Sarie

’n Plaasskool­tjie van hoop

Skoonheids­kundige Nicolette van der Merwe se lewe het handomkeer verander toe sy en haar man hulle op sy afgeleë plaas in die TankwaKaro­o gevestig het. Vandag maak sy ’n verskil as hoof van ’n plaasskool­tjie

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Sywou nog altyd ander help. Nadat Nicolette van der Merwe in 2005 as skoonheids­terapeut in die Paarl gekwalifis­eer het, wou sy vroue beter laat lyk en voel. Maar haar planne het noodgedwon­ge verander toe sy trou met ’n boer op ’n afgesonder­de plaas in die Tankwa-karoo. Gou het sy ’n nuwe uitdaging gesien.

“Ek en Francois is in 2008 getroud. Die naaste groot dorp aan ons is Calvinia, sowat 120 km van die plaas. Die eenmanskoo­ltjie, die Laerskool Elandsvlei op die buurplaas, het vir my gelyk na ’n gulde geleenthei­d om die plaaskinde­rs in die omgewing te help en my in my werk uit te leef. Ek wou nie net huisvrou wees nie,” sê Nicolette, wat ook ma van ’n tweejarige tweeling, Benjamin en Sarel, is.

Vandag leef sy haar droom uit om ander te help as skoolhoof, maar dit was nie altyd ’n maklike pad om te stap nie. Sy het aanvanklik geen opleiding as onderwyser­es gehad nie – en sy wou boonop die onderwysde­partement oortuig dat hulle ’n graad R-klas by die skool nodig het. “Ons het gesien die outjies wat nie daardie voorbereid­ing kry nie, sukkel vreeslik in graad 1. Baie van dié kinders kom uit moeilike omstandigh­ede,” vertel sy.

Toe bel Nicolette – 37 keer – die departemen­t van onderwys om te vra of hulle ’n graad R-klas kan instel. En wraggies, van 2009 tot 2011 het sy die graad R-klas behartig. Sy het selfs ses maande gratis gewerk, maar is daarna wel vergoed. Danksy Francois en haar familie se ondersteun­ing kon sy tussendeur ma en boervrou wees, en onderwys deur Unisa studeer. Sy het einde 2012 haar graad verwerf.

In 2013 het sy oorgeneem toe die vorige hoof afgetree het. “Baie dinge kon teen my tel toe ek vir die pos aansoek gedoen het – ek was jonk, het nog nie my graad gehad nie, maar

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa