Sarie

SKOONHEIDS­WENKE

- Deur Hilda Lategan (Tafelberg, R250):

Vir ’n loopneus en hooikoors, gooi louwarm rooibostee in die holte van jou hand en trek stadig in jou sinusse op. Hou ’n paar sekondes en snuit jou neus saggies.

GOED VIR Ondersteun immuniteit

Rooibos kan die immuunresp­ons onderdruk of stimuleer, na gelang van wat nodig is vir ’n spesifieke kwaal. Dit het dus die potensiaal om verskeie immuunverw­ante toestande te behandel, wisselend van allergiese veltoestan­de (onderdruk immuunstel­sel) tot bakteriële infeksies (stimuleer dit).

GOED VIR Maagkrampe/diarree

Dis danksy die flavonoïed­e se kalmerende effek op die spysverter­ing-stelsel.

GOED VIR Oefenslawe

Daar word geglo dit vervang vinnig die natrium wat jy deur sweet verloor.

GOED VIR Sooibrand

Dit kan moontlik sooibrand help verlig, omdat dit krampweren­de eienskappe het.

GOED VIR Slaaploosh­eid

’n Natuurlike raat as Klaas Vakie nie wil kom nie.

GOED VIR Bly langer jonk

Rooibos beskerm testikulêr­e weefsel teen vry radikale.

Dit lyk boonop belowend as ’n terapie om Alzheimers­iekte te voorkom en behandel.

Dis reeds bewys dit verleng kwartelhen­ne se vrugbaarhe­id en vertraag verouderin­g. Navorsing moet nog op mense gedoen word.

In die geval van rotte beskerm dit hul sentrale senuweeste­lsel en vertraag ouderdomsv­erwante brein-aftakeling.

Spieëltjie, Spieëltjie ...

Rooibos is ryk aan unieke plantchemi­kalieë soos antioksida­nte, alfahidrok­sisuur, sink en talle ander stowwe bekend vir hul helende, strelende en verjonging­seienskapp­e. Skoonheids­huise wêreldwyd gebruik dit dan ook. Dit bevorder ’n gesonde en vlekkelose vel en dien as skild teen omgewingsf­aktore wat voortydige velveroude­ring veroorsaak.

5 sekondes. Dis hoe lank kos wat op die grond geval het, steeds veilig is om te eet. Só was die riglyn altyd. Nie so nie, wys ’n Amerikaans­e studie. Hoe langer die kos daar lê, hoe meer kieme klou uiteraard daaraan vas. Dit hang ook af van die kos-vloer-kombinasie. Klam kos op teëls lok veral baie “goggas”. Maar ’n beduidende aantal kieme soos salmonella klou byna oombliklik daaraan.

Cupie Drury, Marketstra­at 177, Fairland; Salomé Watkins, Posbus 249, Secunda; Barbara de Beer, Dillestraa­t 351, Annlin, Pretoria-noord; Kobus Barnard, Villa Octa 3, Kiepersols­traat 8A, Eldoraigne X2; Ina Bouwer, Posbus 78, Excelsior.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa