Sarie

Daai waks waaroor almal praat!

Die een (stel hare) is nie nes die ander

-

HET JY GEWEET?

Dit is danksy sewe susters van Brasilië dat die Brasiliaan­se waks vandag wêreldwyd bekend is. Die J Sisters, soos hulle bekend staan omdat hul name almal met ’n J begin, het in die laat 80’s hul eie skoonheids­alon in Manhattan, New York, oopgemaak. Hulle het ’n paar jaar later, in 1994, besluit om ’n Brasiliaan­se waks (waartydens al jou skaamhare gewaks word of net ’n klein strokie hare oorgehou word) deel van hul aanbieding­s te maak. In Brasilië was dié waks toe reeds deel van die skoonheids­kultuur omdat vroue daar sulke klein bikini’s dra. Die New Yorkse vroue was dadelik mal oor die Brasiliaan­se waks en dit was gou gewild in die res van die wêreld.

Die meeste van die natuurlike (menslike) hare wat vir verlenging­s of pruike gebruik word, kom van Indië en China, en ’n beperkte hoeveelhei­d kom van lande soos Rusland en Kroasië, sê Candice. Sintetiese hare word ook soms gebruik. Na gelang van die gehalte van die hare, word dit in verskillen­de afdelings verdeel.

Dis die beste gehalte hare en jy kan dit kleur, met hittetoest­elle stileer en perm. Dié natuurlike hare is gesond en die kutikels (die buitenste deel van die hare wat soos skubbe lyk) lê almal in een rigting. Die hare is dus mooi glad. Jy kan dit vir 1 tot 2 jaar hergebruik.

Dit is ook 100% natuurlike hare, maar dié hare se kutikels staan regop. Om die hare glad te maak, word die kutikels gestroop en die hare in silikon gedoop (as die hare te grof is, koek dit maklik). Hierdie hare kan jy nie kleur, bleik of perm nie en dit hou van 4 tot 12 maande.

Dit is ’n kombinasie van natuurlike en sintetiese hare en is dus meer bekostigba­ar as bg. 2 soorte. Dit lyk egter minder natuurlik en

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa