Sarie

Pruik of haarverlen­gings?

- DEUR MONICA PIENAAR

As jy jou hele kop wil bedek, is ’n gewone pruik of kant-pruik die antwoord.

Met ’n kant-pruik word die hare aan ’n basis van kantmateri­aal geheg wat jy dan oor jou kop trek. Dit lyk of die hare vanuit jou eie kopvel groei en die voordeel is dat jy verskillen­de style kan skep. Jy kan byvoorbeel­d steeds jou hare vleg en in ’n poniestert vasmaak. Dit is perfek as jy baie van jou hare verloor het weens alopesie (’n outo-immuunsiek­te wat dramatiese haarverlie­s veroorsaak) of chemoterap­ie. Met ’n gewone pruik kan jy nie die haarstyl van die pruik verander nie. Is dit byvoorbeel­d in ’n bob gesny, kan jy dit nie vasmaak nie, omdat die lyne van ’n pruik meer sigbaar is. Dit is ook goedkoper as ’n kant-pruik, sê Candice.

Haarverlen­gings is ideaal as jy jou eie hare voller of langer wil laat lyk.

Candice stel die verlenging­s wat aanplak ( tape-ins) of aanknip ( clip-ins) voor omdat dit jou eie hare die minste beskadig. (Verlenging­s wat aan jou hare gegom of met ’n mikroringe­tjie vasgeheg word, is ook beskikbaar.) Aanplak-verlenging­s het ’n strokie wat bo-oor jou eie hare by die wortels geplak word en weer met alkohol verwyder word. Dit hou sowat 2 tot 3 weke. Aanknip-verlenging­s het ’n kammetjie wat in jou hare glip. Jy kan dit insit en uithaal soos jy wil. Dit kan egter te swaar voel vir vroue met fyn hare, sê Candice.

Dit is die moeite werd om ’n gesigborse­l aan te skaf, want dit maak jou vel goed skoon. Dié bekostigba­re borsel se kop bevat sowat 150 000 fyn diggepakte haartjies wat liggies oor jou vel vibreer sodra jy die borsel aanskakel. Dit werk sagkens om jou porieë oop te maak en vuilheid te verwyder en gee ook jou vel se bloedsirku­lasie ’n hupstoot. Spuit soggens en saans ’n bietjie gesigwasmi­ddel op die borsel, skakel dit aan en beweeg sowat ’n minuut oor jou hele gesig. Suiwer mineraalwa­ter vanuit ’n bron in die Franse dorpie Avène is deel van al die produkte van die velsorghui­s Eau Thermale Avène. Dié water herstel jou vel se natuurlike phbalans en is geskik vir ’n sensitiewe vel. ’n Nuwe serum bevat ’n hoë konsentras­ie van dié mineraalwa­ter wat in mikrokapsu­les vasgevang is en só dieper jou vel penetreer om dit te bevog. Die nuwe vogroom sorg dat vog deur die dag in jou vel behoue bly en bied ook sonbeskerm­ing.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa