Sarie

Om die wêreld in 80 LANDE

-

Methaar roomkleuri­ge oopknoophe­mp en los bruin krulhare lyk Jay Roode soos ’n aktrise uit Out of Africa. Haar man, Jan, se ontspanne luim getuig van die vakansie waarvan hulle pas teruggekee­r het – drie weke tussen die ysberge van Patagonië in Chili.

Vir die gewone sterfling is dit dalk ’n droom, maar vir dié twee fotograwe en entreprene­urs is dit net ’n klein hoofstuk van ’n baie lang reisverhaa­l. Hul lewe, soos hulle die storie vertel by ’n koffiewink­el in Linden, Johannesbu­rg, klink soos een groot avontuur.

Tussen die twee het hulle al ongeveer 80 lande besoek. Australië is die enigste kontinent wat hulle nog nie van hul lysie kan aftik nie. “Dis omdat Jan ’n rugbyliefh­ebber is!” spot Jay. “Hy wil hulle nie ondersteun nie.”

Eintlik, sê Jan, is dit net omdat hulle gehoor het Australië is baie soos SuidAfrika. “Ons verkies die ongewone – hoe vreemder, hoe beter.”

Dié dat hulle in hul eie klein vliegtuig rondrits en meestal afgeleë dele van Afrika-lande besoek. Die duine van Namibië, die kuslyn van Mosambiek, die digte bos van Botswana. En hulle neem foto’s van alles, uit die lug én op die grond, onder die vaandel van hul fotografie­besigheid Skyhawk Photograph­y.

“Daar is min lugfotogra­we in die wêreld en ons is beslis bevoorreg om dié werk te kan doen,” sê Jay. “Ons het gate uit die kante van die vliegtuig gesny en vensters ingesit. Dan vlieg Jan en ek neem foto’s uit die hoogtes – enigiets vanaf 500 voet [152,4 m] tot 500 m, of selfs hoër. Ek het al soms gehuil oor die mooi dinge wat ek dan voor my sien. Skole walvisse, troppe duin-olifante, duisende bokke wat migreer. Dit voel soms of my hart uit my borskas wil spring, want hoeveel mense kan so iets ooit sien?”

< nooit in die veld gewerk nie, omdat ek Jan ontmoet het en nie toe meer ’n wildbewaar­der op ’n verafgeleë plaas wou wees nie. Dis nog altyd iets wat my na aan die hart lê, daarom gee ons ’n persentasi­e van al die poskaarte en foto-afdrukke wat ons verkoop aan bewaringso­rganisasie­s soos die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) se doegongnoo­dbewarings­projek.”

Die dag toe hulle ’n doegong (’n soort see-soogdier) uit die lug gesien het naby Bazaruto-eiland aan die Mosambieks­e kus, het hulle geweet dis dít – hulle móét hierdie werk vir ’n lewe doen. “Dit was op een van ons eerste vlugte nadat ons die vliegtuig ses jaar gelede gekry het. Daar is minder as 250 doegongs oor, so ons was bitter gelukkig om een te sien. Ons was verlief op hierdie nuwe stokperdji­e – ons families het ons seker drie jaar lank nie gesien nie, want ons was aanhoudend weg!” vertel Jan.

Om dié passie te finansier bedryf hulle verskeie ander besighede. Hulle het in die laaste twee jaar twaalf takke van hul teewinkel, Happy.me, in Suid-afrika en Namibië oopgemaak. En hulle is ook mede-eienaars van die gewilde mark en kuierplek The Sheds@1fox in die Johannesbu­rgse middestad. “Ons wou nog altyd ’n teewinkel begin. Soos ons gereis het, het ons verslaaf geraak aan tee. Elke land het ’n ander weergawe en ons het al ongeloofli­ke geure geproe. Voor ons Happy.me oopgemaak het, was ons ses maande in Taipei en Kaohsioeng-stad, Taiwan, om daar by teemeester­s te studeer en gehalte-tee te soek om in te voer. Ons verkoop net die beste koffie, tee, vars sap en smoothies,” sê Jay.

The Sheds@1fox is nou maar ’n bietjie meer as ’n jaar oud en is reeds

< opdraande het. Springbokk­e wat oor aanloopban­e hardloop nes hulle wil land, sebras wat aan vliegtuigs­kroewe kou, en mense in afgeleë gebiede wat om hulle saamdrom omdat hulle nog nooit ’n vliegtuig gesien het nie, vertel Jay.

In al die jare wat hulle al reis en vlieg, was mense hulle nog net goedgesind. “Dit gee jou eintlik hoop in die mensdom. Wanneer ons in afgeleë plekke land, moet ons ryloop tot by die naaste blyplek. Ons het al saamrygele­enthede gekry in motors wat byna uitmekaarv­al en selfs op donkiekarr­e, maar dit het nog nooit gebeur dat niemand ons help nie. Die meeste mense gaan uit hul pad en bied kos en blyplek aan.”

Hulle het veral mense se goedheid ervaar toe hulle die eerste keer Mosambiek toe gevlieg het, vertel Jan. “Ons het ’n ses weke lange reis beplan en wou al die pad Tanzanië toe gaan. Maar toe ons halfpad Vilankulo [in die suide van Mosambiek] toe is, het Maputo se lugverkeer­bestuur laat weet daar is geen Afgas, die brandstof wat ons vliegtuig gebruik, in Mosambiek nie. Ons het net besluit ons móét hierdie reis klaarmaak. Toe ons land, het ons vir almal en enigiemand gevra en soms gesmeek vir ’n bietjie Afgas, en uiteindeli­k het ons darem genoeg gehad om foto’s langs die kuslyn te neem en terug te kom Suid-afrika toe. Dit was nogal ’n trotse oomblik vir ons om nie toe te laat dat ’n haakplek ons keer nie en die kans te waag. Niks is ooit perfek nie, en jy leer só om plan te maak en ’n bietjie jou medemens te vertrou.”

Hul reise het hulle meer oopkop gemaak, stem Jay saam. “Hoe meer jy reis, hoe meer sien jy mense is maar net mense, ongeag hoe of waar hulle woon. Jy word minder veroordele­nd. Om te reis is die beste geskenk wat enigiemand hom- of haarself kan gee.”

Die paspoortst­empel waarop hulle die trotsste is? “Dis baie moeilik, maar ek dink Antarktika was ’n groot hoogtepunt,” sê sy. “Ons het ’n paar jaar gelede vir twee weke, oor Kerstyd, op ’n Russiese ysbreker om Antarktika gevaar. Die grootsheid en skoonheid was oorweldige­nd. Tussendeur het ons op gletsers geloop, duisende pikkewyne gesien en daar het selfs vyf moordwalvi­sse om ons bootjie geswem toe ons een keer inroei na die vasteland.”

Selfs dié twee ervare reisigers het nog ’n lys van baie lande wat hulle graag wil sien. Volgende wil hulle Malawi toe om lugfoto’s te neem, en later ook die Himalaja verken.

Maar eers lê Florida in Amerika voor, waar hulle later vanjaar ’n uitstallin­g van hul foto’s het. Die ander groot plan vir 2016 is om ’n boek klaar te maak, wat hopelik teen die einde van die jaar deur hul private uitgewer gepublisee­r sal word. “Daar is nog min van my lugfoto’s gepublisee­r, want ek hou die meeste daarvan vir die boek,” sê Jay. “Ons het oor die laaste paar jaar baie moeite gedoen om die beste aantreklik­hede te soek in al die Afrika-lande waarheen ons gereis het. Ek gaan daaroor skryf, natuurlik met foto’s van alles. Ek dink mense sal nogal verbaas wees om te sien hoeveel wonderlike dinge hulle inwag op Suid-afrika se voorstoep. My groot wens is dat dit mense sal inspireer om te reis en die dinge te sien wat ons al kon sien. Dis lewensvera­nderend!”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa