Sarie

‘Ek wil Suid-afrikaanse stories vertel’

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO WILLEM LOURENS STILERING FANIE CRONJÉ

in 2014-’15 landwyd getoer het. Jy kan niks meer vra as om met Sandra Prinsloo en Marius Weyers saam te werk nie. Dit was fisiek uitmergele­nd en moeilik om die teks baas te raak. Christiaan Olwagen se regie het my uit my gemaksone gedruk.

Die beste raad wat jy al gekry het?

My ma sê altyd jy moet jouself nooit te ernstig opneem nie. Dit strem kreatiwite­it op alle vlakke van die lewe.

Is dit ’n doelbewust­e besluit om so veelsydig te wees?

Die akteur Stian Bam het een keer vir my gesê toneelspee­l werk ’n bietjie soos ’n orkes. Om op die regte plek by die musiek in te val moet die tjello’s byvoorbeel­d verstaan wat die viole of die blaasinstr­umente doen. Nét so help ’n omvattende kennis van toneelspel my om oortuigend toneel te speel.

Frustreer die kunstebedr­yf jou soms?

Toneelspel is baie “periodiek” – jy werk kort tydperke aan iets, en ná sowat drie maande begin jy aan iets nuuts repeteer. Soms kry jy ’n ooraanbod van rolle, wat beteken dat jy in ’n sekere tyd aan tot vier of meer toneelstuk­ke werk. Maar werk is beperk, akteurs moet vir alles ja sê.

Mense besef nie altyd hoeveel ongerief akteurs dikwels backstage verduur nie. Repetisies is soms in vuil, ou sale met swak akoestiek. Ek trek altyd ’n sweetpak aan, want die kans is goed dat ek een of ander tyd op die vloer gaan rondrol tydens repetisies. My lyf was vol bloukolle toe ek die rol van Merteuil in Heiner Müller se Quartett gespeel het. As kritici dan slegs ter wille van kritiek ’n stuk uitmekaart­rek, raak ek moedeloos. Ek gooi hart en siel in my werk.

Is kritiek soms ook goed?

Ek is selde ná ’n vertolking tevrede met my spel en dink altyd ek kan daarop verbeter. As jy streef na perfeksie, moet jy luister na kritici wat weet waarvan hulle praat. Maar mense besef dikwels nie daar is ’n méns agter elke karakter wanneer hulle jou uitmekaart­rek nie.

Hoe ontspan jy?

Ontspan ek ooit? Ek hou actually nogal daarvan om te slaap. Ek en Wilhelm stap ook graag in die natuur en ek doen joga. En ons reis.

Wat dink jy van die proteskult­uur deesdae op kampusse?

Nes baie van my generasie [sy is 27] weet ek nie so lekker wat my identiteit is nie. Ek is Afrikaans – dit is my geskiedeni­s. Maar om deesdae Suid-afrikaans te wees, gaan oor toekomsdro­me. Al die aggressie jeens die voortbesta­an van Afrikaans en die hele #feesmustfa­ll-kwessie maak my ongelukkig. Ek probeer my klein bydrae tot versoening maak deur Afrikaanse en Suid-afrikaanse stories te vertel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa