Sarie

OP DIE VROU AF

-

Daar’s baie dinge wat vir ’n vrou belangrik is. dink jy’s een daarvan, maar dis nie te sê nie . . .) As dit oor voorkoms gaan, is net twee dinge belangrik. Hare & gewig. Dis waaroor vroue die meeste tob, lees, gesels en kla. Natuurlik praat vroue ook oor parfuum, juwele, skoene en klere, huislike mooigoed, kinders, sake van die dag en ánder mense se sake van die dag, maar luister maar na enige gesprek waar twee of meer vroue bymekaarko­m.

Dit gaan nie oor grimering of bykomstigh­ede nie. Party vroue dra nie eens grimering nie, hulle is mooi genoeg daarsonder. (Miskien net ’n titseltjie rooi op hul lippe wanneer hulle by die huis uitgaan . . . en oorbelle, natuurlik.)

Vroue wil immers goed lyk én voel. Hul hare & gewig het álles daarmee te make. En dit vat soveel tyd! Die hare én die gewig. Dink net hoe lank vat dit ’n vrou om ’n skrale (!) twee kilogram af te skud. Vir party vat dit jare, hulle sit hande in die hare. Luister dan, die een of ander tyd sal iemand sê: “Ek wonder of sy haar hare kleur. Dink jy ek kan haar vra?”

“Jou hare lyk mooi, waar laat sny jy dit?” (As dit nié mooi lyk nie, sê niemand niks.)

“Kyk hoe blink jou hare. Watter sjampoe gebruik jy?”

Soms wonder ’n vrou onwillekeu­rig: Ek gebruik hierdie (duur) sjampoe en opknapper, ek volg al die aanwysings op die pakkie, maar my hare lyk nooit soos in daardie advertensi­e op TV nie. Hulle laat dit so maklik lyk. Word daardie modelle ooit soggens wakker met deurmekaar hare?

Die toestand van ’n vrou se hare in die oggend bepaal die verloop van die res van haar dag – en haar bui wanneer sy in die aand by die huis kom. Dit verbeter wel nadat sy iets geëet het . . . “Verbeel ek my of het jy gewig verloor? Hoe’t jy dit reggekry?” Nee, niemand sal ooit sê, verbeel ek my of het jy gewig opgetel? nie. Dis die ding met hare & gewig: Vroue hou nie net hul eie hare & gewig dop nie, maar ook ander vroue s’n. Daar moet ’n rede uit die oertyd wees. Dalk dink hulle dit verbeter hul kanse op voortplant­ing, maar maer is nie altyd sexy nie, nè?

“Hoe kry jy dit reg om so maer te bly? Ek kýk net na ’n stuk koek dan tel ek gewig op! Ek verstaan dit nie.” “Toemaar, dis seker maar jou metabolism­e.” Dis bekend dat vroue slaai eet wanneer hulle ’n man op ’n eerste afspraak wil beïndruk. Later skep hulle twee keer poeding, die man is klaar beïndruk of hulle besluit hy’s nie meer die slaai werd nie.

Mans, daarenteen, worrie in die stillighei­d oor hul mae en kry nog ’n bier, dan worrie hulle minder.

Mans is in elk geval baie minder gepla oor ’n vrou se gewig as syself. Solank sy nie sommer haar hare afsny nie. Jy sê: “Daar’s niks verkeerd met jou hare óf jou gewig nie.” Sy sê: “Is jy seker?” Dis nie duidelik wat sy daarby wou sê nie, maar sy verspreek haar heel toepaslik: “Lyk my hare nie te vet nie?”

Volgende maand: “Soveel dae, soveel diëte” ( Jy sou

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa