Sarie

Doen dit self

Sisters are doin’ it for themselves*, sing soul-sangeres Aretha Franklin. En vroue sing al jare saam . . . Hulle het iets om te sê en hulle sê dit, vir hulself en vir ander wat nie ’n stem het nie. Charlize Theron baklei teen ongelyke betaling tussen mans

- Gaan ook na

‘Ek is sterker vandat ek ’n ma is’ Irvette van Zyl, marathon-atleet en ma

Haar baba, Louis, is nog nie eens ’n jaar oud nie, maar SuidAfrika se langafstan­d-ster is gereed vir die Olimpiese Spele wat dié maand in Rio afskop.

Irvette van Zyl is in topvorm – sy het by die Londenmara­thon in April met ’n tyd van 2:32:20 vir die Spele gekwalifis­eer.

Moederskap het haar beslis nie op haar louere laat rus nie. Toe sy vier maande swanger was, het sy die Twee Oseanehalf­marathon kafgedraf. Duidelik ’n vrou met #woema!

“Ek dink eintlik ek hardloop beter vandat ek ’n ma is,” sê sy. “Deesdae het ek nie tyd om voor ’n wedloop te stres nie – iets wat in die verlede vir my ’n groot probleem was. Nou is ek net aan’t oefen of besig met Louis. Ek dink nie aan iets anders nie.

“Ek is sterker. As jy ’n ma is, kan jy nie in die badkamer gaan sit en huil as jy ’n slegte dag het nie, want jy moet na iemand anders kyk en dis jou eerste prioriteit. Jy leer om oor dinge te kom en aan te gaan.”

Dit was ’n harde pad om haar lyf terug te kry. “Ek het kort ná my keisersnee begin gim en ná agt weke intensief begin hardloop. Sommige dae was ek so negatief dat ek my direk nadat ek geoefen het aan olierige hoender vergryp het. Toe kom ek agter hoe lekker dit is om Louis te sien grootword en dit het my opgebeur. Ek kan nie onthou wanneer laas ek KFC geëet het nie!”

Sy en haar man, hekkies-atleet LJ van Zyl, gaan albei Spele toe, en dié keer gaan sy dit anders hanteer as in Londen, 2012. “Toe was ek so opgewonde om ’n nuwe land te besoek dat ek alles wou sien – en eet! In Rio gaan ek eers werk, dán speel. My mikpunt is ’n tyd onder 2:30.”

– Delia du Toit

* Ntokozo is ’n vennoot by Clive Morris Production­s, vervaardig­ers van 50/50. Die prettige “Sekretaris­voël” van Leipoldt*. Of “Sonar Sover” van Valiant Swart*, wat in jou kop bly spook.

Laurinda Hofmeyr snoer vers en melodie soos ’n kosbare string pêrels saam. Laat jou sién hoe die sekretaris­voël met sy lang bene hinkepink. Laat jou die ritmiese klop van die ongebore babatjie se hartjie aan jou lyf vóél.

“Sy sorg vir die teks soos ’n boeddhis na ’n gewonde soldaat of blinde vrou sou omsien,” sê Breyten Breytenbac­h. En: As hy musiek kon maak, sou dit min of meer na hare geklink het. Haar toonsettin­gs van dié meester se gedigte is al staande toegejuig.

Laurinda het twee keer vanjaar ’n verhoog met hom gedeel: Tydens ’n optrede in Nederland en die Spier Digtersfee­s in Kaapstad. Sy het onder meer van haar Breytenbac­htoonsetti­ngs gesing. Hy het van sy gedigte voorgelees terwyl sy en musikant Schalk Joubert hom met musiek begelei het.

Laurinda, ’n ambassadeu­r van Veldtog Afrikaans, sê: “Ek werk met Afrikaans se skatte – gedigte. En wil mense bewus maak van hoe ’n wêreld in jou kop, met die kleur en tekstuur van ’n paar woorde, oopgemaak kan word.”

Maar hoe voel dit as so ’n ikoon jou werk ’n goedkeuren­de kopknik gee? “Wat ek doen, is nie hoofstroom nie. As jy finansieel daarna kyk, kan dit jou laat wonder hoekom jy dit doen. Soos ’n bundel gedigte ook maar. Maar as jy só iets hoor, voel dit tog of dit bestaansre­g het, waardevol is.”

Boonop doen jy dit nie vir geld of roem nie, maar omdat jy móét. Soos asemhaal. Soms, op die verhoog as dit voel asof die musikante en gehoor dáár is, gefokus, is dit magic. Voel sy heeltemal een met haar omgewing.

Net soos wanneer sy saans in die bed lê en besef hoe gelukkig sy is.

Laurinda en haar internis-man, Jantjie, en die blondekop Joanie (11), woon aan die voet van Paarlberg in dié Bolandse dorp. Warm, eg, trap hulle ligvoets op die aarde. Met die honde, Steffie en Herman, Dbv-geskenke. En hoenders, Strepie en Ratsie, die laaste van ’n rits geveerdes wat Joanie kleintyd naam gegee het.

– Lydia van der Merwe

*“Sekretaris­voël” en “Sonar Sover” is albei deur Laurinda getoonset en op haar vierde CD, Wat ek wou sê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa