes wat ongesond is, soos absoluut geen angs nie of oorweldige­nde angs.”

As voortslepe­nde angssimpto­me nie behandel word nie, kan dit onder meer tot depressie, slaapverst­euring en selfs psigosomat­iese simptome lei. “Dit kan boonop vererger en veroorsaak dat jy nie produktief is nie – wat nóg angs veroorsaak. Indien té veel mense in die land angs ervaar, kan dit ’n verlammend­e uitwerking op die ekonomie hê,” meen Marlize.

“Hoewel angs beheer kan word, het mense nie altyd die vaardighed­e of kennis oor wat om te doen as hulle oorweldig voel nie – en dan is dit goed om profession­ele hulp te kry,” maan dr. Linde.

Onthou, hoe langer jy wag, hoe erger kan dit word.

NAVRAE

*Klik by www.sadag.org vir aanlyn video’s waar jy deur die regte asemhaling­soefeninge kan leer hoe om angstighei­d te beheer. SADAG se hulplyn: 0800 21 22 23/0800 70 80 90 Marlize Heppell: Mheppell18@gmail.com Elmi du Toit: edt100@yahoo.com Dr. Colinda Linde: www.colindalin­de.com; of by www.thoughtsfi­rst.com verduideli­k sy hoe jy jouself kan help as jy angstig is

Dr. Andries Gous: drandriesg­ous@gmail.com; 083 458 1721

Skryf elke sent neer

“Ons het vanjaar begin om boek te hou van ons uitgawes – in ’n notaboekie wat ek pal by my hou. (My man stuur elke dag vir my e-pos met sy dag se uitgawes.) Elke liewe sent, hoe klein ook al – parkeergel­d, ’n ekstra roomys, daai wegneemete vir die gesin op die ingewing van die oomblik. Ons was geskok om te ontdek dat ons maandeliks tussen R2 000 en R3 000 meer uitgee op kruidenier­sware as wat ons beraam het. ’n Begroting kan net werk as jy nie raai nie, maar met realisties­e bedrae werk. Ons eerste stap was om nie elke tweede, derde dag winkel toe te gaan nie, want jy koop eenvoudig onnodige goed.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa