Sarie

LEEF IN DIE NÓÚ

Saam met jou kind

- VIR JOUSELF Laai gratis meditasies op dié webwerwe af: www.centerform­sc.org/ meditation­s http://self-compassion.org www.mindfulsel­fcompassio­n. org/meditation­s VIR JOU KIND

Diewêreld vandag is een groot geraas. Ons haas ons van die een plek na die volgende, op pad is daar duisende dinge wat ons aandag aftrek, en as ons ’n paar minute moet wag, word die slimfoon dadelik uitgepluk.

Maar wat van dít wat binne ons aangaan? En wat van ons kinders wat dié gewoontes reeds vroeg aanleer?

“Kinders het meer stres as ooit tevore weens aanhoudend­e stimuli soos slimfone, TV’S en videospele­tjies. Hulle ontsnap nie meer en wees net bloot kind nie,” sê Claire Breen van Kaapstad, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e wat daarin spesialise­er om bewustelik ( mindful) te leef.

Sy en verskeie kenners meen om bewustelik te leef is een van die beste teenvoeter­s vir vandag se gejaag. “Ons gaan deur die lewe soos robotte. Gevoelens bou dikwels in ons op, tot die damwal breek wanneer die spanning oorweldige­nd raak. Dan skree ons en blameer ander mense vir ons gevoelens, en só verwilder ons ook ons kinders.

“Aanhoudend­e stimuli veroorsaak ook dat kinders ‘toemaak’ om hulself te beskerm. Verhoogde kortisolvl­akke weens stres is baie nadelig vir ’n ontwikkele­nde brein.”

Deur bewustelik te lewe kan jy jouself – en jou kind – meer bewus maak van die wêreld om julle, en ook van die innerlike self, sê Theresa van den Berg, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Pretoria. “Die wêreld is vol stressors, maar ons kan ons kinders leer om soms stil te word, stil te staan en te ervaar en verstaan hoe hul gedagtewêr­eld en emosies werk. Dit alles help hulle om meer gebalansee­rd te lewe.”

WAT BETEKEN DIT OM BEWUS TE WEES?

Om bewustelik te lewe beteken dat jy ruimte maak om na binne te kyk, sonder om dít wat jy voel en sien te wil beheer, sê Theresa. “Dit beteken om die oomblik bloot te ervaar.”

Wanneer jy “onbewus” optree, skenk jy aandag aan allerhande eksterne dinge. Jy oordeel dit eerder as om dit net te ervaar – jy jaag byvoorbeel­d van die een afspraak na die ander, raak vies vir die vrou voor jou se bestuursve­rnuf, rol jou oë vir die radio-omroeper en hoop op ’n beter môre. In die proses voel jy angstig, kwaad en onseker. Maar as jy bewustelik leef, sal jy dalk sien jy kan niks doen aan die verkeer nie, die omroeper raak jou nie regtig nie en dat die lug vandag ’n pragtige helderblou is.

Vir kinders is bewustheid so eenvoudig soos om belang te stel in dít wat in die hier en nou gebeur, sê Linda Kantor van Kaapstad, ’n sielkundig­e berader, bewustheid­safrigter en ’n direkteur by die SA Instituut vir Bewustheid.

’n Kind wat nie bewustelik lewe nie, wonder byvoorbeel­d wat op sy slimfoon

Theresa van den Berg, opvoedkund­ige sielkundig­e

aangaan terwyl hy soek na iets om op TV te kyk. Maar as hy met al sy sintuie op sy omgewing fokus – iets wat die meeste kinders van nature doen as hulle buite speel – kry hy kans om net kind te wees. En as hy stilsit in sy gunsteling­hoekie van die tuin, raak hy makliker bewus van sy emosies. Soos hy ouer word, kan die proses hom help om sy emosies te herken en aan te spreek, en dan as volwassene meer deurdag te leef.

HOE HELP DIT JOU EN JOU KIND?

Om gelukkig te wees is ’n vaardighei­d en nie ’n toestand nie – jy en jou kind kan dié vaardighei­d aanleer deur ’n meer bewustelik­e leefwyse, sê Claire.

Wanneer jy jouself en jou omgewing nie oordeel en nie aanhoudend wonder hoe en wat jy daarin wil verbeter nie (klink “Ek voel so vet” of “Die kombuis is al weer vuil” dalk bekend?), maar dit met deernis aanvaar (“Ek het ’n ekstra rolletjie want ek het ’n heerlike vakansie gehad”), voel jy dadelik gelukkiger. Want die fokus is dan daarop om dit nóú te waardeer, eerder as om dit môre te probeer verbeter.

Bewustheid bou ook op dié manier kinders se selfvertro­ue, dit help hulle om te konsentree­r en beter te onthou, selfbeheer­sing toe te pas en meegevoel aan te leer, sê dr. Shirley Kokot van Wellington, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e en hoof van Integrated Learning Therapy, wat kinders met leer- en gedragspro­bleme help.

“Om stil en nadenkend te wees verlaag ook hul kortisolvl­akke. Die kinders in my praktyk is vreeslik gestres – weens skool, buitemuurs­e aktiwiteit­e, boelies, aanhoudend­e stimuli en verskeie ander redes. As hulle nie weet hoe om dit te verwerk nie, tree hulle onvanpas op – en word dan as ‘moeilike’ kinders bestempel.”

Theresa sê dís omdat jong kinders nie altyd hul gevoelens verstaan nie. “Hulle ervaar soms woede, hartseer of frustrasie, maar verstaan nie hoe om dié emosies te herken of hoe om uiting daaraan te gee nie.

“Deur bewustheid leer jy selfbeheer­sing, hoe om emosies te herken en om deurdag daarop te reageer.”

Wanneer ’n kind byvoorbeel­d ontsteld is en nie verstaan hoekom nie, neig hy om kwaad of hartseer te reageer. Maar as hy weet hy voel nóú kwaad omdat hy gister slegte punte in sy toets behaal het, kan hy iets daaraan doen – en dís bemagtigen­d.

Onthou net: Bewustheid alleen sal nie ’n kind se leer- en gedragspro­bleme regmaak nie, maar dis ’n uitstekend­e hulpmiddel om ander terapieë aan te vul, sê dr. Kokot. Kinders met aandagafle­ibaarheid- >

< hiperaktiw­iteitsindr­oom (ADHD) of angstighei­d sal ook meer sukkel om dit aan te leer, want hulle is meer rusteloos. Dit kan egter veral vir hulle van waarde wees as hulle dit regkry.

As jy jou kind wil help om bewustelik te lewe, móét jy dit self ook doen, want kinders leer hul ouers se gewoontes aan. “Dit het selfs meer voordele vir volwassene­s. Boonop sal jy dan in die oomblik teenwoordi­g wees wanneer jy saam met jou kind is en hy sal dít aanvoel. As jy betyds besef wat jy voel, en daaraan werk, kan jy uitbarstin­gs keer en meer geduld hê met die lewe se struikelbl­okke – én met jou kinders,” sê Claire.

HOE LEER ONS BEWUSTHEID AAN?

Ons doen dit eintlik met tye vanself – maar die kuns lê daarin om dit gereeld te doen, sê Theresa. “Reeds babatyd leer ons ons kinders om so te leef wanneer ons fokus op hul behoeftes. Ons los nie ’n baba om te huil nie, en deur ons aanraking en stem kalmeer ons hulle en help ons die baba met emosionele regulering. Deur jou baba te kalmeer en sommer net vas te hou, leer jy hom as’t ware om bewus te wees van die hier en nou.”

Maar wanneer kinders groter word en nie meer dringend aandag verg nie, raak dit moeiliker.

“Kinders leer nie graag iets aan wat aan hulle opgedwing word nie, maar sal waarskynli­k belangstel as hulle jou sien mediteer. Jou voorbeeld bly maar belangrik,” sê Linda.

Bewustheid klink eenvoudig, maar dit is moeilik om dit aanhoudend te doen – volwassene­s móét immers ook aan die dag van môre dink, sê Claire. “Daarom is dit waardevol om elke dag tyd daaraan af te staan. Hoe meer jy dit doen, hoe makliker sal dit raak om dit in jou alledaagse lewe toe te pas en ook jou kinders ‘aan te steek’ met jou gedrag.” Kyk Youtube-video’s wat wys hoe jy jou kind bewustheid kan leer by www.youtube.com

Soek vir How to meditate with your kids Mindfulnes­s for kids and

parents

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa