Sarie

RAAD AAN ANDER ENTREPRENE­URS UITDAGINGS GROOTSTE SAKELESSE GELEER EIENSKAPPE NODIG OM SO ’N ONDERNEMIN­G TE LAAT SLAAG

Glo in jouself en moenie bang wees om ’n uitdaging aan te durf nie. Vra hulp of raad as jy dit nodig het. Om genoeg bottels te kry om ons bestelling­s volledig te kan afhandel. Ek moes al almal wat ek ken, smeek of self rondry en bottels optel! As jy glo i

- Www.allwomenre­cycling.com

die vullis was plastiekbo­ttels en ek het besluit om iets daarmee te doen. Baie probeersla­e en gesnyde vingers later het ek dit reggekry om ’n geskenkbok­sie uit ’n bottel te vou en dit ’n kliketykli­k-boks genoem.”

Toe ’n kollega by die skool die boksie sien, was hy so beïndruk dat hy genoeg geld in Lynn se nuwe besigheid, All Women Recycling (AWR), belê het dat sy kon bedank en ’n paar vroue kon oplei by ’n klein werkswinke­l in Dieprivier, Kaapstad.

Vandag werk nege vroue permanent by AWR en die meeste van hul produkte word uitgevoer na lande soos Duitsland, Swede, Nederland, Skotland, Engeland en die VSA. Daar is ook ’n Awr-winkel in Woodstock, Kaapstad.

“Toe ons amptelik die besigheid in 2009 begin, het ek elke dag heeldag gewerk. Ek het oral rondgery om markte te soek waar ons die produkte kon verkoop, ek het ander vroue opgelei en daarna tot in die vroeë oggendure gesit en kliketykli­k-boksies maak. Die bestelling­s het vinniger ingekom as wat ons kon byhou!”

Vanjaar verwag AWR om meer as ’n halfmiljoe­n bottels te gebruik om hul produkte, van geskenkbok­sies tot pennehouer­s en blompotte, te maak. Lynn koop die bottels by vullisdepo­ts, skole en straatherw­innaars. Sy beplan ook nou om permanente straatherw­innaars aan te stel.

“Maar ons groot plan vanjaar is om na Indië uit te brei. ’n Pastoor daar, Immanuel Bhaskar, het my genader om vroue daar op te lei om ook die produkte te maak. Dit sal ’n ander sakemodel wees en die wins sal alles in ’n trust geplaas word, waarin die vroue dan deel. Dit was van die begin af vir my belangrik om ander vroue te help, en van dié wat in Indië gaan werk, het dit bitter nodig.

“Ook hier plaaslik maak ek seker die vroue wat by AWR werk, kry soveel moontlik geleenthed­e. Elke week het ons ’n spreker wat kom gesels oor onderwerpe soos gesondheid, vroueprobl­eme en MIV, en ek kan sien hoe dit hulle inspireer. Ek wil ook nie hê hulle moet vir altyd vir my werk nie, maar eerder by my leer en groei en dan hul eie ondernemin­gs begin – en hulle doen dit dikwels. Dis wonderlik om daardie positiewe veranderin­g in hulle te sien.” >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa