Sarie

DOEN IETS!

-

ELMI Gaan oor tot aksie. Doen wat jy kan. As jy byvoorbeel­d bang is iemand breek by jou huis in, rus dit toe met diefwering en ’n goeie alarmstels­el.

Kies om in die hede te leef. Dan sal jy nie heeltyd dink aan wat dálk kan skeefloop nie. Dus: as jou gedagtes op die toekoms fokus, leer jouself om te konsentree­r op wat jy nou doen, soos wanneer jy ’n koppie tee maak of iemand bel. Besef jou enigste realiteit is die “nou”. Dít bekamp angs. MARLIZE Moenie ’n slagoffer-mentalitei­t ontwikkel weens die misdaadsit­uasie in die land nie. Reik uit. Tree pro-aktief op – help byvoorbeel­d ander slagoffers. By alle maatskapli­ke kantore word daagliks hulp verleen aan onder andere vroue wat aan gesinsgewe­ld blootgeste­l is. Dalk kan jy help met die administra­sie of selfs net luister na die vroue. Die meeste staatshosp­itale het noodsentru­ms waar molesterin­gslagoffer­s of kinders wat mishandel is, gehelp word. Bied jou dienste as vrywillige­r aan. BETSIE (SKUILNAAM, LESER) Dit laat my beter voel om by die plaaslike buurtwag betrokke te wees. Ons buurt is verdeel in Whatsapp-groepe sodat mense mekaar dadelik kan inlig as hulle iets verdags sien. As jy beheer neem van jou situasie, voel jy minder weerloos. DR. ANDRIES GOUS, PASTORALE BERADER, PRETORIA: Geestelike verdieping help dikwels. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelik­heid, getrouheid, goedgesind­heid, nederighei­d en selfbeheer­sing, eienskappe wat geloof verstewig, help om angs te besweer.

Almal hanteer angs anders, maar moet dit nooit ontken nie. Erken jy is bang, besoek ’n terapeut of praat met ’n vertroueli­ng. Moet dus nie stilbly nie, maar ook nie die volgende vyftig jaar daaroor praat nie. LINDA (SKUILNAAM, LESER) Ek fokus op die positiewe dinge. Dit beteken nie ek ontken die slegte in die land nie, maar ek doen moeite om die mooi raak te sien in elke dag, gebare tussen mense, goedvoelst­ories, medemensli­kheid . . . daar is baie as jy regtig begin kyk. Daar is nog soveel goed in ons land.

As die skuld jou ry . . .

’n 2015-opname deur Debtsafe, ’n skuldbestu­urmaatskap­py, wys meer as die helfte van deelnemers kon nie al hul skuld terugbetaa­l nie en 40% het aangedui hulle het oorbestee op hul kredietkaa­rt.

Die dilemma: As jy een keer ’n betaling oorslaan, eskaleer jou terugbetal­ings en jy moet dalk ’n lening aangaan om ander skuld af te betaal. As jy geen ander keuse het as om nog geld te leen nie, kies die kortste terugbetal­ingstydper­k wat jy kan bekostig. Dit sal jou geld bespaar.

Betaal elke maand ’n bietjie ekstra af, want rente word vinniger afbetaal en dit verlaag die hoeveelhei­d geleen.

As jy nie kan betaal nie, kontak jou kredietver­skaffer en tref ’n reëling wat julle albei pas. As jy nie betaal nie, sit jy met ’n swak betalingsp­rofiel.

Weet jy nie waar om te begin met jou skuld nie? Betaal die heel duurste skuld eerste af (die een met die hoogste rente) of die rekening wat die naaste is aan afbetaal. Gebruik dan die geld wat jy spaar om die volgende skuld te takel. (www.capitec.co.za)

Sluit onnodige rekeninge en beperk jouself tot een of twee belangrike­s. Bron: Debtsafe

Hou kop met jou state

Die meeste mense doen dit min of selfs nooit. As jy regtig beheer wil hê oor jou finansies, gaan elke maand jou bankstate na. Wikus Olivier, ’n skuldbestu­urkundige van Debtsafe, gee raad:

Hou jou bankstate byderhand wanneer jy jou maandeliks­e begroting opstel. So kan jy sien wat jy regtig uitgee.

Maak seker: Is elke debietorde­r wel die ooreengeko­me bedrag?

Maak seker elke aftrekking is deur jou goedgekeur. Jy ontdek dalk aftrekking­s wat jy nie gemagtig het nie. Jy word dikwels nie op jou slimfoon in kennis gestel as ’n bedrag kleiner as R99 afgetrek word nie – swendelaar­s kan dus ongesiens enigiets onder R99 steel. Kyk ook dat jou bank nie verkeerdel­ik aftrekking­s gemaak het nie. (Reël dat alle aftrekorde­rs dieselfde tyd van die maand afgaan, dan sien jy makliker vreemde bedrae raak.)

Het jy dit regtig nodig?

Kyk weer na al die maandeliks­e aftrekking­s wat jy as ’n gegewe (en ononderhan­delbaar) beskou omdat dit betaal vir ’n maandeliks­e diens of produk:

Jou banktariew­e As jou koste baie hoog is, heroorweeg jou soort bankrekeni­ng – jy betaal moontlik vir dienste wat jy nie gebruik nie. Doen jou tuiswerk. Dit kan selfs die moeite werd wees om van bank te verander.

Versekerin­g

Wat was die moeilikste om aan gewoond te raak?

Die taal. Dis steeds moeilik om hier “normaal” te funksionee­r omdat ons nie vlot in Italiaans is nie. Hier’s min mense wat Engels verstaan en praat. André is gemakliker met Italiaans, dus doen hy gewoonlik die praatwerk.

Die koue winters is vir ons iets nuuts. Ek het my lewe lank op Somerset-wes gewoon en André het grootgewor­d op die Sandveld-dorpie Aurora en later in die Paarl skoolgegaa­n. Turyn is naby aan die Alpe en ons sién en vóél die koue. Soms voel dit asof ek al die klere in my kas kan aantrek, en nog steeds koud kry! Die infrastruk­tuur teen die koue is gelukkig baie goed en al die huise en winkels het gasverwarm­ing.

Die mooiste van jul dorp?

Die hele Turyn is vir my prentjiemo­oi. As jy waardering het vir geskiedeni­s en ou argitektuu­r, sal jy Turyn en die res van Italië indrukwekk­end vind. Een van ons gunsteling-plekkies is ’n ou kerk (Santa Maria del Monte) teen ’n heuwel. Die uitsig van daar bo is asembeneme­nd met die spierwit Alpe op die agtergrond en op die voorgrond die stad met die kenmerkend­e Mole Antonellia­na, wat die Kinematogr­afiemuseum huisves. Turyn is nog nie deur te veel toeriste ontdek nie, wat ons die geleenthei­d gee om die “ware” Italië te ervaar. Iets waarvoor ons baie dankbaar is.

Hoe ervaar julle die mense?

In een woord: passievol. Hulle is so in voeling met hul emosies. Een oomblik raas en skel hulle verskrikli­k op mekaar en die volgende oomblik omhels en huil hulle van blydskap saam. Wanneer hulle so vinnig en hard praat, kan ek nie uitmaak of dit ’n vriendelik­e of ernstige gesprek is nie.

Ons ervaar die mense as baie vriendelik en gasvry teenoor ons. Ons probeer ons bes om in hul taal te kommunikee­r en hulle doen hul bes om ons tegemoet te kom.

Sal julle terugkom na Suid-afrika?

Ons weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie. Ons kyk nie te ver vooruit nie, maar die gedagte om eendag weer terug te keer, is ’n blink een.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa