Sarie

Dooirn joku MODE

Die modewêreld is vol inspirasie. Maar dit laat die aarde ook steier. Al gewonder oor jou katoenbloe­s en jeans? Oor die spore wat dit nalaat voor dit in jou klerekas beland? Michélle van Breda het Parys saam met H&M besoek en besef ons móét anders oor mod

- * Lees ook bl. 73 Fabrieke wat H&Mprodukte maak,

Mode.Immer ’n glansgedag­te en altyd ’n mondvol. Kies maar jou paswoord: styl, inspirasie, nostalgie, mooi, opwinding, persoonlik­heid, pret. Jy trek aan soos jy voel, omtower jou voorkoms en sit wip in jou stap. Dit sê iets van jou geaardheid en jóú boodskap aan die wêreld.

Dit laat die wêreld spin, letterlik, want die modebedryf verskaf van oos tot wes, noord tot suid werk aan miljoene mense. Klere en tekstiele word teen ’n spoed vervaardig om ’n ál groter drang na fast fashion te bevredig. In vandag, uit môre. ’n Industrie wat, volgens die Wêreldbank, een van die belangriks­te rolspelers in die verligting van armoede in ontwikkele­nde lande is. Juis in Vrouemaand is dit goed om te weet dit gee veral ’n toekoms vir honderddui­sende vroue. Volgens Women Working Worldwide maak vroue tot driekwart van dié arbeidsekt­or uit. ’n Goeie storie om te vertel. Maar, daar’s ook ’n ander storie: Naas olie is die klerebedry­f die grootste besoedelaa­r op die planeet. Volgens die webtuiste Ecowatch het die Amerikaans­e entreprene­ur en ontwerper, Eileen Fisher, die wêreld onlangs aan dié skokfeit herinner toe sy haar prys vir haar rol in die bewaring van die omgewing ontvang het (http://ecowatch.com). In ons gedagtes is die groot sondaars die myne en steenkoolk­ragstasies. Wie sou kon dink ons jeans en wit hemp kan ook skuldig wees? Kyk na dié enkele feite:

Katoen vir ’n enkele denimbroek benodig sowat 8 500 liter water om te groei, sê die Wêreldnatu­urfonds ( WWF). Volgens Greenpeace (www.greenpeace.org) word die Citarum-rivier in Indonesië beskou as een van die mees besoedelde op aarde, weens honderde tekstielfa­brieke op sy oewer wat chemikalie­ë in die water stort – tot nadeel van miljoene mense en diere. Ons eie koopgierig­heid help ook nie: die internasio­nale klerewinke­lgroep H&M se klereinsam­eling-projek het net verlede jaar 12 000 ton weggooi-items bymekaarge­maak – genoeg vesel vir 60 miljoen T-hemde. Klere wat op die ashoop sou beland het.

Kortom, die gesig van mode is blink, maar daaragter skuil ’n somber werklikhei­d. Die aarde wankel onder die impak van die bedryf. Dit is net té afhanklik van ons kosbare natuurlike hulpbronne. Hoe klere en tekstiele vervaardig word en hoe ons oor mode dink en dit verbruik (koop en weggooi), móét verander. Só sê Karl-johan Persson, uitvoerend­e hoof van H&M, in ’n onderhoud op hul webtuiste www.hm.com. Hierby voeg kreatiewe raadgewer Ann-sofie Johansson: “Die modebedryf móét meer verantwoor­delik raak. Ons álmal, ook kopers, moet meer bewuste besluite neem.”

Duidelik moet die reëls van die modespel verander; het die bedryf toegewyde agente van veranderin­g nodig. Vir H&M is volhoubare mode op ’n reuse-skaal die toekoms, dalk al toekoms: ou klere wat nie sonder meer op die ashoop beland nie, maar herverbrui­k, herskep en herwin word; wetenskapl­ikes en innoveerde­rs wat saamwerk om bruikbare stowwe uit weggooigoe­d te skep; slimmer verbouing- en vervaardig­ingsmetode­s om minder water en chemikalie­ë te gebruik; beter werkomstan­dighede en ’n minimum-loon vir werkers in die bedryf, of dit in Ethiopië, Bangladesj of Kambodja is; meer deursigtig­heid en etiek in die bedryf en ’n beleid van onverdraag­saamheid teenoor korrupsie. Selfs hoe ek en jy vir ons klere sorg, maak ’n verskil. Met ander woorde, elke skakel in die voorsienin­gsketting moet volhoubaar wees. “Closing the loop”, waar uitgediend­e modeproduk­te opnuut die bron en inspirasie vir bekostigba­re nuwe gehaltemod­eitems word. Mode wat volsirkel kom tot die voordeel van al die rolspelers, ook van Moeder Aarde.

Vir H&M het dit onder meer gelei tot hul Conscious Collection: meer volhoubare klere wat ons met trots kan dra en wat ’n bydrae maak tot ’n beter modetoekom­s.

Katoen

is te kry in 40% van ons klere en is die natuurlike vesel met die grootste impak op miljoene mense se lewe – van die boere tot die wewers. Die plant is watergulsi­g en boere gebruik chemikalie­ë en insekdoder­s om hul oes te verbeter. H&M verkies organiese katoen, wat sonder chemikalie­ë verbou word. Hulle betaal meer daarvoor. Saam met herwinde katoen – van ingesameld­e klere wat tot vesel afgebreek en in nuwe stof geweef word – en Better Cotton maak dit 31% van hul katoenverb­ruik uit. Deur die Better Cotton-inisiatief word boere geleer om meer volhoubaar te boer. Teen 2015 is 1 miljoen boere al só gehelp. Oorbelle mooi soos marmer en gemaak van jou ou jeans! Die veerlig “stene”, Denimite, se skakering hang elke keer af van die kleur van die herwinde denim. ’n Suiwer organiese syserp, gespin van organiese moerbeibla­re deur sywurms. ’n Manjifieke jas van herwinde poliëster vervaardig uit plastiekbo­ttels en -sakke. In 2015 het H&M so 90 miljoen plastiekbo­ttels herwin wat op die ashoop sou beland het tot nadeel van die omgewing. neem wêreldwyd 1,6 miljoen mense in diens. 60% is vroue, dikwels die broodwinne­rs van hul families. Die maatskappy beywer hulle aktief vir beter lone en werkomstan­dighede.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa