Sarie

TE PUKE, NIEU-SEELAND

Die eenvoudige manier van leef in Nieu-seeland is vir Mitsi Weyers en haar gesin baie bevrydend

- DEUR PHYLLIS GREEN

Waar woon jy en waarom?

Kia Ora! (Hallo in Maori.) Ons woon in Te Puke, Plentybaai, Nieu-seeland. Dis aan die bokant van die Noord-eiland. Mario, my man, het ’n werksaanbo­d hier gekry, en in Maart 2014 het ons saam met ons seuns, Reinhardt en Stefan, toe onderskeid­elik 18 en 16, van Secunda hierheen verhuis. Mario is predikant by die Presbiteri­aanse kerk St. Andrews en ek werk by ’n ouetehuis. Reinhardt het IT studeer en werk nou. Ons jongste studeer tans meganiese ingenieurs­wese by Bay of Plenty Polytechni­c in Tauranga.

Was dit ’n moeilike besluit om Suid-afrika te verlaat?

Aan die een kant was ons ongeloofli­k opgewonde oor die nuwe avontuur wat oor ons pad gekom het, maar aan die ander kant was dit baie moeilik om ons familie en vriende agter te laat, veral ons ouers. Ons is die enigste van ons families wat in Nieu-seeland bly.

Was dit vir julle maklik om weer in te skakel by ’n nuwe gemeenskap en om nuwe vriende te maak?

In die begin was alles nuut en opwindend. Die kerk is ’n veilige ruimte en ons is met baie liefde ontvang en almal het gehelp waar hulle kon. Vir die eerste jaar het dit eintlik gevoel asof ons toeriste is. Met soveel mede-suid-afrikaners hier het dit natuurlik gehelp as die verlange te groot raak na die bekende en familie.

Ons het vinnig Kiwi- en Suid-afrikaanse vriende gemaak. Tog moes ons ook ons grense verskuif en uitreik na mense en

WEN BOEKE & EMILY-WYN

10 lesers kan elk die boek Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier (Tafelberg, R320; sien bl. 132) en ’n bottel Emilygeden­kwyn van die wynlandgoe­d Longridge (sien bl. 111) wen. Besoek SARIE.COM/ wedstryde om te wen of SMS die sleutelwoo­rd EMILY (sonder leestekens), jou naam, van en telefoonno­mmer na die nommer 35409. (SMS’E kos R1,50.) Sluitingsd­atum: 31 Augustus 2016

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa