Sarie

SOHAR, OMAN

Herbert Otto neem tydens skoolvakan­sies in Oman skoenlappe­rs af en hy het sy foto’s ook al daar uitgestal

- DEUR PHYLLIS GREEN

LINKS Me. Amal, die Franse onderwyser­es by die Sohar Internatio­nal School. ONDER Vrugte uit SA in die Carrefour-winkel in Muskat. HEEL ONDER Marina en Lilly geniet vars vis en avokadosap by die Turkse restaurant.

Waar woon jy en waarom juis daar?

In Sohar in die noorde van Oman. Oman lê aan die oostelike deel van die Arabiese skiereilan­d. ’n Skool hier het my genader en ek is nou ’n onderwyser by die Sohar Internatio­nal School. Ek bied biologie aan vir die seniors. Toevallig het ’n paartjie wat saam met my op Barberton in SA skoolgehou het, Jaco en Elaine Schutte, dieselfde tyd as ek Sohar toe getrek. Dit het die skuif makliker gemaak.

Is jy alleen daar?

Ek is enkellopen­d, maar van my familie het al kom kuier – net om te sien of ek soet is en hoe dit hier lyk. Hulle het dit baie geniet. My niggie, Lilly Otto, beplan om gou weer te kom. Sy is ’n pragtige blondekop en die Omane was gaande oor haar. Met my tannie, Marina Trautman, het almal sommer onmiddelli­k oor die weg gekom. Ons het kameel gery en ook deur die land getoer tot op die Masirah-eiland in die suide.

Wat is uniek daar?

Die land word regeer deur sultan Qaboos bin Said Al Said, en een van sy paleise is in Sohar. Sohar het ook ’n groot hawe, een van net vyf hawens in die wêreld wat ultraswaar skepe kan hanteer. Die hawe word veral gebruik vir die aflaai van goedere op pad na die binneland. Een van die kleinste skoenlappe­rs in die wêreld, die Brephidium exilis, kom ook hier voor. Ek fotografee­r graag skoenlappe­rs en het al van my foto’s hier uitgestal.

Kry jy die geleenthei­d om te reis?

Ons skoolvakan­sies laat baie tyd toe vir reis. Gedurende Desember het ons twee weke vakansie, in Maart en April weer twee weke, en van Junie tot Julie agt weke. Hier verdien jy ’n groot salaris in ’n sterk geldeenhei­d. Een Omaanse rial verwissel teen sowat R40. Ek het gedurende Desember 2014 deur die land gereis na Şalãlah in die suide en het in Desember 2015 saam met my familie na Masirah-eiland gegaan. Cornel en Albert Hibbert, ook van Barberton, woon en werk in Doebai. Ek het hulle besoek toe ek Mamma Mia! gaan kyk het en ook ’n skoenlappe­r-praatjie by die Dubai Natural Heritage Group aangebied het. In Junie 2015 was ek in San Francisco vir ’n skrywerswe­rksessie. Ongelukkig het ek net ’n week gehad om die stad te verken, maar wat ’n belewenis! Een van die sterkste bene van opvoeding is reis. Dit maak jou oë oop om te sien hoe ander mense dinge doen en só leer jy.

Vertel meer van die ekonomie en die lewenskost­e in Oman.

Oman se ekonomie is baie sterk en is meestal gegrond op olie. Die land het nog sowat 50 jaar se olievoorra­ad oor en kyk dus ook na ander bronne van inkomste. Daar word sterk op toerisme gefokus en daar is ook goud in die land ontdek. Die lewenskost­e is taamlik hoog, maar dit vergelyk baie goed met SA as jy inkopies doen by die meer luukse supermarkk­ettings.

Het jy nog bande met SA en sal jy terugkom?

Ons is ’n hegte familie en my broer, suster, van my neefs, niggies, ooms en tantes bly nog steeds in SA. Ek kuier graag daar. Ek sal wel eendag eiendom in SA wil besit, maar dit sal een van vyf huise wees – een op elke kontinent. Wie wil jou laat bind? Die wêreld is jou oester! HEEL BO ’n Outentieke deur in die woestyn naby Asilah in Oman. LINKS BO Ek en Lilly op die veerboot na Masirah-eiland. NAASLINKS BO Ek en Marina wys na die grasjuweel­tjie-vlinder in die woestyn. NAASREGS BO Lilly ry op ’n kameel. REGS BO ’n Leerling in tradisione­le drag tydens ’n feesvierin­g by die skool. ONDER Lilly en die gids Tariq by water in die woestyn net buite Sohar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa