Sarie

JOU DILEMMAS OPGELOS My studenteki­nd is skielik vet! Het my huilbui by die werk my loopbaan gekelder?

My dogter is vanjaar ’n eerstejaar­student en het die naweek die eerste keer huis toe gekom. Ek was geskok om te sien hoeveel gewig sy in ’n kort rukkie aangesit het. Wat sou die redes wees? Wat kan ek doen om te help? Ek is bang dit demp haar lewensvreu­gd

- DEUR MARGUERITE VAN WYK & LYDIA VAN DER MERWE

studente wat ’n gebalansee­rde dieet volg en gereeld ontbyt eet, is minder depressief as hul vriende wat aan kitskos peusel. Druk dit op jou kind se hart dat sy ontbyt moet eet, nie etes moet oorslaan nie, en kitskos en laatnagpeu­selry moet vermy. Dit sal help as sy nie kos in die kamer aanhou nie. Sy moet baie water en min alkohol drink, en klas toe loop eerder as om te ry.

Van jou kant moet jy probeer om haar selfvertro­ue ’n hupstoot te gee. Fokus op haar sterk punte en talente. Moenie haar vergelyk met maer medestuden­te nie, probeer haar net baie subtiel daarvan bewus maak dat sy gewig aangesit het. Stel voor sy sluit by ’n gimnasium aan, of doen enige oefening waarvan sy hou.

Kliniese sielkundig­e van Johannesbu­rg

Die regte kommunikas­ie by die werk is baie belangrik, want dit bepaal dikwels hoe take uitgevoer word. Probeer dus jou baas se kommunikas­iestyl verstaan.

Jy móét die huil-insident reg bestuur om moontlike skade te herstel. Jy durf nie weer by jou baas huil nie, dink dus goed na oor wat jy aan hom wil oordra, kry jou feite agtermekaa­r, glo in jouself en maak ’n afspraak met hom om daaroor te gesels. Bly saaklik. Hou emosie daaruit. Dit is eintlik belangrik vir enige kommunikas­ie by die werkplek.

Dit is nutteloos om te bespiegel hoe jou baas oor jou huilbui voel. As jy daaroor gaan tob, gaan jy net erger voel.

Dr. Stefan Kruger: 018 299 1401, Stefan.kruger@nwu.ac.za

Sonia Joubert: 082 822 4179, www.thinkingfi­t.co.za

Dr. Melanie Oelofsen: www.psychologi­st-educationa­l.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa