Sarie

VANWAAR GEHASIE?

-

Hoekom so uniek?

Rooibos kom natuurlik in die Cederberg-omgewing voor en is wyd deur die Khoi- en Sanmense gebruik. Die rooibospla­nt ( Aspalathus linearis) is deel

van die Kaapse fynbosrykd­om en word gebruik vir ’n kalmerende, kafeïenvry­e tee in sowel die voedselaan­vullingas velsorgbed­ryf. Dit word kommersiee­l verbou vir die vervaardig­ing van rooibos

ekstrak.

VAN DIE SUID-AFRIKAANSE ROOIBOS-RAAD

Was jou gesig met koue of louwarm rooibostee vir ’n goeie, alternatie­we verfrisser. Spoel donker hare af met sterk rooibostee om dit te laat blink. Of los aan ligter hare vir ’n rooierige tint.

Baai moeë en sensitiewe oë met louwarm rooibos, of vee jou oë saggies uit met ’n lappie wat in louwarm rooibos gedoop is. Jy kan ook ’n rooibos-teesakkie op jou oë sit vir moeë of rooi oë.

Vir aknee: Neem ’n halwe koppie sterk, skoon rooibostee (taamlik warm). Voeg ’n halwe teelepel appelasyn by. Voeg 2 teelepels hawermout by (as jy allergies is daarvoor, gebruik ’n glutenvrye meel). Laat afkoel tot louwarm en smeer aan gesig en nek. Ontspan 15 minute, spoel af met louwarm rooibostee en druk droog.

Vir ’n droë of branderige vel: Maak ’n waslap nat in rooibostee en vee oor die aangetaste deel. Druk saggies droog. Of sit ’n paar sakkies by jou badwater.

Ekseem: Baai die aangetaste dele in rooibostee, of wend aan met watte.

Rooibos bevat ’n komplekse mengsel van polifenole, antioksida­nt-plantchemi­kalieë wat vry radikale se skadelike effek neutralise­er of voorkom. Dit sluit in die unieke antioksida­nt aspalatien wat nog nie in enige ander plant gevind is nie.

Studies wys dis die unieke, komplekse mengsel van antioksida­nte in rooibos wat saam verantwoor­delik is vir die voordele. Dis dus beter om rooibostee te drink as om geïsoleerd­e verbinding­s in te neem.

Van die polifenole in rooibos het ’n struktuur en funksie soortgelyk aan die hormoon estrogeen. Wetenskapl­ikes ondersoek dus rooibos se potensiaal om menopousal­e simptome te verlig; asook die uitwerking op steroïed-afhanklike kankersoor­te soos bors, prostaat, kolon en endometria­al.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa