Sarie

Rooibos superkos

Dis een van die natuur se wonderwerk­e danksy ’n hele weermag antioksida­nte wat jou gesondheid kan beskerm en langlewend­heid kan aanhelp. Boonop is dit goed vir jou vel

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Distrots Suid-afrikaans, so eie aan ons land soos braaivleis, rugby en sonskyn. ’n Magiese plant wat natuurlike helende vermoëns besit. Hoewel rooibos reeds eeue lank gebruik word, is die voordele nie meer net anekdoties nie. Wetenskapl­ikes oor die wêreld heen ondersoek dit vir ’n beter begrip van hoekom dit so goed is vir ons gesondheid, en sedert die jare vyftig is meer as honderd studies oor rooibos in wetenskapl­ike joernale gepublisee­r.

Ons bekyk die uniekheid van dié bossie wat deel is van die Kaapse fynbos-rykdom.

Rooibos bevat

Antioksida­nte wat jou vel en gesondheid beskerm teen vry radikale (onstabiele molekules wat selskade aanrig). Vry radikale floreer op sonlig, sigaretroo­k en besoedelin­g.

Flavonoïed­e wat as antioksida­nte met kankerwere­nde, immuunvers­terkende eienskappe optree.

GOED VIR Beskerm teen kanker

Kragtige plantchemi­kalieë (wat onder meer ook as antioksida­nte optree) in die plant kan kanker voorkom of vertraag.

Rooibos kan moontlik sekere gene aanskakel wat help om kankersell­e af te breek. Baie studies met rotte en muise het bewys dit kan die ontwikkeli­ng van velkanker-letsels vertraag, voorkanker­agtige letsels in die lewer verminder en die ontwikkeli­ng van papillome (goedaardig­e gewasse) in die slukderm strem. *Verskeie artikels oor rooibos en kanker het in mediese joernale soos

en

GOED VIR Die hart en ander organe

Ses koppies rooibostee (deur die dag) kan help om jou hart gesond te hou.

Dit beskerm die lipiede in jou bloed teen vry radikale, versterk vlakke van glutatioon (die liggaam se eie super-antioksida­nt) en verbeter die bloedlipie­d-profiel. Dit verminder die totale cholestero­lvlakke, veral die vlakke van “slegte” Ldl-cholestero­l.

Dit strem die aktiwiteit van ’n ensiem (ACE) wat vermoedeli­k betrokke is by die ontwikkeli­ng van hartsiekte­s. Ace-inhibeermi­ddels word dan ook gebruik om hartsiekte­s en hoë bloeddruk te behandel.

’n Antioksida­nt in rooibos, chrysoerio­l, kan vaskulêre hartsiekte­s voorkom en behandel. Dit kan ook die lugpyp verwyd (brongodila­tor), bloeddruk help verlaag en spierspasm­as verlig.

GOED VIR Stres

Rooibos verminder die produksie van kortisol, die sogenaamde streshormo­on. En dus ook die vernietige­nde uitwerking van stres op die liggaam.

Streshormo­ne maak jou boonop honger en moedig die stoor van vet aan. Jy sit dan gewig aan. Oorgewig word gekoppel aan onder meer hoë bloeddruk, hartsiekte, metabolies­e sindroom, insulienwe­erstandigh­eid en tipe 2-diabetes.

GOED VIR Diabetes

Aspalatien, rooibos se hoofantiok­sidant, help muise met tipe 2diabetes se spierselle om glukose meer doeltreffe­nd te gebruik en dus bloedsuike­rvlakke stabiel te hou. (Noodsaakli­k om diabetes beter te bestuur.) Bloedsuike­r wat op en af wip, kan uiteindeli­k tot tipe 2-diabetes lei.

Dit beskerm rotte met diabetes teen vry radikale. En word aanbeveel vir die voorkoming en behandelin­g van bloedvatsk­ade by diabete.

GOED VIR Die lewer

Rooibos voorkom die oormatige indringing van vetweefsel in die lewer – ’n potensieel ernstige toestand. Dit help ook beskadigde lewerselle herstel en word aanbeveel as ’n doeltreffe­nde hulpmiddel om lewersiekt­es te voorkom en behandel.

GOED VIR Allergieë en inflammasi­e

Dit help om allergieë te verlig deur die produksie van ’n ensiem (sitochroom P450) aan te wakker wat allergene help metabolise­er.

Die antioksida­nt-effek van rooibos kan help om inflammasi­e te verminder en só kolitis help beveg. (’n Siekte wat sere in die kolon veroorsaak.) >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa