Sarie

Parfuum...

. . . se oomblik in die geskiedeni­s

-

Deur die millennia het parfuum verskeie oomblikke op die skoonheids­verhoog gehad, maar die interessan­tste verhale oor die wonderwêre­ld van geur kom uit die antieke beskawings.

Die Egiptenare was voor in die koor en het reeds duisende jare gelede die idee agter aromaterap­ie verstaan: dat die regte kombinasie van bestanddel­e byvoorbeel­d angs kan verlig (kaneel, mirre en wierook was gunsteling­e). Die Grieke het geur later ’n stappie verder geneem en welriekend­e plante en hars ( resin) fyngemaal en met olie gemeng en so die eerste “parfuum” geskep wat op die vel gebruik kon word.

Maar dit was die antieke Romeine wat parfuum sy naam gegee het. Hulle het dit per fumum genoem, wat “van rook” beteken, omdat die eerste “parfuums” verkry is deur aromatiese hout en gom te verbrand. Vroue steur hulle nie meer aan parfuumreë­ls soos dat jy ligte geure net in die dag of somer kan dra nie. Ons volg eerder ’n individual­istiese benadering, sê Nicola Cooper, ’n tendensken­ner van Johannesbu­rg. Ons gebruik verskillen­de parfuums, afsonderli­k en saam, om ons eie unieke geure te skep, sê sy.

Dié wat dit kan bekostig, gebruik sommer vier tot ses parfuums op verskillen­de tye van die dag.

Om parfuum laag op laag aan te wend ( layering) begin ook uiteindeli­k plaaslik vlamvat. Vroue gebruik bv. parfuum-olies (wat ons al hoe meer op die rak sien) saam met ander parfuums op hul spieëltafe­l, of hulle gebruik ’n geurige lyfroom saam met hul gunsteling-parfuum as ’n bekostigba­re alternatie­f, sê Nicola. Só druk jy jou persoonlik­heid met ’n eie unieke geur uit.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa