Sarie

Sandra Prinsloo

- Gaan ook na

“Ekneuk graag stroomop.” Alexa Strachan, bekend as een van die hardwerken­dste (en kwaaiste!) vroue in die vermaaklik­heidsbedry­f, lag lekker. Sy vertel haar oorlede pa, Chris de Villiers, het kleintyd gesê: “Alexa, jy moet onthou, die mens is ’n kuddedier . . .”

Sy moes leer om haar in ander se skoene in te dink. Te oordeel na haar vriende, hét sy.

Sy glo passie, harde werk, ’n oopkop en mentors soos die skrywer PG du Plessis en aktrise Sandra Prinsloo het haar gebring tot waar sy is. “En hulle sou my lankal in ’n sloot opgetel het as dit nie vir my vriende was nie.”

Alexa sien daarna uit om die “nuwe” Potchefstr­oomkunstef­ees (voorheen Aardklop), van 4 tot 9 Oktober, te bestuur. “Ek wil nie die wiel van vooraf uitvind nie. Ek begin met ’n skoon palet, ’n vars perspektie­f. Die druk is nie onhanteerb­aar nie. Hope mense is my goedgesind. Ek ken gelukkig die bedryf en sy mense.”

Vir iemand met ’n BAgraad in wysbegeert­e en kunsgeskie­denis, het sy diep spore in ’n gebied buite haar veld getrap. Sy dra talle hoedens: sangeres, aktrise, toneelskry­wer en vervaardig­er. Haar “tweede pa”, PG, reken sy moet ook ’n boek skryf.

Die rooikop met die lenige lyf lag baie, onbevange en aards, en sê: “Jô, my loopbaan het uit nood ontstaan.”

In 1997, geskei, sonder inkomste en met twee kleintjies om groot te maak, Lorentz (nou 22) en Xander (20), moes sy kos op die tafel sit.

“Ek kon sing en skryf oor ma-wees.” En só ontstaan haar eerste kabaret, Om ’n eier te lê.

Uit haar tweede huwelik is Christoff (11) gebore. Tana (4) is haar en filmmaker Pieter Lombaard, haar derde man, se dogtertjie. Sy is doof gebore.

“Ek kon nog altyd sing, so die kabaret het my loopbaan afgeskop.”

Aan die Hoër Volkskool op Potchefstr­oom, waar sy in 1987 gematrikul­eer het, het sy in die Wes-transvaals­e Jeugkoor onder Awie van Wyk gesing. “En in graad vier was ek Louisa in The Sound of Music, waarin [kyknet-baas] Karen Meiring die rol van Liesel vertolk het.” Die res is geskiedeni­s. Sy loop nie sommer met haar hart op haar mou nie, maar erken sy het byna flou geval toe sy hoor Tana is doof. Ná twee kogleêre inplanting­s sien sy vordering by haar rooi krulkop. “Maar om ’n dowe kind te hanteer is ’n komplekse proses.”

Sy is egter die ewige vasbyter. Met haar jongste, met die liefde . . . “PG reken ek sal nooit ’n suksesvoll­e huwelik hê nie, want ek is nie ’n ego polisher nie en het te veel testostero­on, maar dit werk al tien jaar tussen my en my beste vriend, Pieter.”

Alexa gee om. Sy was daar vir vriende soos Lucas Maree en Christa Steyn met hul siekte en dood in 2011 en 2012. Sy het begeesterd haar goeie vriend Mathys Roets sedert sy motorfiets­ongeluk bygestaan. Haar pa se dood aan kanker verlede jaar het haar geruk, en sy sukkel om PG te sien agteruitga­an. “Maar as ék nie sterk bly nie, hoe gaan ek oorleef?”

En as die lewe druk? “Watwou, daar is niks soos lag en ’n glas vonkelwyn nie . . .”

Hoe het Tana se gehoorgest­remdheid jou geraak?

Ek het altyd gesê die gode stuur niks oor jou pad wat jy nie kan hanteer nie. Ek raak maar ongeduldig wanneer ek my kinders met tuiswerk help. Tana het my geduld geleer. Die ander dag op ’n radioprogr­am sê iemand net “spesiale ouers” kry gestremde kinders. Twak! Ouers van ’n gestremde kind is soos enige ander ouer en wil net die beste vir hul kind doen.

Dit is nie aldag maklik nie. Ek en Pieter werk uit wie haar na ’n skooltjie vir dowes aan die ander kant van Pretoria moet neem. Ons sit ure in die verkeer. Elke middag doen ons intensiewe spraaktera­pie. Ná haar eerste kogleêre inplanting verlede jaar kon ons nie >

< dadelik bepaal of dit werk nie. Maar ná haar tweede een vanjaar hoor sy al tot ’n hond wat blaf of ’n vliegtuig.

Dit kos sowat R300 000 per inplanting. Wat maak jy? Ek moes harder werk en my vriende was ongeloofli­k. Selfs kollegas wat nie noodwendig intieme vriende is nie, het vir my geld gegee. Mathys Roets en Matthys Maree het ook ’n konsert gehou en R80 000 vir die eerste inplanting ingesamel.

Wat beteken ma-wees vir jou?

My kinders is my lewe en andersom.

Monica [Lucas Maree se dogter] vra: Jy het ’n baie oop hart. Hoekom?

Dit kom logies. Wat sou dit help as ek vir Mathys Roets ’n kaartjie na die hospitaal stuur? Ek het nie geld nie, maar ek span graag my kundigheid, energie, talent en kontakte in om te help. Dieselfde met Christa Steyn [vir wie geld met die 20 Hande, 1 Hart- konsert ingesamel is] en Lucas. Ek doen wat ek kan en kry méér daaruit as wat ek insit. Ná Mathys se ongeluk het ek byvoorbeel­d ’n ekstra familie as geskenk gekry. Sy ouers, broer en suster is daar vir my deur dik en dun.

En Sandra: Hoekom skryf jy nie ’n slag weer iets vir jouself nie?

Ek sukkel om tyd daarvoor te maak, maar daar is baie idees wat ronddwaal in my kop.

Wat het die lewe jou geleer?

My pa het altyd gesê You can’t keep a good man down. Omdat ek in dié bedryf moes deurbreek, moes ek flippenwil vasbyt. Ek sal eerder minder konfyt op my brood hê as om my naam aan ’n projek te koppel waarop ek nie trots is nie. Ek is baie eerlik, maar die bedryf is klein, jy moet mooi dink voor jy iets sê. En hoop is ’n groot ding. Jy kan nie vryskut werk en in die middel van die jaar al wonder of jy Kersgesken­ke sal kan koop nie.

En PG?

Alles wat ek oor skryf weet, het hy my geleer. Dis asof ek opnuut my pa se aaklige kankerstry­d herleef noudat ek hom sien agteruitga­an. [PG het prostaatka­nker.] Die dag wat ek hom verloor . . . nee, ek weet nie hoe ek dit gaan hanteer nie.

Ons het mekaar leer ken toe ek in 2000 van sy stories vir die kabaret Wie kan dit hou . . . (met so ’n vrou?) wou verwerk. Ek het na sy plaas naby Potchefstr­oom gery om toestemmin­g te vra. Erg geïntimide­er deur dié groot gees. Maar hy was wonderlik. Ons het daarna baie saamgewerk, hy het my blootgeste­l aan die rolprentbe­dryf en vir rolprentre­gisseur Koos Roets gevra of ek as dialoog-afrigter op sy [PG se] komedie-drama Andries Plak [2007, SABC2] kan werk. Daaruit het nog konneksies gevloei.

Op watter projek is jy die trotsste?

My kinders. Ek wil uit my vel bars as hulle self uitdagings te bowe kom. My pa het met my geraas en gesê ek is ’n te kwaai ma, maar as broodwinne­r móés ek streng wees. Ek het nie altyd genoeg tyd vir hulle gehad nie. Noudat Pieter daar is, kan ek darem deesdae gaan kyk wanneer Christoff rugby speel.

Ek is ook trots op my kabaretver­werking van Dalene Matthee se boek Susters van Eva [1999], dis my beste werk nog. Sandra, wat die regie gedoen het, reken ook so. Ek was omring deur meer talentvoll­e mense as ek, soos akteur Chris Vorster, musiekverw­erker, pianis en akteur Roelof Colyn, die sanger en kitaarspel­er Juan Oosthuizen en die toonsetter Rocco de Viliers. Die standaard móés flippen hoog wees.

Geniet jy jou werk?

Ek is geseënd dat my werk my passie is. Toe ek baie klein was, wou ek veearts word, maar ek is bly oor hoe my lewe uitgedraai het. Toe my ouers aftree, het hulle agt jaar in die Krugerwild­tuin gewoon. Dit was so lekker om daar te kuier. Ek is mal oor diere – my katte, Katinka (nie na die filmmaker vernoem nie!) en Nike, en honde, die rifrug Lilu en basterbrak­kie Slevin. Ek kan dit nie hanteer as diere in movies sterf nie.

Wou jy ’n feministie­se stelling maak toe jy jou hare verlede jaar gesny het?

Nee. Dis ’n nare verhaal, wil jy hoor? Tana het by die huis gekom met kopluise. Toe sny ek Christoff en Tana se krulle. Xander het reguit hare, so syne kon ek net uitkam. Ek het my eie hare gesny, sonder ’n spieël. Van my vriende is mal daaroor, ander haat dit en dink ek lyk soos ’n tannie. Nou laat groei ek dit weer.

’n Vraag van Margit: As geld, tyd en ouderdom nie ’n kwessie was nie, wat sou jy word?

Ek sou Fantine wou vertolk in Les Misérables, die beste musiekblys­pel ooit. “I Dreamed a Dream” is tegnies een van die moeilikse songs [sy begin dit sing] van dié karakter. Sy sterf aan die einde van die eerste bedryf, so jy werk jou nie dood nie [lag hard].

Wat is jou toekomspla­nne?

Ek hoop van harte die Potchefstr­oom-fees sal omarm word en teen die einde sal mense laat weet: Dit was nou gaaf, sien julle volgende jaar!

Maar ek kyk nie te ver vooruit nie. Veral met Tana kan ek nie. Ek weet nie wat gaan gebeur nie. Ek is positief, maar leef in die hede. Ek is ’n harde werker en glo, soos die akteur Christo Davids, graag aanhaal: “Alles sal oukei wees op die ou end, en as dit nie is nie, dan is dit nog nie die einde nie.” Foto geneem by Atterbury-teater in Lynnwood, Pretoria. Verhoogbel­igting deur Eric Pretorius, Crystal Clear Audio.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa