Sarie

In die winter het jou hare ekstra sorg nodig.

- VIR VOLUME, LENGTE EN KRUL ESTÉE LAUDER

Maameya Dankwa, handelsmer­kbestuurde­r van die haarsorgre­eks Vigro, gee die volgende wenke: 1. As jy in die noorde van die land bly, is jou hare nou droër weens minder vog in die lug. Verwarmers ontneem ook jou hare van vog. Dra soms ’n mussie om jou kroon teen hierdie buite-faktore te beskerm. 2. Gesplete punte vorm makliker as jou hare droog is. Laat sny jou hare kort vóór die winter en beperk dit so. 3. Probeer om nie so gereeld jou hare met hitte-toestelle te stileer nie. Maak dit eerder soms in ’n poniestert of bolla vas.

ALLES-IN-EEN VIR JOU WIMPERS

Die vinnigste en maklikste manier om jou oë groter te laat lyk is om maskara aan te wend, skryf grimeerkun­stenaar Bobbi Brown in haar boek Jy kán twee verskillen­de maskaras (bv. een wat volume gee en een wat jou wimpers krul) oor mekaar gebruik om die effek te kry wat jy wil hê, maar deesdae se maskaras doen sommer alles-in-een. Probeer een van dié nuwes op die rak.

Grimering lyk die mooiste op ’n gesonde vel wat goed bevog is, glo die Amerikaans­e grimeerkun­stenaar Bobbi Brown. Haar gelyknamig­e grimeerhui­s het daarom drie maskers ontwikkel om jou vel in top-kondisie te kry. Elke masker behandel ’n ander velkwessie – verstopte porieë, ’n vaal gelaat en ’n droë vel. Die verpakking is so mooi, jy gaan al drie wil koop! ’n Tipe kersie ( acerola) van Brasilië is die skoonheids­huis Clarins se wapen teen pigmentasi­e. Dié soet vrug, wat in ’n nuwe serum gebruik word, is ryk aan vitamien C en het die vermoë om die vervaardig­ing van melanien (die kleurstof in jou vel wat donker vlekke kan veroorsaak) te verminder en jou vel se helderheid ’n hupstoot te gee sodat jou gelaat oor tyd meer eweredig lyk.

Dié nuwe produkte is spesiaal ontwikkel om jou vel goed skoon te maak. Besoedelin­g laat porieë makliker verstop en vel sukkel om vanself van vuilheid ontslae te raak. Die kleimasker, wat jy vir net drie minute ophou, trek onsuiwerhe­de uit en die nagroom bevat antioksida­nte wat velskade snags teenwerk en jou vel ook goed bevog. Dramatiese rokerige oë het tydens dié seisoen se internasio­nale modeweke die loopplank oorheers. Nou spog die skoonheids­huis Max Factor met ’n nuwe reeks van vier oogpalette waarmee jy maklik jou eie glansryke rokerige oë kan skep. Elke palet bevat drie oogskadusk­akerings wat spesifieke oogkleure komplement­eer, asook ’n wenkbroupo­eier om jou kykers mee af te rond. Kies tussen Opulent Nudes (foto bo) en Lavish Onyx vir blou en grys oë en Sumptuous Gold en Magnetic Jades vir bruin en groen oë. Bestanddel­e in dié slim serum help om jou vel effens styf te trek en wakker kollageen aan sodat jou vel oor tyd fermer lyk. Gebruik dit ook aan jou nek. As jy wil hê jou grimering moet langer hou, probeer ’n gesigsproe­i. Dit keer dat jou grimering smeer en vervaag en help dat jy dit nie gereeld deur die dag hoef op te knap nie. Dié olievrye sproei werk goed vir alle veltipes én is bekostigba­ar! Hou die bottel ’n paar sentimeter van jou gesig af en spuit so vier tot ses spuite nadat jy grimeer het. Ons hoor gereeld hoe belangrik die proteïene kollageen en elastien is vir ’n jonger vel. Die ander belangrike gonswoord is lipiede – vetstowwe soos seramiede, cholestero­l en vetsure. Soos ons ouer word, word minder lipiede vervaardig en veroorsaak dit onder meer ’n verswakte velwand wat maak dat jou vel makliker vog verloor. Dié nuwe produk vul vel se lipiede in die regte konsentras­ie aan sodat dit gladder, meer bevog en helderder lyk. Beskikbaar by uitsoek-dokterspre­ekkamers. Besoek www.skinceutic­als-za.com

Alge en seewier in die produk trek die fyn vel rondom jou oë styf sodat dié deel onmiddelli­k meer gelig lyk. Oor tyd help die formule ook om fyn lyntjies uit te stryk. La Mer The Lifting Eye Serum (R2 700) word saam met ’n stokkie met ’n metaalkopp­ie verpak. Jy masseer jou vel met dié stokkie om die bloedsirku­lasie aan te wakker sodat jou oë minder pofferig lyk, en sodoende varser. Beskikbaar by uitsoektak­ke van Edgars, Red Square en Stuttaford­s . Dinamiet kom in klein pakkies. En Cartier se nuwe mini-weergawe van sy C de Cartier-handsak staan geensins terug vir die groter weergawe nie. Die ekstra-klein handsak (prys op aanvraag) met sy verwyderba­re skouerband is ’n vars toevoeging wat ’n element van pret by jou uitrusting voeg. Dis gemaak van Taurillonl­eer en die kleur is geïnspiree­r deur morganiet-steen. Slegs ’n beperkte hoeveelhei­d is beskikbaar. Vir meer, besoek www.cartier.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa