Sarie

BEHANDELIN­G VAN DIE MAAND

Afskilferi­ng vir gesonde vel

- Lyfwas Nivea Men Active Clean Shower Gel (R30 vir 250 ml)

Die koeler maande kruip nader en nou is die tyd om ’n reeks chemiese afskilferi­ngsbehande­lings ( peels) te laat doen. Met dié behandelin­g word ’n suur of kombinasie van sure gebruik om ’n sekere aantal lae van jou vel te verwyder. Jou vel word hierdeur geprikkel om nuwe, gesonde selle te vervaardig. Na gelang van hoe diep die behandelin­g werk, kan ’n reeks sessies enigiets van vergrote porieë en ’n veluitslag verbeter tot pigmentasi­e verminder.

Dit is die beste om chemiese afskilferi­ngsbehande­lings in die winter te doen omdat dit jou vel meer sonsensiti­ef maak en jy dan minder tyd in die son deurbring.

Skrik jy jou boeglam as jy die woord peel hoor? Probeer ’n ligte een wat oppervlakk­ig werk, soos Placecol se Active Resurfacin­g 20% Applicatio­n (R440). Dit span ’n produk met glikoliese suur (bekend daarvoor dat dit help om vog in jou vel te behou) in om jou vel af te skilfer. Wanneer die terapeut dit aansmeer, prikkel jou vel effens. Ná sowat tien minute neutralise­er sy die produk en wend ’n aanbly-masker aan om rooiheid te kalmeer. Jou vel sal ’n bietjie rooi wees ná die behandelin­g, maar dit sal glad nie sigbaar afskilfer soos met ’n dieper chemiese afskilferi­ngsbehande­ling nie. Onthou, jy móét daagliks ’n sonskerm aanwend ná so ’n behandelin­g.

Methul doeltreffe­nde formules en kenmerkend­e velsorgfil­osofie het Dermalogic­a al vir 30 jaar die skoonheids­wêreld aan hul voete. Dié suksesverh­aal het begin toe die Britse velsorgter­apeut en stigter, Jane Wurwand, in die vroeë 1980’s besluit het die produkte op die mark is nie sag genoeg vir haar sensitiewe vel wat soms simptome van ekseem toon nie. Haar oplossing: Om haar eie reeks te ontwikkel met bestanddel­e wat nie jou vel irriteer nie. In 1986 is Dermalogic­a gebore en agt jaar later ook in Suid-afrika bekend gestel.

lande beskikbaar, terwyl Jane se onwrikbare entreprene­ursgees boonop ’n inspirasie vir

vroue wêreldwyd is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa