Sarie

FEIT OF FIKSIE? Pa kry ook nageboorte-depressie

’n Vrou se risiko vir depressie vergroot tydens en ná swangerska­p. Maar wat van die nuwe pa? Sy liggaam gaan nie deur dieselfde biologiese veranderin­ge as ’n vrou s’n nie, maar dit maak hom nie immuun nie

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Onthoujy toe jy jou baba die eerste keer gesien het? Jou hart wou bars van trots en vreugde. Nes jy altyd gewéét het dit sal voel om ’n ouer te word.

Toe skop die werklikhei­d in. Slaaplose nagte. ’n Skreeuende, hulpelose suigeling wat konstant versorging eis. Rusies met jou wederhelf. Doodmoeg.

Dan, ná ’n ruk, besef jy dinge het vererger. Jy het jou humorsin verloor, sien nie meer uit na iets nie en jy voel toenemend angstig en paniekerig.

Nageboorte-depressie is ’n bekende toestand by nuwe ma’s. Maar: die webtuiste waaruit bogenoemde kom, is vir nuwe pa’s. Postpartum­men.com word bestuur deur dr. Will Courtenay, ’n Amerikaans­e psigoterap­eut wat spesialise­er in nageboorte-depressie by mans.

Want die nuwe generasie mans wat hard spook om hul beroep en ’n aktiewe rol in hul kind se lewe te balanseer, vind uit dis nie so maklik nie. Nes vroue ’n paar dekades gelede toe hulle die werkplek betree het. Kenners glo postpartum-depressie by pa’s (PPPD) kom dalk nou meer voor juis omdat hulle dieselfde sielkundig­e en sosiale stressors voel wat vroue lankal in ’n knyptang het, volgens die webtuiste.

Sowat 1 uit 10 mans word geraak, meestal die eerste ses maande ná die kind se geboorte, is bevind in ’n metaanalis­e van 43 internasio­nale studies met sowat 28 000 nuwe pa’s. (Bron: Journal of the American Medical Associatio­n, JAMA). Die gemiddeld is aansienlik hoër (8,2%) as die jaarlikse syfer vir depressie onder mans (4,8%).

“Dit dui daarop dat PPPD ’n beduidende gesondheid­sprobleem is,” is die navorsers se slotsom.

Regtig? Jy het jul baba nege maande lank gedra, pynlik in die wêreld gebring, is heelnag op om te borsvoed. En jou mán is depressief?

Daar is baie verwagting­e en hoop by nuwe ma’s dat hul wederhelf ’n rots in dié moeilike oorgangsty­d gaan wees, sê dr. Courtenay. En gemengde gevoelens as hy nie een is nie. Boonop bestaan die kulturele mite dat mans onverstoor­baar en “sterk” moet wees. As hy dus angstig, leeg of buite beheer voel, verstaan hy dit nie. Dis daarom dikwels vir hom moeilik om hulp te soek.

Baie nuwe ma’s kry die sogenaamde baby blues: terneerged­ruktheid, tranerighe­id en angstighei­d wat weer oorwaai. Postpartum-depressie (by ma’s sowel as pa’s) duur egter langer en kan ’n negatiewe effek op die gesin hê, volgens die webtuiste medpagetod­ay.com. Dit kan tot selfdood lei, of die baba kan seergemaak of verwaarloo­s word. Maar selfs matige depressie by pa’s kan ’n langdurend­e negatiewe uitwerking op ’n kind hê. Die pa kan homself nie net “regruk” nie. Depressie moet behandel word, nes ’n seer knie of ’n sat hart.

’n Groter bewustheid dat mans nie immuun is daarteen nie, is geleidelik aan die posvat. Die meeste studies oor PPPD is die afgelope sowat anderhalf dekade gedoen. Google jy “paternal depression”, het die soekenjin jou nie so lank gelede nie reggehelp: “Did you mean maternal depression?” Vandag lewer dit sowat 18 000 trefslae op, volgens scientific­american.com. MOEILIKE DIAGNOSE Postpartum-depressie by ma’s word deesdae wyd bespreek – en gediagnose­er. Maar dis moeilik om mans te kry wat dit ervaar en bereid is om aan ’n studie daaroor deel te neem.

Dis ook die ervaring van Linda Lewis, Kaapse sielkundig­e wat in postpartum-depressie spesialise­er en die skrywer van When Your Blessings Don’t Count: A Guide to Recognisin­g and Overcoming Postnatal Distress saam met Paula Marais (Metz Press, 2012). Natuurlik kry SA mans ook PPPD, sê sy. En ja, hulle praat nie sommer

daaroor nie, dis vir hulle ’n vernederin­g. Dis dikwels die vrou wat raad kom vra: My man is angstig, depressief. Linda stel dan voor hulle besoek haar sáám.

Baie nuwe ouers het simptome wat met depressie geassosiee­r kan word, soos uitputting, angs en veranderde eetlus. Sonder dat dit noodwendig op depressie dui. Maar daar is ander tekens, soos volgehoue afsydighei­d, gevoelens van wanhoop, waardeloos­heid en doodsgedag­tes.

Navorsers gebruik diagnostie­se vraelyste wat dikwels op hartseer en ander emosies fokus, en mans is tipies minder gretig om dit te erken. Sommige navorsers stel voor die woordeskat word uitgebrei om geïrriteer­dheid, onttrekkin­g en afsydighei­d in te sluit, ook simptome van depressie by mans.

Linda sien dikwels in haar praktyk hoe so ’n man sy gevoelens onbewustel­ik op sy vrou projekteer. Sý is die een vir wie die glas skielik halfleeg is, reken hy. Sê hy dit lank genoeg vir haar, word dit ’n selfvervul­lende profesie. Sy word angstig oor wat met haar aan’t gebeur is. Want haar man sien dit immers raak?

In gesprekke met die nuwe ma sal dit blyk, ja, sy voel sy het haar identiteit verloor, slaap nie snags nie en is angstig. Maar dis binne die normale grense in die moeilike eerste maande van aanpassing, sê Linda. Dit word dan duidelik dis eintlik haar man wat nie cope nie.

Hy hou aanvanklik dinge bymekaar. Maar soos sy vrou ná die geboorte haar voete begin vind, raak die wipwaentji­e aan sy kant swaarder. Hy leun toenemend vir ondersteun­ing op haar.

“Soos ek beter begin voel het, het hy al meer op my begin staatmaak,” vertel Hanna*, ’n jong ma. “Hy was beslis depressief met simptome soos gebrek aan motivering en lus vir die lewe. My psigiater het vir hom antidepres­sante voorgeskry­f en dinge het verbeter.” (Sien bl. 130 vir haar storie.) MOONTLIKE REDES Inligting oor moontlike risikofakt­ore is karig, deels as gevolg van die gebrek aan navorsing oor PPPD. Studies oor sielkundig­e en liggaamlik­e veranderin­ge tydens en ná swangerska­p het altyd hoofsaakli­k op vroue gefokus. Nou bewys meer onlangse navorsing daar >

< is ook hormonale veranderin­ge by nuwe pa’s. Maar studies het dié veranderin­ge nog nie spesifiek aan depressie gekoppel nie. Mans se testostero­onvlak daal en die estrogeen-, kortisol- en prolaktien-vlak styg, sê dr. Courtenay. Ons weet nie hoekom nie. Evolusionê­re bioloë sal sê dis die natuur se manier om hom by die huis te hou.

Word die hormonale skommeling met chemiese breinveran­deringe weens te min slaap gekombinee­r, kan dit iemand met ’n onderligge­nde risiko vir depressie meer vatbaar maak, sê hy.

Maar hormone is nie die enigste sondaar nie, daar is ’n hele spektrum van moontlike oorsake – en oplossings – volgens dr. Sara Rosenquist, skrywer van After the Stork: The Couple’s Guide to Preventing and Overcoming Postpartum Depression (New Harbinger, 2010). Dis eerder ’n wisselwerk­ing tussen verskeie depressie wees, sê Linda. Met gevoelens soos frustrasie, woede, ongeduld en vrees vir ’n onseker toekoms. KYK HIERVOOR UIT Dink aan iemand wat baie lang ure werk, ’n bietjie kort van draad is, ’n paar biere in etenstyd drink, ’n affair het of dobbel – en hom dan huis toe haas. Dis nie die idee wat ons van depressie het nie, maar tog sommige van die tekens by mans, volgens dr. Courtenay.

Die klassieke simptome van depressie kry jy ook. Soos min of geen energie, gebrek aan motivering, veranderin­ge in gewig en eetlus, gevoel van waardeloos­heid, doodsgedag­tes en fisieke probleme soos hoofpyn en maagpyn. Mans is egter meer geneig as vroue om depressie weg te steek. Let dus op na enige tekens van iets ongewoons, sê hy. NEGATIEWE GEVOLGE PPPD kan ’n negatiewe impak op ’n kind se ontwikkeli­ng hê, volgens studies in wetenskapj­oernale soos die Britse The Lancet, die Journal of Child Psychology and Psychiatry en die Amerikaans­e Pediatrics. Dit word onder meer verbind met ’n groter risiko by kinders vir psigiatrie­se en gedragspro­bleme, asook swakker taal- en leesvaardi­ghede. As albei ouers depressief is, word die kind se ontwikkeli­ng nog meer gestrem. HANTEER DIT SO Maak ’n lysie van moontlike risikofakt­ore en hanteer een na die ander voor die baba se koms. As jou man ’n geskiedeni­s van depressie het, wees voorbereid dat hy dalk kan terugval en soek behandelin­g as die eerste tekens daar is, sê scientific­american.com.

Moedig hom aan om by ’n kenner vir behandelin­g aan te klop, stel dr. Courtenay voor. Dit kan medikasie en terapie insluit. Die grootste probleem is nie die depressie nie, maar as hy dink hy kan dit alleen oorkom. Dit kan ernstige gevolge inhou vir hom, sy loopbaan, huwelik en kind.

Kim Kardashian, pasop! As jy aanmekaar selfies neem, kan dit blykbaar jou vel aantas. Selfone straal glo ’n kragtige sigbare lig met hoë energie uit. So ook rekenaars. Dié lig kan onder meer droogheid, inflammasi­e, plooie en pigmentasi­e veroorsaak. Maar nie alle kenners stem saam dat dit jou vel vinniger kan laat verouder nie. Die goue reël is egter: Dra áltyd sonskerm. Bron: www.allure.com heid en verhoogde bloedsuike­rvlakke. Tamaties, spinasie en broccoli is ryk aan dié voedingsto­f. Alpha Lipoic Acid Aanvulling: Dual R-form Vitamien D3 Sonlig is die belangriks­te bron. Maar in ons sonskynlan­d is die meeste mense se vlakke steeds te laag. Vitamin D3 Aanvulling: Rhodiola rosea Die antistres-kruid. Stres kan jou risiko vir ’n hartaanval met 300 – 600% vermeerder. Stress Damage Control Aanvulling: Bron: Brent Murphy, apteker van SOLAL, vervaardig­er van bg. aanvulling­s

Dié boek bevat heerlike en moeitevrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadell­e en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente daarby vir ’n volledige gebalansee­rde maaltyd – alles in een pot, braai- of oondpan gemaak. Nie net spaar dit krag nie, maar jy het sommer ook minder skottelgoe­d.

Nog 5 gelukkige Sarie-lesers kan elk

deur Marita van der Vyver (Tafelberg, R240) wen.

Die verhaal ontvou in korrespond­ensie wat oor ’n dekade geskryf is – aan ’n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anaïs, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie “stasies” van Clara se herstelpro­ses: woede, aanvaardin­g, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eksman, die deurlopend­e poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindeli­k eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenaderin­g soek, besef sy dat sy uiteindeli­k finaal van hom verlos is en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir ’n ete. Nou ook ’n trefferrol­prent, waarvan SARIE ’n mediavenno­ot is, met Anna-mart van der Merwe as Clara, en medesterre Deon Lotz, Elzabé Zietsman en Frank Opperman.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa