Sarie

7DE LAAN Dis ook goed om te verander en te groei. Dis net op die oomblik baie moeilik

- DEUR DELIA DU TOIT

wat ’n gesin begin, want mense verwag jou loopbaan moet altyd eerste kom. Maar ek glo daar is baie maniere om rondom dit te werk. Ek en Jody vervaardig ook en ons weet daar is beter maniere. Jy kan altyd ’n plan maak.

“Dis iets wat aangemoedi­g moet word – in enige bedryf. Anders dwing jy mense om te kies tussen hul werk en gesin. En daar is nie ’n keuse nie. Natuurlik gaan jy jou kinders kies. Ek dink daar sal baie meer gelukkige, produktiew­e, kreatiewe vroue in die sakewêreld wees as dit nie vir hulle so moeilik is om ma’s en werkende vroue te wees nie. Mense is nie kommoditei­te nie – hul persoonlik­e lewe, hul gesinne, is belangrik.”

Sy is hartseer om die Laan te verlaat, maar sy het vrede met haar besluit. “Ons is nie bang vir wat voorlê nie. Dis oorweldige­nd om jou lewenstruk­tuur te verander, iets te los wat so lank jou lewe was, maar dis ook goed om te verander en te groei. Dis net op die oomblik baie moeilik om myself daarvan te onttrek . . .”

Dan loop die trane eindelik oor. Sy

Diaan oor haar hartseer om die Laan te verlaat

maak verskoning, haal ’n slag diep asem. “Ek wil nie fokus op wat ek alles gaan mis nie. Ek wil vorentoe kyk. Dis ’n groot skuif, en dis baie emosioneel, maar dit maak ook deure oop. Ek en Jody werk aan ’n paar projekte, waaronder televisiep­roduksies wat ons gaan vervaardig, en die teaterstuk Klein Jakkalsies, waarin ons die hoofrolle speel en nog verder mee gaan toer. Ek sien ook baie uit om in Mei by Afda in die Kaap te begin klasgee oor verskeie televisie-verwante onderwerpe. En dan wil ek volgende jaar my meestersgr­aad in rolprent- en televisies­kryfwerk deur hulle begin doen.”

En die goeie vriende wat sy in die Laan gemaak het, sal steeds vriende bly, sê sy. “Verhouding­s wat waardevol is, gaan aan. ’n Hele paar akteurs is al uit die Laan weg en ons kuier steeds. Ek sien Heino [Schmitt, wat Altus gespeel het] nog heeltyd, en so ook Chris Vorster [wat Ryno gespeel het].

“Maar dis beslis oor die mense dat dit so moeilik is om te loop. Ek deel ’n aantrekkam­er met Corné [Crous, Kim in die Laan] en Annelisa Weiland [Hilda]. Ons lag die hele dag lank. Dis daai klein goedjies wat ek sal mis.”

Oor of sy haar “vriendin” Paula sal mis, skud sy haar kop. Jody lag. “Kyk, vir die res van haar lewe gaan mense haar nog Paula noem, en vir my Paula se man.”

Paula het baie gegroei as karakter die laaste ruk, sê Diaan, maar sy bly steeds net ’n karakter. “Ek het tog deur haar te speel baie geleer oor die bedryf, waarvoor ek dankbaar is.”

Sy is nog tot middel Julie in die Laan te sien, maar kykers kan dalk nog later ’n verrassing­sbesoek van Paula verwag. “Die deur is nie toe nie – Paula gaan in dié stadium darem nie deur ’n bus getrap word nie!”

Met hul besittings opgepak en gestoor, gaan hulle eers by ’n vriendin van Diaan in Kaapstad se suidelike voorstede bly. “Ons gaan dit stadig vat, want dis belangrik dat die kinders rustig moet wees. Dit moenie ’n bomskok wees nie. Gelukkig is ons kinders klein gypsies, veral Olivia. Waar haar tassie is, is haar huis. Maar ek toets al ’n ruk die waters by haar. Sy het al uit haar eie gesê sy wil Kaap toe trek. En Londen. En Parys, ‘maar net vir ’n rukkie’. En as ek vra hoekom, sê sy: ‘ Want ek dink ek sal daar inpas. Ek hou net regtig baie van die wind in my hare.’ So oulik!” glimlag sy trots.

“Ek wil eintlik vir ’n ruk net die seebries inasem en met my kinders op die strand loop. As ek só daaraan dink, sien ek tog uit na iets vars. ’n Nuwe begin.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa