Sarie

TURYN, ITALIË

Franine en André Jacobs het sak en pak Italië toe getrek om André se lewenslang­e droom na te jaag

- DEUR PHYLLIS GREEN

Waar woon julle en waarom daar?

André se groot droom van jongs af was om ’n motorontwe­rper te wees. Aangesien daar in SA nie veel moontlikhe­de vir so ’n beroep is nie, het hy ingenieurs­wese by Maties gestudeer, waar ons ontmoet het. Ná ons studies het ons begin werk, hy in ingenieurs­wese en ek in menslike hulpbronbe­stuur.

André het bly droom oor motorontwe­rp en ons het begin navorsing doen en ’n skool in Turyn ontdek wat die kursus aanbied. Ons is in September 2014 getroud en het op ons wittebrood gehoor André kry ’n volle beurs van die skool om gratis te begin studeer vanaf Oktober 2014. Dit was nie maklik om ons land te verlaat nie, maar ons het dit as ons nuwe avontuur saam beskou. Ons het oë toegeknyp, ons tassies gepak en op die vliegtuig geklim. Nou woon ons in pragtige Turyn in die noorde van Italië.

Was dit maklik om aan te pas?

Ons is steeds besig om aan te pas en vergaap ons nog dikwels aan hoe dinge hier gedoen word. In die begin was ons een laatmiddag op soek na iets om te eet. Vroeër het dit gewemel van mense, maar daar was nie ’n siel in sig nie. Ons moes daaraan gewoond raak dat alles smiddae tussen drie en sewe toemaak wanneer mense ’n middagslap­ie neem.

Dit was gelukkig nie moeilik om aan die Italiaanse kosse gewoond te raak nie. Ons eet sommer maklik pizza vir ontbyt, middag- en aandete! (Dit gebeur soms.)

Niks kom by ’n ware Italiaanse pizza nie, maar ons mis darem ’n skaaptjopp­ie oor die kole. Vleis hier is meestal in die vorm van koue hamme of prosciutto. Dis geweldig geurig en kan in byna alle geregte gebruik word, maar word die heel beste gekompleme­nteer deur vars gebakte Italiaanse brood.

In die algemeen is dinge heelwat duurder as in Suid-afrika. Ons spaar geld deur openbare vervoer te gebruik en minder uit te eet.

In hierdie lieflike boek skryf die filosofies­e professor Comte-sponville met eenvoudige wysheid oor die groot vrae van die lewe: God, die dood, liefde, tyd, kuns en nog baie ander. Ek tel die boek elke nou en dan op, en lees weer ’n hoofstuk of twee. Dit sit altyd die lewe vir my in perspektie­f.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa