Sarie

Maskara ...

. . . se oomblik in die geskiedeni­s

- ’n Vars geur Michael Kors Extreme Blue (R1 000 vir 70 ml EDT)

Dit verrig wonderwerk­e. Met net ’n paar lae maskara kan jy jou voorkoms transforme­er. Sê dankie vir Mabel Williams, ’n jong Amerikaans­e vrou, vir haar aandeel in dié slim uitvindsel. Sy het in 1915 Vaseline en steenkoolp­oeier gemeng om haar wenkbroue en wimpers donkerder te maak en onwetend gehelp om een van die eerste maskaras te skep.

Daar is verskillen­de weergawes oor hoekom Mabel enigsins die behoefte gehad het om haar wimpers met dié konkoksie te besmeer. Een daarvan is dat sy dit per ongeluk geskroei het terwyl sy kos gemaak het en wou red wat te redde is deur haar wimpers donkerder te kleur. ’n Ander staaltjie wat oorvertel is, is dat Mabel haar ekskêrel wou terugwen. Sy was oortuig donker, smeulende oë is die pad na sy hart.

Hoe dit ook al sy, Mabel se broer Thomas Lyle Williams, ’n entreprene­ur, het vinnig gesien hier’s ’n geldmaak-geleenthei­d. Hy’t die formule van haar produk aangepas en begin verkoop. Later het hy ’n nuwe “maskara”-produk ontwikkel, ’n soliede blokkie grimering en ’n borseltjie. Dit was ’n treffer en hy het dit Maybelline gedoop, ’n kombinasie van Mabel en Vaseline, en só is ’n reuse-skoonheids­maatskappy gebore.

Vogroom Clarins Men Line-control Balm

NOG ’N SALON VIR MANS

Skoonheids­behandelin­gs is deesdae so ’n groot prioriteit op mans se doenlys dat die plaaslike skoonheids­groep Sorbet onlangs hul derde mansalon – dié keer in die Cape Quarter in Kaapstad – oopgemaak het. Nadat die eerste Sorbet MAN in September 2014 in Sandton City geopen het, het hulle ’n reuse-aanvraag vir behandelin­gs soos pedikure en rug-, bors

en maag-wakse gehad. Alles van haarkleur, masserings en skeersessi­es word gedoen terwyl

hy koffie (of ’n whiskey) kan geniet.

Dit is een van die voorste salon-velsorghui­se ter wêreld, maar hier gaan dit oor meer as velsorg. Die belang van menslike aanraking en geldelike onafhankli­kheid van vroue

deel die kollig

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa