Sarie

Perfect Hideaways in South Africa

Vrede en vertroue word oor jare opgebou, maar kan binne sekondes uitmekaar spat

- PAUL DUNCAN (AFRICA PRESS, R359) Bloedsuste­rs,

Duncan glo Suid-afrikaners het ’n hunkering na ’n eenvoudige lewe op die platteland, al is dit net om vir ’n naweek weg te kom uit die stad. In hierdie pragboek bekyk hy uiteenlope­nde wegbreek-huise in verskillen­de omgewings in die Kaapprovin­sie. Hy besing die lof van die natuurprag, huise en omgewing op so ’n manier dat jy sommer onmiddelli­k in jou motor wil klim en daarheen reis! Die boek is ryklik geïllustre­er met lieflike kleurfoto’s van die huise van buite en binne, asook uitsonderl­ike landskapto­nele. ’n Lees- en kykboek wat ’n ereplek op jou koffietafe­l moet kry.

Phyllis Green

Het van die gebeure wat die Bloedsuste­rs* beskryf jou nie ontstel nie?

Beslis. Maar is ontstelten­is nie maar deel van die lewe nie? Daarby bevat elke goeie boek of fliek tog aangrypend­e of ontstellen­de tonele. Dit het voordele: Deur te huil, kry jy die geleenthei­d om van opgekropte emosie ontslae te raak. Maar, jy besef ook dat jou probleme absoluut nietig is in vergelykin­g met baie ander mense s’n. Sedert ek Vlees en bloed geskryf het, waardeer ek elke dag met my geliefdes soveel meer. En doen ek ook wat die Bloedsuste­rs doen: Soek doelbewus die mooi in die lewe op.

Wat het jy gedoen om te keer dat die boek te neerdrukke­nd raak?

Humor ingewerk. Moeilik was dit nie, want die susters is van nature snaaks. Ons het soms so hard gelag dat my man, JD, gevra het of ek dan nie oor moord skryf nie. Die susters vertel byvoorbeel­d dat hulle van die seksspeelg­oed wat hulle op tonele kry, ontslae raak – al gril hulle tot in hul tone – voor die res van die familie daarop afkom. “Want sulke speelgoed is nou nie juis familie- heirlooms nie!” sê Eileen.

Natuurlik is daar galgehumor ook: Roelien sê dat maaiers soms so groot soos “miniatuur-worshonde” word. “En wanneer ons twee dae aan só ’n toneel werk, sit ons oornag vir hulle die TV aan!” spot sy. (* Dis die susters Eileen de Jager en Roelien Schutte wat die afgelope 15 jaar reeds misdaadton­ele opruim. Lesers het kennis gemaak met hulle en hul grieselrig­e werk in die boek ook Lapa Uitgewers, 2011.)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa