Sarie

VYTJIE MENTOR,

Tromslaner­s in die nuus

- Jozua Malherbe, regisseur van

voormalige senior ANC-LP, het vroeër vanjaar op Facebook bekend gemaak die omstrede Gupta-gesin het haar ’n pos as minister aangebied.

< lank reeds gevestig is dat jy maar daai trom kan moker. Daar waar hulle veronderst­el is om dekades lank al deur wetgewing beskerm te word.

Plaaslik is sulke wetgewing nog maar in sy kinderskoe­ne (sien kassie regs). Wetlike beskerming is ook net deel van die prentjie, sê prof. Uys. Kulturele veranderin­ge en steun van maatskappy­e se topbestuur moet hand aan hand daarmee gaan. ’n Werknemer se besluit word onvermydel­ik deur sy kulturele omgewing beïnvloed. Dit sluit verdeelde lojaliteit­e en ’n vrees vir vergelding in. ’n Toe mond is immers ’n heel mond. Baie Suid-afrikaners weet nie eens wat dit is nie. Tog was dit ’n reeks tromslaner­s, voormalige ANC-LP Vytjie Mentor en Kie, wat pres. Jacob Zuma in sy huidige netelige posisie laat beland het, sê Jozua Malherbe, Fluiters se regisseur, wat die storie saam met Deon Opperman ontwikkel het. Daar is by hom geen twyfel nie dat tromslaner­s helde is. Hulle wys dinge uit wat niemand durf sê nie.

Maar volgens prof. Uys moet ons onderskei tussen tromslaner­s aan die een kant en “informante” of “klikbekke”. Die informant verskaf inligting oor iemand/ ’n organisasi­e aan ’n staatsagen­tskap, gewoonlik die polisie, weermag of geheime diens. Tromslaner­s probeer misbruik van mag aan bande lê; informante is die (soms onwillige) lakeie van die magtiges. DIE LEEU SE SNORBAARD TREK Die tromslaner is meestal ’n gewone werknemer, nie juis hoog op die korporatie­we leer nie. Chelsea Manning, die soldaat wat duisende lêers van onder meer die Amerikaans­e Weermag na Wikileaks gelek het, het nie ’n hoë rang gehad nie. Soms is dit wel ’n hooggeplaa­ste amptenaar. Mark Felt, “Deep Throat” van die Amerikaans­e Watergate-skandaal, was adjunk-direkteur van die FBI. Sy naam is dekades later bekend gemaak.

As die fluitjiebl­aser eers besluit het om geheime te lek, kan sy lewe nie dieselfde bly nie. Sy werk, sekuriteit en familie is op die spel, meen die webtuiste www. capechamel­eon.co.za.

Want soos baie van die “fluiters” se persoonlik­e verhale getuig, is daar groot maatskappy­e (en regerings) wat vir niks sal stuit om te keer dat hul geheime in die kollig beland nie.

Snowden onthou in Luke Harding se boek, The Snowden Files: The Inside Story of the World’s Most Wanted Man ( Vintage Books, 2014): “My grootste vrees is dat hulle my familie, my vriende, my lewensmaat skade gaan berokken. Dit hou my snags wakker.”

Ook in Suid-afrika is die benarde

Fluiters

toestand van tromslaner­s van groeiende belang, met hul sosiale, ekonomiese en fisieke veiligheid in gevaar, volgens die Open Democracy Advice Centre (ODAC) se webtuiste (www. opendemocr­acy.org.za).

Patricia de Lille glo die feit dat sy die inligting aan die pers gelek en die ganse wêreld dus daarvan geweet het, het háár lewe gered. “Twee jaar van doodsdreig­emente, agtervolgi­ng en belediging­s,” onthou sy die nasleep van haar onthulling­s. “Maar ek het my man gestaan en op deursigtig­heid vertrou om my te beskerm.”

Wat motiveer iemand dus om alles te waag en toksiese, geheime inligting te lek? Tromslaner­s wil ’n onreg uitlig sodat die demokratie­se gemeenskap dit verder kan voer. Hulle is altruïste wie se gewete hulle te veel pla, hulle moet praat, sê Jozua. Al is dit dalk ten koste van hul lewe en die veiligheid van hul geliefdes.

Natuurlik is nie alle fluitjiebl­asers se motiewe edel nie. Soms word hulle deur egosentrie­se motiewe gedryf, soos wraak, leedvermaa­k en geldelike voordeel. In Amerika kan jy geldelik beloon word, na gelang van hoeveel geld van die bedrogspul teruggekry word. Jozua reken egter die risiko is te groot, die prys te hoog om bloot geldgedrew­e te wees.

< Nee, selfsug is selde ’n motief. So iemand wil die euwel, die onreg teen die demokratie­se gemeenskap uitwys. Die wêreld ’n beter plek maak, reken hy.

Fluitjiebl­asers het gewoonlik spesifieke karakterei­enskappe, beaam prof. Uys: Sterk morele en etiese beginsels, persoonlik­e integritei­t en hulle kan eenvoudig nie met die ongerymdhe­de saamleef nie. Hulle is waarskynli­k ook bekwaam, profession­eel, ’n perfeksion­is en ’n gerespekte­erde werknemer. Maar ook naïef-idealistie­s. Daarom glo hulle die maatskappy gaan hul onthulling­s verwelkom en vinnig en toepaslike stappe doen. EN DIE MODDER SPAT . . . Maar moet tog net nie ’n goedkeuren­de kloppie op die skouer verwag nie. Doen dit omdat jy in jou hart weet dis die regte ding, wetende dat jou loopbaan, jou lewe, ’n onverwagte koers gaan inslaan. Cecilia Sililo-tshishonga weet waarvan sy praat. Haar man, Mike, is in 2003 onregverdi­g uit ’n hoë pos in die departemen­t van justisie geskors, nadat hy beweerde korrupsie daar aan die kaak gestel het.

Nadat hy dit twee jaar in die arbeidshof beveg het, is die saak buite die hof geskik.

Vir Cecilia was daar egter geen beskerming teen diskrimina­sie in die werkplek nie. Ook sy het haar werk verloor, in die kantoor van ’n ander ministerie waarvan sy die naam weerhou. Want as haar man so iets kon doen, wie kan haar vertrou? het sy aan die organisasi­e Corruption Watch (www.corruption­watch.org.za) vertel.

Ten spyte van sogenaamde wetlike beskerming is vergelding dus steeds ’n groot probleem. In 2010 het adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, by ’n kongres gesê as jy besluit om die trom te slaan, gaan die wet jou nie behoorlik beskerm nie. Dis steeds so, beskerming onder plaaslike wetgewing is relatief

Patricia de Lille oor ontberinge ná sy die wapenskand­aal oopgevlek het

beperk, bevestig prof. Uys. (Sien kassie op bl. 64.)

Daar is boonop subtiele maniere om jou by te kom. Jy kan byvoorbeel­d nie beskerm word teen jou kollegas se optrede as hulle jou uit die trop stoot nie. En soms is dit nie eens subtiel nie. vakbondman Moss Phakoe in 2009 vermoor toe hy beweerde korrupsie in dié munisipali­teit openbaar wou maak.

Jy sou dink organisasi­es sou ’n klimaat wou skep waar die oopvlek van korrupsie positief bejeën word, sê prof. Uys. Maar in die algemeen, veral as daar sistemiese korrupsie in die maatskappy is, kan jy netsowel jou goed vat en loop. Jy word nie meer vertrou nie. LOOI DIE BOODSKAPPE­R Die onmiddelli­ke reaksie is dan ook om die boodskappe­r by te kom. Soos Snowden. Daar is nie gefokus op wat hy bekend maak, of dit geregverdi­g was nie. Eerder of die regte kanale gevolg is. Watter soort mens is hy? Soms word leuens selfs gebruik om die tromslaner te looi, sê prof. Uys.

Die “fluiter” is ’n gewone ou, dikwels sonder mag, berig capechamel­eon.co.za. Hy sien dinge wat aan sy gewete torring. Blaker dit uit omdat hy glo aan ’n demokrasie, die mag van die gewone burger. Soos Daniel Ellsberg, nog ’n beroemde Amerikaans­e tromslaner, sê: “Die les van die Pentagon Papers (sien kassie links en op bl. 63) en Snowden se uitlek van inligting, is eenvoudig. Geheimhoud­ing lei tot ’n knoeiery, nes mag.”

En: “Boosheid sal altyd wen as goeie mense niks daaraan doen nie,” verklaar Nikki September (Kim Syster) in Fluiters.

SLAAN TROM HIER

https://afrileaks.org Open Democracy Advice Centre (ODAC) Tolvry 0800 525 352 Selfoon 060 643 4355 E-pos helpline@odac.org.za www.opendemocr­acy.org.za

Deloitte Tip-offs Anonymous Tolvry 0800 847 633 www.tip-offs.com

Corruption Watch Tolvrye 0800 023 456 Whatsapp 072 013 5569 www.corruption­watch.org.za

BYKOMENDE BRONNE

www.corruption­watch.org.za, www.cheatsheet.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa