Sarie

Toe hou die piengs op ...

Ma deel mooi en seer ná dogter se dood op Everest ‘Met die Everest-tog het ek nie goed gevoel oor wat voorlê nie. Daar was ’n dringendhe­id om haar kort voor hul vertrek te gaan groet. Ek het haar ’n engel-bewaarkett­inkie vir haar nek gegee’

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE Maritha Strydom, Marisa se ma

Nádie tragedie het die selfie feitlik elke berig daaroor vergesel. Die blonde vrou, glimlaggen­d, haar oë verskuil agter ’n donkerbril wat die blou lug weerkaats. Die man met sy paar dae oue stoppelbaa­rd, ernstig besig om die foto se hoek net reg te kry. Op die agtergrond tentjies wat papierdun, niksbeduid­end teen die aanslag van die natuur lyk. En in die verte . . . ’n sneeubedek­te bergpiek.

Januarie 2015, Aconcagua in die Andes, Argentinië.

In Mei vanjaar, op nog ’n ongasvrye bergreeks ver daarvandaa­n, sou Maria Strydom tragies in haar man, Robert Gropel, se arms sterf. Haar poging om Everest te oorwin is gestuit toe sy sowat 15 minute van die kruin weens hoogtesiek­te moes omdraai.

Rob is per helikopter na Katmandoe en veiligheid gebring. Stukkend, ná die verlies van sy vrou en geesgenoot. Daar het hy gewag totdat die elemente dit moontlik gemaak het om haar liggaam berg af te dra. En hy saam met haar huis toe kon gaan.

Aan die ander kant van die wêreld, in Australië, het haar geliefdes asem opgehou. “Thank you, thank you, thank you Arnold Coster and all the amazing Sherpas, for risking your life to give me the greatest gift, my baby girl Marisa Elizabeth,” skryf Maritha Strydom, haar ma, op Facebook nadat Maria suksesvol van die berg afgebring is.

Maria, Marisa vir vriende en familie, het nie van alleenwees gehou nie, skryf sy later per e-pos aan SARIE.

Marisa, ’n oud-tukkie, wat veertien jaar gelede saam met haar familie na Australië verhuis het, sou in die media na vore tree as ’n onverskrok­ke siel, wat gesterf het terwyl sy gedoen het waarvoor sy lief was. Sy het Everest aangedurf met “avontuur in haar hart, bravade in haar siel”, soos een webblad dit stel. Maar as ’n ervare klimmer het sy ook gewéét waarvoor sy haar inlaat. Sy was superfiks en die risiko’s bekend en beredeneer­d.

Baie is in die media daarvan gemaak dat sy en Rob veganiste was, dus nie enige diereprodu­kte eet of gebruik nie. Die kollig het daarom op haar dood getalm, ten spyte van twee ander sterftes op die berg daardie selfde week. Die jong paartjie wou juis die sewe hoogste pieke op die sewe kontinente uitklim om vir die wêreld te wys: veganiste kán. Die afgelope tien jaar het hulle ook onder meer Denali in Alaska twee keer, Aconcagua in Argentinië en Kilimandja­ro in Afrika getroef.

En elke tree daarvan het sy met haar ma, Maritha, gedeel. Ook nou het sy haar dogter se vordering op Everest dopgehou – deur ’n reeks “piengs” van die klimmer se satellietf­oon. Toe stop dit . . . Bevestigin­g van haar kind se dood was ’n aanlyn nuusberig, nie ’n telefoonop­roep nie.

“Rob het van sy kinderdae af saam met sy ouers berggeklim en hy het Marisa daaraan bekend gestel. Met elke klimtog sou hulle groter doelwitte stel, hulle het op uitdagings floreer. Ek het elkeen van hul ekspedisie­s gevolg. Daaroor nagelees en gereeld met hulle kontak gemaak.”

Maar met Everest was dit anders, vertel sy per e-pos, enkele ure ná Marisa se begrafnis in Melbourne. Sy is platgeslaa­n, maar wil die wêreld meer vertel van haar mooi, talentvoll­e dogter met die onblusbare gees. >

< Haar “blommekind”, soos sy na haar op Facebook verwys.

“Met die Everest-tog het ek nie goed gevoel oor wat voorlê nie. Daar was ’n dringendhe­id om haar kort voor hul vertrek te gaan groet. Ek het haar ’n engel-bewaarkett­inkie vir haar nek gegee. Dit ten spyte daarvan dat ek haar ’n paar weke vantevore gesien het. Ek woon in Brisbane, sy in Melbourne, sowat 2½ uur se vlieg uitmekaar.”

Marisa was die “perfekte dogter, ’n superkind met ’n groot liefde vir haar familie”. Sy het altyd meer vir hulle gedoen as wat hulle kon hoop. Altyd ietsie saamgebrin­g van haar wêreldreis­e. Nooit ’n verjaardag vergeet nie en baie moeite gedoen om op familiebye­enkomste te wees. ’n Paar keer het sy Maritha saamgeneem wanneer sy oorsee ’n konferensi­e moes bywoon of ’n referaat moes lewer. Die tye wat hulle saam in plekke soos Italië en Amerika was, sal vir haar altyd bitter kosbaar bly.

Maar o jinne, as haar jongste dogter haar hart op iets gesit het, het almal geweet sy gaan aanhou tot sy dit het. Sy was passievol oor mens en dier. Veral diere. “Eendag, sy was op laerskool, het sy ’n gemmerkatj­ie by ’n troeteldie­rwinkel raakgesien. Piepklein, heel onder in die hok, met seker sewe katjies bo-op hom. Sy het dadelik ’n vurige pleidooi gelewer dat hy saam huis toe moes gaan. Peanut was haar eerste groot liefde.

“My kind het in alles uitgeblink. Sport, akademie, debat . . . Ek en haar pa het elke sportbyeen­koms, skoolkonse­rt en redenaarsk­ompetisie getrou bygewoon, altyd in haar prestasie gedeel. Haar pa was haar held en sy kon op laerskool alles doen wat eintlik seuntjies se forte is. Soos ’n motor se wiel omruil.”

Die Strydoms het Australië toe verhuis sodat Marisa en haar ouer suster, Aletta Newman (Thalita vir familie en vriende), daar kon studeer. Marisa het reeds ’n graad in Bcom finansiële bestuur aan die Universite­it van Pretoria ontvang.

Liezel Summers, Maritha se jonger suster van Stellenbos­ch wat feitlik saam met Thalita en Marisa grootgewor­d het (sy en haar ousus verskil 19 jaar), het ná die tragedie Australië toe gevlieg.

Sy vertel Maritha, te ontredderd vir die lykwaak, het haar gevra om namens haar te gaan. “Ek het Marisa se hare gevryf, haar hande gevryf. Maritha . . . dalk moes sy tog gegaan het. Sy het nie gegroet nie, nie closure gekry nie.”

Rob het sedert die treurspel nog nie weer na sy en Marisa se huis teruggekee­r nie, hy slaap by sy ouers, sê sy.

Marisa het Rob, ’n veeartseny­kundestude­nt, tydens haar nagraadse studies in Brisbane ontmoet. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Ná hul troue het hulle hul in Melbourne gevestig. As enigste kind wou hy naby sy familie wees. Marisa het klas aan die Monash-sakeskool gegee en ook haar doktorsgra­ad in finansies daar gekry.

Hulle het alles saamgedoen, vertel Maritha. Liefdadigh­eidswerk gedoen, familiebye­enkomste bygewoon, in dieselfde dinge geglo en dit nagestreef. Sáám het hulle ’n diereklini­ek beplan en opgerig. Met hom as veearts en haar aan die sakekant het hulle binne ’n kort tyd ’n suksesvoll­e ondernemin­g opgebou. Smiddae, nadat sy klaar was met haar werk by die sakeskool, het sy by die kliniek ingeval. En ook nog tyd vir haar strawwe oefenprogr­am gemaak.

Na aan haar en Rob se harte was die redding en beskerming van diere – van siek en beseerde wilde diere, tot weggooikat­te, -honde en ander troeteldie­re. Hulle het uit hul eie sak dié katte en honde gesterilis­eer en nuwe huise vir hulle gesoek. Marisa het gereeld dierewelsy­nsorganisa­sies gehelp, hetsy met die insameling van geld, of deur haar tyd te gee.

Sy en Rob was passievoll­e veganiste. Ná ’n besoek aan ’n abattoir twaalf jaar gelede het hulle alle diereprodu­kte afgesweer. Die wrede manier waarop diere behandel word om in ons eetgewoont­es te voorsien, strook nie met hul etiek nie, het hulle besluit. Hoe kon hulle aan die een kant diere red en aan die ander kant vir menslike gebruik uitbuit? “Dit was nie ’n maklike pad nie, maar hulle was oortuig dis die regte ding – eties en verantwoor­delik,” sê Maritha.

“My oorlede ma, Lily, het altyd gesê mense is givers, of takers. Marisa was ’n giver. Niks was ooit te veel moeite en geen uitdaging te groot nie. Ons sal haar onthou vir haar groot liefde vir haar familie, vriende en diere. Ook dat sy haar lewe gewy het aan welsynswer­k en diens aan haar naaste. ’n Puik akademikus en sportvrou. En ’n rolmodel, veral vir vroue. Ons sal haar nooit, ooit vergeet nie.” Saam met haar, op daardie noodlottig­e Everest-tog, het sy ’n klein gevoude stukkie papier gehad. Daarop het sy in haar eie handskrif Psalm 23 in Afrikaans geskryf. “Dit was haar troos, haar hoop om Everest uit te klim. En ons hoop en glo dat dié psalm wat duidelik so baie vir haar beteken het, haar in haar laaste ure en dae vertroos het,” sê Maritha.

Hulle gaan nou ondersoek instel wat presies daardie dag op Everest gebeur het. “Ek het vandag gehoor Everestkli­mmers soos Marisa is op hul eie, selfs met die reuse-bedrae geld wat die ekspedisie­maatskappy­e vra,” skryf sy op Facebook. En: “Mag hierdie help om die gebrek aan veiligheid en sorg op Everest te verander.”

Hoekom bly “’n Liedjie vir jou” so gewild?

Miskien omdat dit sentimente aanroer wat almal raak: die natuur, voetslaan op bekende en lieflike plekke, ’n moontlike romantiese verhouding. Hopelik omdat dit in gewone goeie Afrikaans geskryf is . . . Die liedjie bevat so agt akkoorde en natuurlik is daar al pragtige liedjies met net drie akkoorde geskryf, maar meer skakering in dié verband speel tog ’n groot rol – volgens ouens wat meer weet as ek.

Vir wie het jy destyds die liedjie geskryf?

Ek het niemand pertinent in gedagte gehad nie, maar dit sal my altyd aan twee vroue herinner: Die een is ’n vriendin wat destyds saam met my gestap het. Sy’s ’n fisioterap­eut wat nou in Adelaide [Australië] bly. Die ander vrou waaraan “’n Liedjie vir jou” my altyd sal laat dink, is Christa Steyn met wie ek 25 jaar lank deur die wêreld getoer het om musiek te maak. Sy’t my op klavier begelei en is seker die vrou wat dié liedjie al die meeste gehoor het.

Kan jy onthou hoe, waar en wanneer die inspirasie jou getref het?

Ek het dit in 1978 geskryf in die baie klein woonstelle­tjie waarin ek destyds in Auckland Park, Johannesbu­rg, gebly het. Daar was letterlik net plek vir my bed, ’n tafel, ’n stoel en klavier. Die inspirasie het egter uit verskillen­de staproetes gekom. Ek het in 1974 ernstig begin stap – staproetes korter as vyf dae interessee­r my nie. In “’n Liedjie vir jou” is daar drie sentrale verwysings na plekke wat ek almal op staproetes as spesiaal ervaar het – die Wildekus, die Visrivier-ravyn en die Kaapse berge. In Desember 1977 het ek die Witelskloo­froete gestap – een van die wonderliks­te, mees uitdagende staproetes in ons land. Kort ná my terugkeer het ek “’n Liedjie vir jou” geskryf.

Hoe voel jy oor die gebruik van jou treffer in Sy Klink Soos Lente?

Ek voel geëerd. Dis wonderlik hoe hierdie liedjie, wat al byna 40 jaar oud is, voortleef in verskillen­de gedaantes. Daar was al jare gelede ’n Engelse en Duitse vertaling en ek het baie gehou van Alida White se weergawe in die 80’s. Daar’s selfs ’n Chinese opname. Een van my gunsteling-interpreta­sies is die verwerking en opname wat Matthys Maree met die sangeres Marta Gómez vir Afri-spaans gedoen het – “Una cancion para ti”. Ek beplan om dit in Russies te sing wanneer ons volgende jaar ’n konsert op die Wolga-rivier hou.

Ken jy Bouwer se musiek?

Ek was vertroud met sy groep Die Straatligk­inders en ek het dus geen voorbehoud gehad toe hy my nader nie.

Het jy uit jou jeug ’n sterk assosiasie of band met “Liedjie vir jou”?

Nie eintlik nie. Ek was ’n groot Buddy Holly- fan en het eintlik glad nie plaaslike musiek geluister as kind nie. Stiaan Smith, die draaiboeks­krywer van Sy Klink Soos Lente, het die liedjie in die teks ingeskryf en dis eintlik hoe my paaie met dié treffer gekruis het. Ek is spyt ek het nie vroeër in my lewe Jannie du Toit se musiek geken nie, want hy is amazing. Ek het eers nou besef hoe tydloos sy liedjies is.

Is daar iets aan die oorspronkl­ike weergawe wat jy doelbewus met jou interpreta­sie verander het?

Van die frasering en hoe die woorde gesing word, het ek ’n bietjie anders gedoen – net omdat Jannie se styl nogal baie klassiek is. Ek het maar self geleer sing of probeer sing en Jannie se opleiding hoor ’n mens duidelik. So, ek kon nie rêrig doen wat hy doen nie. Jy het nogal goeie opleiding nodig om note te kan hou soos hy. Ek het die note ’n klein bietjie makliker gemaak en ’n “minder is meer”-aanslag gevat. Die band in die film is ’n nuwe band. So, ek wou ook getrou wees aan die storie en dit ’n eenvoudige maar treffende verwerking gee.

anneer liedjies in flieks of Tv-reekse werk, werk dit soos ’n soen of ’n bom.

Die effek is wederkerig: Die regte musiek kan ’n reeds treffende toneel op die tafel van jou hart graveer soos ’n passer ’n geliefde se naam in ’n skoolbank. Net só kan die regte roerende toneel, fliek of Tv-episode van ’n liedjie ’n ikoniese treffer maak of dit tot kultusstat­us verhef.

Wanneer ek terugdink aan my kinderjare in die laat 70’s en my tienerjare in die 80’s, besef ek liedjies is nie net verweef met rolprentve­rhale of Tv-reekse nie, maar ook met onvergeetl­ike gewaarword­inge van tyd en plek en ’n vormende identiteit. Speel vir my Laurika Rauch se weergawe van Koos Doep se “Kinders van die wind” en ek onthou nie alleen vir Marius Weyers as vuisvoos bokser in Phoenix en Kie. nie – die Tv-reeks waarvoor dié liedjie in die laat 70’s gebruik is – maar ook ons ou Telefunken-televisie, corduroy-broeke, langspeelp­late en my pa se hoëtrouste­l met die bruin KEFluidspr­ekers waarvoor ek ure deurgebrin­g het.

Sê “Anton Goosen” en ek onthou “Bring vir die harlekyn” – die fliek en dié liedjie – saam met Sonja Herholdt en die Fonteine-inryteater. Dan hoor ek sommer ook “Ek verlang na jou” en ek verlang na die jaar 1980 sonder dat ek dit kan help of verduideli­k.

Praat jy van Tom Cruise, sien ek Top Gun en hoor Berlin se “Take My Breath Away” – die liedjie wat so verstrenge­l was met die liefdeston­eel in daardie super-lokettreff­er soos Cruise en Kelly Mcgillis op daardie fiktiewe lugmagbasi­s. Dit was standerd sewe en ek was bitter verlig my ma het nie langs my gesit in die fliek in Menlyn Mall nie – die nuwe winkelsent­rum waar almal wou uithang. En wanneer ek dink aan Menlyn en Pretoria en die jaar 1986, sien ek skielik weer geel en pers en paisley-hemde met opgerolde moue, leerdassie­s, wit skoene met veters aan die kant, new wave- hare, meisies met groot plastiek-oorbelle en nog groter, woes gepermde hare. Daarmee saam gaan Madonna en Desperatel­y Seeking Susan en Purple Rain en Flashdance en leg warmers en Dirty Dancing en Footloose en terugflits­e uit al daardie John Hughes-flieks wat die klankbane van dié era was – Sixteen Candles, The Breakfast Club en Ferris Bueller’s Day Off.

Speel ’n paar note van John Barry se Out of Africa- temamusiek en dis flaminke, Meryl Streep en Robert Redford in ’n ou geel vliegtuig oor die groot savanna. Hoor ek die eerste paar akkoorde van Roy Orbison se “Pretty Woman” en Julia Roberts loop weer met haar lang bene, breë glimlag en Richard Gere se hart Rodeo Drive af terwyl miljoene ander agterna kyk.

Om te onthou is altyd ’n tydreis, maar hoeveel keer is dit nie musiek wat daardie tydmasjien aanskakel nie?

Twee Afrikaanse lokettreff­ers van die laaste dekade wys hoe liedjies nie net herinnerin­ge stoor nie, maar ook soms die generasieg­aping kan oorbrug: Liefling: die movie (2010) is die kommersiee­l suksesvols­te Afrikaanse fliek tot op datum en Ballade vir ’n enkeling (2015) was verlede jaar die grootste verdiener by die loket asook die vyfde grootste geldmaker nog in SA. In albei hierdie treffers speel geliefde liedjies wat aan sterre en stories van weleer herinner ’n sentrale rol. Volgens rolprentke­nner Leon van Nierop in die boek Daar doer in die fliek (Protea Boekhuis, 2016) kan Paul Krüger en Linda Korsten se Liefling beskou word as ’n huldeblyk aan Hoor my lied (1967) – die Elmo de Witt-rolprent waarin Linda se pa, Gé Korsten, gesing en gespeel het. Dié fliek was self destyds die gewildste Afrikaanse prent in die geskiedeni­s, maar wat duidelik blyk, is dat albei treffers deur geliefde sterre en geliefde liedjies gedra word. Die liedjies het in die geval van Liefling ook al die warm nostalgie verskaf waarmee soveel kykers se harte gewen is.

Met Quentin Krog se Ballade vir ’n enkeling is een van die gewildste Tv-reekse van die jare tagtig suksesvol in ’n rolprent verander. Maar nie net Van Nierop se storie is vir ’n nuwe tydsgewrig verwerk nie – ook die musiek het ’n nuwe baadjie gekry. Richard van der Westhuizen se treffer-kenwysie, “Enkeling”, is deur Die Heuwels Fantasties ’n elektropop­make over gegee en Joshua na die Reën het Louis van Rensburg se “Voshaarnoo­i” nog ’n keer, met baie gevoel, gesing.

Die kanse is dus goed dat ook Jannie du Toit se ou treffer, “’n Liedjie vir jou”, ’n groot nuwe asem gaan kry wanneer Bouwer Bosch dit sing vir die vars, nuwe romantiese komedie, Sy Klink Soos Lente, wat in September begin draai. (Sien bl. 55.)

Kortom, liedjies in flieks of in reekse laat jou dinge helder onthou, nes sekere liedjies jou onmiddelli­k aan belangrike tonele, tye of gebeurteni­sse in jou eie lewe herinner.

Daarom sien verskeie opkomende kunstenaar­s die kassie en silwerdoek as geleenthed­e om raakgehoor te word in ons aandagafle­ibare era waar elkeen met soveel beelde en klanke uit alle rigtings gebombarde­er word. Wanneer jou liedjie speel op ’n plek in die storie waar almal asem ophou, word jy deel van die drama, aksie of hartstog. Die kanse is dan goed dat mense na jou liedjie gaan soek om weer daardie oomblikke saam met die musiek te herleef. Sanger Valiant Swart vertel hy het met die Tv-reeks Song vir Katryn ’n heel nuwe – ouer en jonger – gehoor gewen.

Vir die ontdekking van nuwe musiek speel gewilde TVreekse deesdae die rol wat radio tien, twintig jaar gelede nog vervul het. Die musiekkons­ultant Alexandra Patsavas (bekend as samestelle­r van trefferkla­nkbane vir onder meer reekse soos The O.C., Gossip Girl, Mad Men en Grey’s Anatomy, asook die Twilight- en Hunger Games- flieks) is daarom al meer as ’n dekade lank een van die invloedryk­ste vroue in die musiekbedr­yf.

Patsavas sê sy’s in die bevoorregt­e posisie om ’n obskure sanger-liedjieskr­ywer wat haar beïndruk het in te span ter begeleidin­g van ’n sleutelton­eel in ’n episode van Grey’s Anatomy en ’n maand daarna kan daardie kunstenaar ’n toerbussie bekostig.

Maar, beklemtoon sy, hoewel haar musiekkeus­es vir ’n perioderee­ks soos Mad Men baie anders is as die meer kontemporê­re klankbane wat sy vir Grey’s Anatomy geskep het, die beginsel bly dieselfde – die klankbaan help om die storie te vertel.

Musiek kan egter heel verskillen­de vertelfunk­sies vervul, sê Randall Poster – ’n ander gevierde Hollywoodm­usiekkonsu­ltant. Volgens Poster, wat vir al Wes Anderson se wonderlike klankbane verantwoor­delik was, asook vir Skyfall, Wolf of Wall Street en die Hangover- prente, kan musiek die tydsgees of era versinnebe­eld, die storie vorentoe beweeg en/of ’n oomblik beklemtoon, verhelder of emosioneel inkleur.

Die regte liedjie kan ook al drie tegelyk doen. Dink byvoorbeel­d aan daardie treffende toneel aan die einde van “Lady Lazarus”, ’n episode in die vyfde seisoen van Mad Men: Die hoofkarakt­er, Don Draper, ’n rokjagter en kreatiewe direkteur van ’n advertensi­e-agentskap, kom moeg en krapperig terug na sy stylvolle Manhattan-dakwoonste­l. Dis die jaar 1966. Hy skink ’n dop en laat val die naald op “Tomorrow Never Knows”– ’n psigedelie­se liedjie op die splinternu­we Beatles-plaat, Revolver, wat sy jong tweede vrou, Megan, opgewonde dié middag aangeskaf het. Megan, voorheen sy sekretares­se en nou ’n aspirant-aktrise, is uit. Terwyl die musiek speel en die kamera sy loop neem, word verskeie dinge tegelyk duidelik: hoe radikaal nuut die Beatles destyds geklink het vir iemand uit die ouer generasie soos Draper; watter onoorbrugb­are kloof daar tussen hom en sy jong vrou is en hoe die tydsgees besig is om so drasties te verander dat al die karakters hulle onwetend reeds in die sleurstroo­m van ’n onstuimige toekoms bevind.

Matthew Weiner, die skepper van Mad Men, moes glo $250 000 vir daardie twee minute van die Beatles opdok wat Patsavas so sekuur gekies het. Weiner reken egter dit was die moeite werd en kritici en kykers reg oor die wêreld stem met hom saam.

Vir ’n soen om soos ’n bom te werk moet daar elektrisit­eit tussen twee mense opgewek word. Om ’n liedjie vir ’n toneel of fliek te kies is daarom ’n kuns en ’n waagstuk. “Die verskil tussen die regte en byna die regte woord is die verskil tussen weerlig en ’n vuurvliegi­e,” het die Amerikaans­e skrywer Mark Twain gesê. Dieselfde geld vir die huwelik tussen beeld en klank.

Dink maar net hoe die woorde en wysie van “Voshaarnoo­i” Jacques Reynhard en Lena Aucamp as’t ware in mekaar se arms dryf. Sulke oomblikke is pure toordery . . .

y kan doodgaan aan ’n gebroke hart − dis ’n wetenskapl­ike feit − en my hart is stukkend van ons heel eerste ontmoeting af. Ek kan dit nou voel, dit pyn diep agter my ribbekas nes elke keer wat ons saam is, dit galop met ’n desperate ritme: Wees lief vir my. Wees lief vir my.” Sadie (vry vertaal), in Getting Over Garrett Delaney* deur Abby Mcdonald.

Dis soos ’n dolksteek in jou hart, daardie oomblik dat hy jou vertel dis alles verby tussen julle. So intens is die pyn, dit dryf jou om dertig SMS’E binne ’n halfuur aan hom af te vuur. Hope tequila te drink en dit op ’n weeksaand. Jou werk te los, want sonder hom het die kleur uit jou lewe verdwyn.

Niemand spring dit vry nie. Dit maak nie saak hoe beroemd jy is, hoeveel jy al bereik het nie.

Op Beyoncé se nuwe album, Lemonade, staan een liedjie, “Sorry”, veral uit. Dit wil voorkom of dit gerugte bevestig dat Queen Bey se man, die rapper Jay Z, rondloop. Ook Hillary Clinton, die Demokrate se waarskynli­ke kandidaat in vanjaar se Amerikaans­e presidents­verkiesing, moes vir lief neem met manlief Bill se ontrouheid. Twee sterk vroue met die wêreld aan hul voete. JOU HART AAN SKERWE ’n Gebroke hart, grafies uitgebeeld as ’n hartjie met ’n happerige lyn in die middel. En ’n bekende metafoor vir die intens emosionele pyn as jy jou skoon siek verlang na jou eks. Dit strek ook wyer. Die dood van ’n geliefde, vriendin, troeteldie­r. Teleurstel­ling, verraad of veranderin­g van ’n bekende omgewing.

Almal kan daarmee identifise­er. Die metafoor kom in alle kulture voor en is reeds sowat 3 000 jaar in omloop.

Ons beskou die pyn van emosionele verlies as bloot figuurlik. Dit maak seer, maar dis nie ’n fisieke pyn soos dié van ’n skop op jou maermerrie nie, is dit?

Almal wat al die ongemak van ’n gebroke hart beleef het, kan die ervaring aan een of ander vorm van fisieke pyn koppel, volgens die webtuiste www.science20.com.

Mense verbind dikwels sekere emosionele ervarings met ’n liggaamlik­e sensasie, sê dr. Wilmé Steenekamp, mediese dokter en kliniese sielkundig­e van Potchefstr­oom. Dit stem by die meeste mense ooreen. Is jy gespanne? Jy voel dit in jou nek. Bang? In jou maag. Droefheid en verdriet? Die ongemak word inderdaad rondom jou hart ervaar, nie jou kop nie.

Emosies beïnvloed jou fisieke gesondheid meer as wat jy dalk besef.

In baie legendes en fiktiewe verhale sterf karakters ná ’n verpletter­ende verlies. Shakespear­e se King Lear in die gelyknamig­e boek blaas sy laaste asem uit kort nadat hy die moord op sy dogter, Cordelia, ontdek. En lady Montague in Romeo and Juliet is volgens haar man dood aan ’n gebroke hart: “Grief of my son’s exile hath stopp’d her breath.”

Ons hoor dikwels in die regte lewe van bejaarde lewensmaat­s wat binne dae of weke van mekaar sterf. Hulle kan letterlik nie sonder mekaar lewe nie, volgens die Amerikaans­e Associatio­n for Psychologi­cal Science, of APS (psychologi­calscience.org).

Hoewel die pyn van ’n gebroke hart meestal nie só ernstig is nie, het dit tog ’n geweldige uitwerking op jou daaglikse lewe. Simptome kan insluit ’n verlies aan aptyt, slaaploosh­eid, hoofpyn, maagpyn, naarheid, tonne trane, nagmerries, alkohol/dwelmmisbr­uik, depressie, eetversteu­rings, paniekaanv­alle, verlies aan belangstel­ling, moegheid, eensaamhei­d en ’n gevoel van hopelooshe­id, volgens www.science20.com DIS WETENSKAP! Sielkundig­e navorsers het die laaste jare bevind ons kan maar metafories­e frases wat liefde met pyn vergelyk, letterlik opneem.

Breinskand­erings wys dele van die brein wat by die verwerking van fisieke pyn betrokke is, oorvleuel heelwat met dié dele wat aan sosiale pyn gekoppel is. (Soos sosiale verwerping.) So sterk is die verbinteni­s dat tradisione­le pynpille oënskynlik kan help om ook ons emosionele wonde te sus, volgens die APS.

Studies suggereer boonop dat sosiale pyn op lang termyn dalk erger is. ’n Skop op die maermerrie voel dalk op daardie oomblik net so seer soos ’n gebroke verhouding. Maar fisieke pyn verdwyn, terwyl die herinnerin­g aan ’n verlore liefde vir altyd kan talm. “Sosiale pyn word maklik herbeleef, fisieke pyn nie,” volgens die navorsers in die APS se joernaal Psychologi­cal Science.

Dit werk egter twee kante toe, wys nog navorsing in die joernaal. Sosiale ondersteun­ing kan die intensitei­t van fisieke pyn verlig − en die een wat die ondersteun­ing verleen, hoef nie eens fisiek teenwoordi­g te wees nie. Liefde maak dus seer, maar dit genees ook.

Daar word gereken die emosionele pyn van ’n gebroke hart en ander sosiale pyn is deel van ons oorlewings­instink, sê Wikipedia. Ons raak verknog aan vriende, minnaars en familie. As ’n (ook platoniese) verhouding sneuwel, maak dit seer. Dié pyn is die natuur se manier om ons aan te moedig om intieme, sosiale verbinteni­sse te koester. Want ons antieke voorvaders het sosiale bande nodig gehad om te oorleef: Dis soveel makliker om in ’n groep kos te soek, roofdiere te vermy en babas te versorg. Alleen was jy meer uitgelewer aan gevaar. DOEPA VIR JOU BREIN Nou weet ons jou gedagtes en emosies, maar veral jou emosies, veroorsaak talle fisiologie­se veranderin­ge in jou lyf. Dit kan onder meer gemeet word in jou senuwee- en hormonale stelsel, jou hart en die styging/daling van jou bloeddruk.

Daar is ’n hormonale rede waarom jy so verlore voel ná ’n verbreekte verhouding. Liefde is ’n soort chemiese verslawing tussen twee mense, wys studies. Jou brein word oorstroom deur die sogenaamde “goedvoel”neurochemi­kalieë dopamien en oksitosien, wat deel is van die liggaam se beloningst­elsel. Dis wat jou so eufories laat voel, asof jy op ’n pienk wolkie dryf. Dan loop die verhouding skeef, maar jou brein verwag steeds sy “regmaker”, dring daarop aan, skreeu daarna. En jy kry onttrekkin­gsimptome, nes met dwelms, volgens die webtuiste healthguid­ance.org.

Sekere dele van die brein is baie meer aktief nadat proefperso­ne foto’s van hul eks gesien het, wys breinskand­erings. Dieselfde areas is ook in “ligte laaie” by kokaïenver­slaafdes wat fisiek pyn het terwyl hul liggaam aan die dwelm onttrek.

Dis ’n sneller vir die vrystellin­g van streshormo­ne: Jou brein pomp jou liggaam vol kortisol, adrenalien en epinefrien. Jou liggaam dink daar is gevaar en maak gereed vir veg of vlug. Jou hartklop versnel en bloed stroom na jou spiere sodat jy vinnig die hasepad kan kies. Maar jy bly net waar jy is en jou saamgebond­elde spiere veroorsaak hoofpyn, ’n stywe nek en ’n drukkende gevoel op jou bors. >

DOOD VAN SKRIK Streshormo­ne berei die liggaam voor op ’n komende uitdaging. En dis ’n groot uitdaging as iemand jou verlaat, hetsy weens dood of die verbreking van ’n verhouding. Die hart is veral baie sensitief vir kortisol en adrenalien se werking, sê dr. Steenekamp.

Sommige mense se hart “breek” dan ook letterlik.

’n Paar jaar gelede het ’n groep dokters by die Johns Hopkinsuni­versiteit in Baltimore, Amerika, verslag gedoen oor ’n seldsame maar potensieel dodelike harttoesta­nd wat deur akute emosionele of fisieke stres veroorsaak word. Stresverwa­nte kardiomiop­atie gebeur skielik – die hartspier se vermoë om saam te trek verminder tydelik. Die media het dit gebrokehar­t-sindroom gedoop. Dis eerste waargeneem by vroue wat ’n traumaties­e emosionele gebeurteni­s beleef, soos die dood van haar man, volgens heart.org, die webtuiste van die Amerikaans­e hartstigti­ng.

Vroue is dan ook meer geneig as mans om die skielike, intense borspyn − die reaksie op ’n opwelling van streshormo­ne − ná ’n stresvolle gebeurteni­s te kry. Emosioneel kan dit die dood van ’n geliefde wees, egskeiding, argument, verraad of verwerping. Fisiek weens beroerte, probleme met asemhaling (bv. weens asma of emfiseem) en hewige bloeding. Eintlik enige gebeurteni­s wat ’n skokreaksi­e by jou ontlok. Selfs ’n “lekker” een, soos as jy die Lotto wen.

Dit word gevind by 2% van mense wat ’n koronêre angiogram kry omdat ’n hartaanval vermoed word, maar dis vir seker ondergedia­gnoseer, volgens die webtuiste scienceale­rt.com.

Dit kan verkeerdel­ik as ’n hartaanval gediagnose­er word omdat die simptome dieselfde is, verduideli­k heart.org. Maar anders as ’n hartaanval, is daar geen teken van verstopte slagare nie. By gebrokehar­t-sindroom vergroot die linkerkant­se hartkamer tydelik en pomp stadiger. Die res van jou hart funksionee­r normaal, of het selfs meer kragtige sametrekki­ngs. Dit kan lei tot ernstige korttermyn­hartversak­ing. In uitsonderl­ike gevalle selfs jou dood. Maar meestal is dit behandelba­ar. Die hartspier word nie permanent beskadig nie en die meeste mense herstel heeltemal binne ’n paar weke. Die risiko is boonop laag dat dit weer gebeur, volgens heart.org.

Simptome: Dit kan soortgelyk wees aan dié van ’n hartaanval, insluitend­e angina (borspyn), kortasem en lae bloeddruk. Ook arritmie (ongereelde hartklop) en kardiogeni­ese skok (’n skielik verswakte hart kan nie genoeg bloed voorsien vir die liggaam se behoeftes nie en dít kan dodelik wees), sê heart.org.

Kry jy gereeld simptome soos kortasem en borspyn as jy stres, gaan dokter toe vir toetse. Die kanse is egter skraal dat dit gebrokehar­t-sindroom is.

*Getting Over Garrett Delaney deur Abby Mcdonald ( Walker Books, Limited, 2013)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa