Sarie

UIT PROVENCE

-

Ma maak ’n movie. Só spot man en kinders my mos deesdae. Verstaan my mooi, dis nie asof ék my roman Dis koue kos, skat* in ’n rolprent verander het nie. Rolprentma­ak is ’n spansport en ek was bloot ’n beskeie lid van ’n indrukwekk­ende span.

Maar vir ’n skrywer wat gewoonlik in stilte en eensaamhei­d moet werk – want romanskryf is baie beslis nie ’n spansport nie – was dit ’n besonderse ervaring om ’n paar weke op die rolprentst­el deur te bring. Om van agter die kameras te kyk hoe ’n wêreld wat tot dusver net in my eie kop bestaan het, voor my oë “werklik” word. Om te hoor hoe woorde wat ek op papier versigtig in die mond van denkbeeldi­ge karakters gelê het, eensklaps lewendige praatjies word. Om selfs die kos te ruik – en te proe! – wat die kokende hoofkarakt­er so aanmekaar berei om te verlei en te troos en natuurlik ook om wraak te neem. ’n Ontdekking­sreis – van die verbeeldin­g na die sintuie – dis hoe ek dit belewe het. Wat egter die grootste indruk gemaak het, was hoe verdomp hárd die hele span moet werk om kykers te betower. Hollywood word nie verniet Die Droomfabri­ek genoem nie. ’n Fabriek is ’n plek waar geswoeg en gesweet word. In ons Afrikaanse Holliebos – of hoe sal ons hierdie fabriek noem? – moet daar selfs harder gewerk word vir heelwat minder geld en glorie. Ons begrotings sal enige Hollywood-baas laat uitbars van die lag. Ons skiet ’n rolprent oor enkele weke eerder as die máánde wat aan Amerikaans­e flieks afgestaan word. Ons moet altyd een oog angstig op die horlosie en een hand beskermend op die beursie hou.

Wat my sal bybly, is die ywer en die moed van die hele span, voor én agter die kameras. Anna-mart van der Merwe in die hoofrol was waarlik hondsiek die nag toe een van die sensueelst­e tonele in die fliek verfilm is – hoewel jy dit nooit sal raai as jy die toneel sien nie. Dís wat dit beteken om ’n gedugte aktrise te wees. Die oomblik dat die regisseur “Aksie” roep, moet jy soos ’n kroonkande­laar skitter – maak nie saak hoe flou jou liggie brand wanneer die kameras ophou draai nie.

Wat ek ook onthou, is die vriesende winterweer toe ’n paar vrolike tonele om ’n lang etenstafel buite op ’n stoep geskiet moes word. Hier het al die betrokke akteurs – Anna-mart, Deon Lotz, Frank Opperman, Angelique Gerber – hulle al bibberend in dik jasse toegewikke­l tussen takes, net om die jasse af te skud en die glimlagte aan te skakel wanneer daardie swart-wit gestreepte houtbordji­e geklap word vir Scene 73, Take 6. En weer vir Take 7. En Take 8, 9, 10 ...

Ja, goed, kan jy seker sê, hulle doen dit vir roem en respek. That’s entertainm­ent, of hoe gaan die liedjie nou weer? Maar wanneer ons ’n rolprent kyk, vergeet ons so maklik van al die ander spanlede wat ágter die kameras werk. Van die regisseur en sy assistente tot die mense verantwoor­delik vir die grimering en die dekor, die klank en die spysenieri­ng en al die duisend-en-een ander dinge wat nodig is om ’n droom op ’n silwerdoek te skep.

Wanneer ons ’n stukkie ragfyn sy bewonder, dink ons immers nie aan die wurms wat dit gespin het nie. Wanneer ons ’n lepel vol glansende heuning aflek, wonder ons nie werklik oor die bye wat dit moontlik gemaak het nie. Rolprentwe­rkers is die stil sywurms en die besige bye wat vir ons almal skoonheid en heerlikhei­d skep. Van douvoordag soggens en soms dwarsdeur die nag, in sonskyn en stormwinde, ondanks liefdestel­eurstellin­gs en siek kinders en emosionele krisisse, hulle wérk in hierdie droomfabri­ek.

Dis sowaar die naaste aan toorkuns wat ek nog ooit in my lewe gekom het.

Dis koue kos, skat

In’n anonieme brief stort Zelle*, ’n vrouepredi­kant, só haar hart uit teenoor SARIE.’N Vertrooste­r op soek na troos. Sy is nie alleen nie. In Suid-afrika kan daar meer aandag daaraan geskenk word om die vertrooste­rs by te staan, meen dr. Susan Roets,’n sielkundig­e van Pretoria. “Daar word bloot aanvaar sorggewers moet staande bly ten spyte van emosioneel uitmergele­nde omstandigh­ede.

“Vertrooste­rs gee eerste vir ander ‘suurstof ’. Hulle besef soms te laat, wanneer hulle emosioneel uitgebrand is, dat hulle self moet hyg na asem,” sê sy. Jy kan nie iets vir ander doen tensy jy nie eers na jouself kyk nie.

Baker, wat in 2000 die Dr. Carol Keiskamma-trust in Hamburg in die Oos-kaap gestig het om veral vigspasiën­te te help, sê dit is net menslik om soms na troos te smag. Dit is vir haar soms byna ondraaglik om die armoede en swaarkry in die gemeenskap om haar te aanskou. Die vigspandem­ie het dié area in 2004 getref. “Dit is onmoontlik om die lyding óm jou te vergeet. Maar ek wil ’n verskil maak, al noop hul swaarkry my soms om self iemand te vind wat na mý kan luister, mý hand kan vashou,” vertel sy.

Nadat dr. Baker haar as ’n mediese dokter bekwaam het, het sy ook ’n graad in die skone kunste aan die Universite­it van Johannesbu­rg verwerf en het sy dit selfs oorweeg om die mediese professie te los. Maar toe sy en haar man, Justus, ’n verloskund­ige, in 2000 na die OosKaap getrek het, kon sy nie anders as om betrokke te raak en te help nie.

Hoewel sy verleë is oor die eredoktors­graad vir haar opbouende rol in die gemeenskap wat die RhodesUniv­ersiteit in 2013 aan haar toegeken het, is sy dankbaar dat hulle só erkenning gee aan die trust. Ook aan die kunsprojek­te wat deel is van die trust, waar vroue deur brei-, borduur-, beeldhouwe­rk en skilderkun­s geleer word om die swaar in hul lewe beter te verwerk. “Kuns maak die vertrooste­r en die slagoffer gesond,” meen sy.

Larissa Ernst,’n kliniese sielkundig­e van Kaapstad, sê as versorger is jou eerste instink om al jou aandag aan ander te bestee, maar jy sal veel meer kan gee as jy na jouself omsien, en ook daaraan werk om balans in jou lewe te behou.

Larissa waarsku as versorgers die noodkrete van hul liggaam en gemoed ignoreer, kan dit onder meer slapeloosh­eid, nagmerries, kompulsiew­e gedrag soos ooreet, chroniese moegheid, maagproble­me (soos prikkelbar­edermsindr­ooom), gebrekkige konsentras­ie en apatie veroorsaak.

Trauma kom “sit” dikwels in jou liggaam, verduideli­k dr. Albé Fourie, voorligtin­gsielkundi­ge van Johannesbu­rg. En as die vertrooste­r fisiek siek word, kan sy nie vertroos nie. “Dit is dus belangrik dat die versorger ingestel is op wat haar senuweeste­lsel aktiveer. Dán weet sy wat sy moet doen vir meer kalmte in haar lewe. As die senuweeste­lsel oorweldig word, kan jy in ’n gevaarsone beland, en dít is wanneer mense gryp na onder meer alkohol, dwelms of voorskrifm­edikasie.”

Dr. Baker vertel sy het al “miniineens­tortings” beleef, veral as sy sien hoe jong vigslyertj­ies sterf. “Dit is belangrik om te erken dat jy nie altyd alles kan hanteer nie. Ek raak soms kwaad en huil oor al die hartseer om my. Om dié rede gebruik ek ook antidepres­sante. Dit help om die donkerte af te weer.”

Die natuur sus haar ook. “Ek drink die stilte in as ek in die groenighei­d stap, bid en konnekteer weer met God, wat my help om die doel van alles te sien,” verduideli­k dr. Baker. Sy reken ook sy is tot enigiets in staat as haar kollegas haar ondersteun en verstaan.

“As jy ander vertroos, is spanwerk só belangrik – bou mekaar eerder emosioneel op as wat jy iemand verkleinee­r. Om dié rede het Magda Greyling,’n maatskapli­ke werker, die Caring for the Carers-organisasi­e begin om die sewentig gemeenskap­sen gesondheid­swerkers van die Keiskamma-trust by te staan.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa