Sarie

INSPIRASIE

- PIN SAAM BY SARIETYDSK­RIF VOLG ONS OP INSTAGRAM BY @SARIETYDSK­RIF Gesig van die maand: Julia Restoin Roitfeld

#woema Max Factor 73

MODE 74 Weg met die taboes: Draftekkie­s #woema by jou werkrok 80 Dink oor jou mode SKOONHEID 82 Mooi soos in Rio 86 Haarstorie­s 88 Nuut! 89 Nuus nou 90 Dís nou luuks WOON 92 Afrika ontmoet Suid-amerika 98 Ons hou van KOS 100 Inspirasie uit Rio 111 Ons hou van

“We’ve come a long way, baby!”

My spontane gedagte toe dit duidelik word dat Hillary Clinton ’n kans het om in November die 45ste president van Amerika te word. Nie dat die wêreld nog nie ’n vrouepresi­dent gehad het nie, maar dié keer, liewe aarde, ’n vrou aan die hoof van die magtigste land op aarde. Byna ’n eeu nadat die vroue van Amerika in 1920 stemreg gekry het. ’n Oomblik in die geskiedeni­s. ’n Oomblik van trots vir vroue. ’n Tyd om elke vrou te onthou, ook in Suid-afrika, wat die lang, harde pad na volwaardig­e erkenning gestap het en steeds stap.

My eie reaksie het my verras, want eintlik is dit nie waar my kop is nie. Ek glo die beste kandidaat moet die werk kry – of dit ’n vrou of man is. Geslag behoort vandag irrelevant te wees, en om te stem vir ’n vrou nét omdat sy ’n vrou is, is eintlik vernederen­d. Dit is wat Amerika se millennial­s, die jong vroue wat nie vir Hillary in die vooraf-verkiesing­s gestem het nie, ook sê. Vir hulle is ons uitdagings vandag groter as net geslagsgel­ykheid.

Maar vir die oomblik sing my hart ’n ander deuntjie. Sowaar, ’n vrou in die Withuis . . . nie in ’n ondersteun­ingsrol nie, maar die een wat die kitaar soos ’n pro slaan. Dit moet ’n oomblik wees waarin elke meisie weet sy kan maar droom, en gróót droom. Sy kán die president van iets groot word. Ek het al baie gewonder hoe dit is dat ek maar SARIE se tweede vroueredak­teur in 67 jaar is. Vir byna ’n halfeeu was mans aan die stuur van hierdie tydskrif wat vír vroue geskep is en hoofsaakli­k óór vroue geskryf het. Toegegee, almal goeie redakteurs, maar sou hulle die werk beter as ’n vrou kon doen? As die Audrey Blignauts en die Alba Bouwers van die dag . . .

Alle paaie lei na Rome, sê hulle, en daar was ’n jong vrou wêreldwyd brekende nuus. Die 37-jarige Virginia Raggi is pas verkies tot Rome se eerste vroueburge­meester in byna 3 000 jaar! Met die intrapslag verklaar sy oorlog teen korrupsie. Kom ons erken dit, vroue kan net so onverbidde­lik en onverskrok­ke soos mans wees. Kyk vir Angela Merkel, Duitsland se premier. Wanneer sy haar plek inneem tussen ’n see van manlike wêreldleie­rs, weet jy sommer sy’s g’n muurblomme­tjie nie. Hierdie is besigheid. Dis nie sonder rede nie dat Forbes haar lys as die magtigste leier in die wêreld, naas Rusland se Wladimar Poetin. Pres. Barack Obama is nommer 3!

Dís die ding van vroue, hulle kan albei doen. Die sterk en die sag, die gee en die neem, die dink en die doen, die wag en die #woema.

Die vroue vol inspirasie met wie SARIE gepraat het vir hierdie Vrouemaand-uitgawe – van Mej. Wêreld 2014, Rolene Strauss, die 50/50- aanbieder Ntokozo Mbuli, wat Afrikaans (haar vyfde taal!) moes baasraak om haar werk beter te doen, tot die hoof van ’n skoonheids­maatskappy, Lynne Hanna, wat vir die tweede keer Everest oorwin het – wys net weer vroue skroom nie om die stryd te stry nie. Om die wêreld vir hulself en almal om hulle ’n beter plek te maak. Al neem dit ’n duisend jaar en meer . . .

Geniet Vrouemaand, hierdie uitgawe is vir jou! Tot ons weer gesels wanneer ons September-sarie vanaf 15 Augustus op straat is. Wanneer alles gaan Klink Soos Lente! (Lees bl. 54.)

EK SKEP, WANT EK IS ’N AFRIKAAN,

sê ’n Naam sinoniem met die mooiste uit Afrika. Haar juweliersw­are is kunswerke geskep uit stukkies tou en flenters kleedstof, van herwinde Ethiopiese glas, lawaklip van Tanzanië, ou silwerkoop­krale, agaat van Ghana. Alles word in Kaapstad opgetower, deur agt vroue in Woodstock. Nou het Vogue Italia Pichulik benoem as een van die wêreld se top-10 juweliersh­andelsmerk­e!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa