Sarie

DIE PAD NA AANVAARDIN­G

-

Desperaat om met jou eks versoen te raak? Besef jy het hom nie nodig nie. Die kans is goed dat jy iets buite jouself soek wat jy in jou binneste moet vind. Die oorsprong van jou obsessie spruit uit dinge binne jouself waaraan jy moet werk.

Miskien is jy bang om alleen of enkellopen­d te wees. Die probleem is nie dat jy hom moet terugkry nie. Wel dat jy moet leer om tevrede met jouself te wees, of daar nou ’n liefde in jou lewe is of nie. Miskien soek jy bloot na liefde. Delf daarvoor binne jouself. Dit sal jou die selfagting gee om te besef jy het nie die liefde nodig van iemand wat jou nie wil hê nie.

Raak ontslae van alles wat jou aan hom herinner. Skrap sy nommer op jou selfoon en sy e-posadres. Bêre sy foto’s en stuur sy goed terug wat by jou is. Of skenk dit vir liefdadigh­eid. Moenie aan die verlede vasklou nie en jy sal vinniger aanbeweeg.

Wees versigtig kop eerste in ’n volgende verhouding intuimel. Dis soms ’n probleem nadat ’n verhouding pynlik geëindig het. Die laaste ding wat jy nodig het, is nog ’n potensiële slegte verhouding. Wag ’n rukkie voor jy weer die water toets. Veral as jy dit net doen om jou eks jaloers te maak.

Werk aan jouself. Hou op dink hoe jy hom gaan terugkry en fokus op jouself. Wat het jy nodig, vir jouself sowel as ’n potensiële verhouding? Hoe stel jy joutruidal­eweheymann­nvorentoe voor? Waarheen is jy op pad?

Gun jouself alleentyd vir genesing. Bederf jouself. Ná ’n tydjie alleen (nie te lank nie), gebruik jou vriende vir emosionele ondersteun­ing. Gaan saam uit, selfs al is jy nie lus nie. Rou is belangrik, moet net nie dat dit jou insluk nie.

Soek profession­ele hulp as jy nie kan aanbeweeg nie. Dit kan ’n lang sinkplaatp­ad wees. Soms het jy ’n rigtingwys­er nodig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa