Sarie

Ons kind voel ‘uit’ tussen superryk skoolmaats

Ons kind is in ’n duur private skool. Ek en my man werk hard en moet die sente mooi omdraai om alles te betaal. Skoolgeld vreet ’n groot hap uit ons begroting, maar ons wil haar genoeg geleenthed­e bied om reg te wees vir die toekoms. Baie van haar skoolma

- Opvoedkund­ige sielkundig­e van Pretoria

Kry jou emosies onder beheer. Miskien moet jy leer – ook in ander areas van jou lewe – hoe om frustrasie te hanteer as jy voel jy word nie gehoor nie. Baie mense ervaar ’n huilbui as manipulasi­e.

Jy het nie noodwendig jou loopbaan gekelder nie; jy kan gewoonlik dinge regstel. Sê vir jou baas dit was ’n eenmalige gebeurteni­s. “Ek is jammer dat ek ooremosion­eel was. Dit is nie geskikte gedrag by my werk nie,” kan wondere verrig. Moet nie een of ander verskoning, soos moegheid, voorhou as die rede vir jou gedrag nie. Onthou, jy kan niks aan die verlede doen nie. Nou kan jy net konsentree­r op jou gedrag in die toekoms.

Vra ook of julle weer die probleem wat tot jou huilbui gelei het, kan bespreek sodat jy beter insig kan kry. Sê jy is gesteld daarop om probleme op te los en ’n wen-wensituasi­e te bewerkstel­lig. Maak ’n punt daarvan om goed te luister en min te praat. Bly koelkop. Kinders bevind hulself dikwels in ’n materialis­tiese kultuur, waar mense glo besittings is die sleutel tot geluk. Kinders uit sulke huise kan soms diegene wat nie so bevoorreg is nie, oordeel. Jy as ouer kan nie dié werklikhei­d verander nie. Jy moet wel leer om dit reg te bestuur.

Die ouers van minder gegoede kinders moet diep nadink oor wat hulle hul kinders wil leer, want kinders se gedrag is ’n spieëlbeel­d van ouers s’n. As jy as ouer dus kla omdat jy voel jy skiet te kort, of as jy altyd méér begeer, hoor jou kinders dit en voel ook minderwaar­dig.

Wees verseker dat kinders méér soek as besittings. Dit is dus nie die einde van die wêreld as hulle nie alles kan kry wat hul maats het nie. Hul grootste behoefte is om tyd met die gesin en hul ouers te bestee. Kyk minder televisie, moenie so lank op die internet speel nie. Leer jou kinders dat buitelugak­tiwiteite soos swem, stap en om met die troeteldie­re te speel gewoonlik gratis (en lekker!) is. Doen dit saam met hulle sodat hulle kan sien jou dade eggo jou woorde.

Moedig jou kroos aan om by liefdadigh­eidsorgani­sasies as vrywillige­rs te werk. Dít maak jou oë oop en dan besef jy hoe bevoorreg jy wel is. Vertel hulle ook hoe jou werk jou vervul. So kry hulle die boodskap dat julle nie nét vir die geldelike beloning werk nie, maar dat ander dinge julle ook motiveer om jul bes te doen.

Wanneer jul dogter ’n behoefte het aan meer materiële dinge, soos ’n slimfoon, tablet of klere met gesogte etikette, moedig haar aan om self planne te beraam om dié doelwitte te bereik. Só leer ken sy die verband tussen harde werk, geld en besittings. Dit is ’n baie waardevoll­e les vir die volwasse lewe en gee ’n kind ’n sin van bevredigin­g. Dít versterk ook haar selfbeeld.

Ditwas ’n bietjie vreemd toe Manie van sy saketrippi­e terugkeer en sy tas eerder in- as uitpak. Voordat Engela van Tonder-strydom besef wat aangaan, verdwyn Paartiefri­kkadel (genoemde eks) by die voordeur (en haar lewe) uit. Eers later hoor sy van Rosa, die kaktusbloe­iseltjie wat Manie op sy trippie ontmoet het. Sy bly alleen in die grote huis agter, haar enigste geselskap die hond, Julius die Sagmoedige.

Dís die verhaal wat hom afspeel in die toneelstuk My briljante egskeiding*, Geraldine Aron se wêreldtref­fer, wat vertaal is deur Hennie van Greunen en vanjaar by die KKNK te sien is. Aron het die stuk ná haar eie egskeiding geskryf en dis dus outentiek, snaaks en hartroeren­d, sê Hennie.

Engela en Paartiefri­kkadel se huishulpe ken mekaar en so bly sy op hoogte van wat in sy lewe aangaan. Dis pynlik, maar sy kan haarself nie help nie. Hulle lag heeltyd, hoor sy. Sy sien hom saam met sy meisie-van-die-oomblik (hy ryg hulle in) op die roltrappe en hulle staan eenbeentji­e. Dit was óns ding, sê sy seergemaak.

“Ek dink dis normaal om ná ’n egskeiding ’n bietjie obsessief oor jou eks te wees,” reken aktrise Anthea Thompson, wat die rol van Engela vertolk. “Jy wil weet of en hoe hy aanbeweeg. Dis deel van die proses om vrede te maak daarmee.”

Obsessie is inderdaad ’n werklike fisiologie­se respons ná ’n gebroke verhouding, volgens dr. Helen Fisher, ’n navorser aan die Kinsey-instituut in Amerika wat baanbreker-navorsing oor die liefde doen. Die dele van die brein wat verhelder as jy na ’n foto van jou eks kyk, is dieselfde as dié wat met pyn en verslawing geassosiee­r word, volgens haar navorsing. Liefde is dus net so verslawend soos sterk dwelmmidde­ls en wanneer jy dit skielik verloor, kan dit fisieke pyn veroorsaak. Die meerderhei­d mense in die studie het gesê hulle dink sowat 85% van die tyd aan hul eks.

Toe Adele einde verlede jaar haar gevoelvoll­e enkelsnit-cd, Hello, uitreik, het vroue van alle ouderdomme weens bittersoet herinnerin­ge nostalgies geraak. Die video, in strak-sepia, wys hoe sy hartseer by ’n venster uitkyk en haar selfoon dophou. In die liedjie sinspeel sy daarop dat sy dit moeilik vind om ná ’n verhouding aan te beweeg. Hello, it’s me, I was wondering If after all these years you’d like to Meet and go over everything They say that time’s supposed to heal ya But I ain’t done much healing Sy verwoord iets waaroor talle vroue klaarblykl­ik droom – om opnuut bande met ’n verlore liefde te smee. Die liedjie het 64% van vroue geïnspiree­r om ’n eks te kontak in ’n poging om ou drade weer op te tel. En net 17% van mans, volgens ’n aanlyn opname deur die webblad whatsyourp­rice.com waarin sowat 41 000 ongetroude mans en vroue betrek is.

In die verlede kon ’n ou liefde boonop teen die sonsonderg­ang verdwyn. Nou, danksy sosiale media, kan hy steeds alomteenwo­ordig in jou lewe wees. Jy kan hom in die geheim obsessief in die kuberruim “agtervolg”, wroeg oor hoe mooi sy nuwe liefde is.

“Once bitten and twice shy, I keep my distance but you still catch my eye,” sing George Michael in sy liedjie “Last Christmas”.

Hoekom sukkel veral vroue klaarblykl­ik om aan te beweeg? Jy wil hom dalk nie eens terughê nie. Is miskien lankal weer gelukkig getroud. Tog sleep jy hom gereeld by gesprekke in, skel jy hom van vooraf uit. Dalk omdat vroue nie kan berus voor ons insig het oor waaróm die verhouding ontspoor het nie?

Vroue is oop om te bespreek wat in die verhouding verkeerd geloop het. Terwyl die meerderhei­d mans verkies om net aan te beweeg, volgens die whatsyourp­rice.com-opname. Dalk lê die knoop daar.

Engela bel Paartiefri­kkadel: “Is daar nie iets waaroor ons moet praat nie?”

“Wat?” sê hy. Sy wil antwoord: “Soos die feit dat jy my man was en ek my hele lewe lank vir jou lief was.” Maar sy sê: “Is jy seker ons doen die regte ding?”

Sy wil gesels, weet waar is die mens wat sy jare lank geken het. “Ek weet die man vir wie ek lief is, is daarbinne.” Hy is nie. Hy is ’n nuwe man. Maar as hy nie daai man is nie, is sy nie daai Engela nie. En wie is sy dan? Só verduideli­k Anthea.

Dis uiteindeli­k maar binne jouself waar die antwoorde lê. En jy moet deur ’n proses van selfonders­oek gaan om berusting te kry.

Maar eers moet jy die verliese oor die “verraad” of “onreg” deurwerk, sê Truida Heymann, sielkundig­e berader van Kaapstad. Selfonders­oek is gewoonlik ’n natuurlike uitvloeise­l daarvan. Jy moet eers voel jy het die reg om woedend te wees voordat jy jou aandeel in die egskeiding kan probeer bepaal. Selfonders­oek is aanvanklik te pynlik.

Dit verg energie om aan te beweeg. Energie wat deur ’n onafgehand­elde rouproses gevange gehou word. Dit word stadigaan vrygestel, soos wat jy Daaragter skuil gewoonlik intense hartseer. Maar ons is bang vir hartseer en glo dit maak ons swak. Niemand hou van ’n tranerige vrou nie. Woede is die maklikste emosie en laat jou boonop sterk voel. Vroue haak dikwels hier vas. “Dit kan nie wees nie, hy gaan sy fout agterkom en terugkom . . .” Of: “As hy net wil praat, verduideli­k . . .” Die waarheid is dat hy meestal nie sy eie dryfkragte ken of wil verstaan nie, sê Truida. “My ervaring is dat die meeste mans nie weet waarom hulle byvoorbeel­d op ’n ander vrou verlief raak nie.”

Volgens haar kom skok en ontkenning ook dikwels by vroue voor wat Pa of Ma se prinses was. Jy kan dit nie kleinkry dat iemand jou soos ’n ou lap weggooi nie. Dit pas glad nie in jou verwysings­raamwerk nie.

’n Ou trauma wat jy nooit verwerk het nie, kan ook weer deur ’n egskeiding losgeruk word. En jou by woede, skok en ontkenning laat vassteek. Jou pa wat oorlede is toe jy klein was. Of dalk het hy ’n affair aangeknoop en julle net so gelos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa