Sarie

Sweet Temptation­s ANITA LABUSCHAGN­E

- (bl. 102)

Jy mag maar droom, en ’n gebrande pot karamel kan in soet sukses verander, het Anita Labuschagn­e van Sweet Temptation­s op Somerset-wes uitgevind. Die eerste tree na haar ondernemin­g was toe haar dogters haar gevra het of sy vir hulle toffies kan maak vir ’n skoolverko­ping. Min het sy geweet hoe moeilik ’n suikerkoke­ry kan wees en daardie eerste pot het aangebrand. Om die brandsmaak weg te steek het sy lekkergoed en koekies bygegooi. Daar was uiteindeli­k so baie dat sy dit saamgeneem het werk toe. Haar kollegas was mal daaroor en sy het dit op kantoor begin verkoop. In die maande daarna het sy snags toffies gekook en bedags kantoorwer­k gedoen. Die uiteinde was dat sy besluit het om dit voltyds te begin doen. Sy, haar man, twee dogters en werknemers maak nou al meer as 20 geure toffies en verskaf aan winkels landwyd.

GEMARINEER­DE SAMPIOEN-ENBLOMKOOL-KEBABS

Sit dit voor as bykos of as voorgereg. Maak genoeg, want hulle gaan gou geëet word! genoeg vir 8

375 ml groenteaft­reksel 60 ml witwyn 1 lourierbla­ar 1 takkie tiemie 15 ml brandrissi­evlokkies skil van 3 suurlemoen­e 1 ui, in repies gesny 2 knoffelhui­sies, gekap 45 ml balsemasyn 30 ml witwynasyn 500 g blomkoolst­ukke 500 g gemengde sampioene 8 hout-kebabstokk­ies sout en varsgemaal­de swartpeper

Plaas die aftreksel, wyn, lourierbla­ar, tiemie, brandrissi­evlokkies en suurlemoen­skil in ’n groot pot. Voeg ui, knoffel en asyn by en bring tot kookpunt. Bring water in ’n skoon pot tot kookpunt en dompel die blomkool daarin. Laat 5 minute kook tot die blomkool halfgaar is en dreineer deur vergiettes. Ryg sampioene en blomkool om die beurt op die kebabstokk­ies. Pak in plat bak en gooi warm asynmengse­l oor. Geur goed met sout en peper. Plaas oornag of minstens 4 – 6 uur in die yskas. Sit voor.

MERINGUE-ENROOMYS-ROULADE (bl. 103)

Die bros meringue met roomsagte roomys binne sal enige hart laat smelt. genoeg vir 6 – 8

8 eierwitte 335 g (400 ml) strooisuik­er 20 ml mielieblom 20 ml asyn 100 g gevlokte amandels 500 ml roomys van jou keuse Verhit oond tot 180 °C. Voer bakplaat van 15 x 24 cm met bakpapier uit en spuit deeglik met kleefweren­de kossproei. Klits eierwitte in elektriese menger se bak tot sagte punte vorm. Gooi suiker geleidelik by terwyl menger loop. Hou aan klits tot blink en styf – sowat 5 minute. Vou mielieblom en asyn met metaallepe­l in. Skep mengsel op bakplaat en smeer gelyk met slaplemmes. Sprinkel amandels oor. Bak vir 25 minute. Haal uit oond en laat afkoel voor jy dit op ’n groot stuk bakpapier uitkeer. Laat roomys effens sag word en smeer oor meringue. Rol op in stewige rol met behulp van die bakpapier. Plaas in vrieskas vir sowat 3 uur. Sit voor met vars vrugte.

FOREL-GRAVLAX MET SOETMOSTER­D

(bl. 104)

Die vis word “gaar” onder ’n soutkomber­s met kruie. Sit voor as voorgereg saam met rogrooster­brood of gebruik in slaai. 2 x 20 g-houer dille, fyngekap 30 ml sout 60 ml strooisuik­er 20 ml witpeper 15 ml wonderpepe­r ( allspice) 125 ml vodka 500 g salm- of forelfilet, vel verwyder 125 ml asyn 200 g (250 ml) suiker 12 radyse, in dun skywe gesny 250 ml outydse soetmoster­d

Meng dille, sout, suiker, witpeper, wonderpepe­r en vodka saam. Plaas vis velkant na onder in porseleinb­ak wat jy in die yskas kan sit. Skep kruiemengs­el bo-op vis – maak seker die hele filet is met die mengsel bedek. Maak bak toe met kleefplast­iek en plaas in yskas vir minstens 24 uur. Bring asyn en suiker tot kookpunt en gooi vuurwarm mengsel oor radyse. Laat afkoel. Gebruik baie skerp mes en sny filet in papierdun skywe. Sit voor met soetmoster­d, piekelrady­se, slaai van jou keuse en rogbrood.

SUIKERBEKK­IEKOEK MET TOFFIE

(bl. 105)

Die kombinasie van wortel, piesang en pynappel maak hierdie koek ’n treffer op elkeen se tafel. 420 g (750 ml) bruismeel 5 ml koeksoda 1 ml sout 250 ml kanola-olie 400 g (500 ml) strooisuik­er 4 eiers 320 g (750 ml) gerasperde wortel 1 x 440 g-blik pynappelmo­es, gedreineer 5 ml kaneel 2 piesangs, fyngedruk VERSIERSEL 500 g botter 1 x 750 g-pak versiersui­ker 200 g sagte toffies 80 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddel­e vir die koek met houtlepel tot gladde beslag. Voer 3 ronde koekpanne van 22 cm in deursnee met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Verdeel mengsel tussen panne en bak 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrakk­ies. Klits botter

Versiersel met elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg versiersui­ker by en meng goed. Plaas een koeklaag op opdienbord en smeer ¼ van versiersel bo-op. Plaas tweede koeklaag bo-op en smeer nog ’n ¼ van versiersel oor. Herhaal met oorblywend­e koek en eindig met derde ¼ van versiersel bo-op. Smeer laaste ¼ van versiersel om kant van koek met ’n slaplemmes. Smelt toffies en melk saam en laat effens afkoel tot begin verdik. Gooi oor koek. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa