Sarie

DÍS NOU LUUKS

-

Die Amerikaans­e ontwerper Tom Ford (foto regs) beskou sy reeks eksklusiew­e parfuums, Private Blend, as sy eie geur-laboratori­um. Sy oogmerk met elkeen van dié spesiale geure is om ’n oorspronkl­ike parfuum te skep wat nie deel uitmaak van die hoofstroom­tendense nie. “Dit is geskep vir die ware geur-connoisseu­r,” sê hy. Die nuutste toevoeging, Tom Ford Soleil Blanc (R2 325 vir 50 ml EDP), voer jou weg na ’n eiland waar dit heeljaar somer is, met note van klapper, sitrus en ilang-ilang. By uitsoektak­ke van Edgars en Stuttaford­s Wanneer ons aan die Franse modeontwer­per Yves Saint Laurent dink, onthou ons hom nie net vir sy invloed in die modewêreld nie, maar ook vir sy kenmerkend­e swartraamb­ril. Dis dus heel gepas dat hierdie klassieke vierkantig­e swartraams­onbril (vanaf R5 747) die perfekte ontwerp is om die 50ste verjaardag van prêtà-porter, oftewel dragereed-ontwerpers­klere, te vier. In 1966 was hy die eerste wat wegbeweeg het van die idee dat ontwerpers­klere net pasklaar in ’n ateljee gemaak word en het ontwerpers­klere begin ontwerp wat jy van die hanger kan koop. Versprei deur SDM Eyewear: 011 334 7020 of www.sdmeyewear.co.za Sowat die helfte van vroue wêreldwyd voel hul vel is sensitief, volgens navorsing wat die skoonheids­huis Chanel oor ’n tydperk van 16 jaar gedoen het. Jy val moontlik in dié groep as jou vel gereeld rooi is en styf en branderig voel. In Chanel La Solution 10 De Chanel (R1 330), ’n vogroom, word net 10 bestanddel­e gebruik om te verseker jou vel word so min as moontlik geïrriteer. Dit takel onder meer rooiheid en droogheid en kalmeer en beskerm jou vel teen buitefakto­re om verdere sensitiwit­eit te voorkom. In 1992 het die eerste Rolex Yacht-master deel geword van dié luukse-horlosiema­atskappy se ontwerpe. Dit was van 18 karaat goud en kenmerkend daarvan was sy groot uurmerkers en breër wysers wat dit maklik leesbaar maak in enige omstandigh­ede. Die Rolesor, ’n kombinasie van vlekvrye staal en goud, het in 1996 gevolg, en die Rolesium, van vlekvrye staal en platinum, in 1999. ’n Jaar later is die Yacht-master vir vroue ook bekend gestel. Vanjaar het die Rolesor ’n nuwe voorkoms gekry met die kombinasie van vlekvrye staal en 18 karaat roosgoud. Met sy sjokoladek­leurige wyserplaat is die Yacht-master 40 Everose Rolesor (prys op aanvraag) ’n vuurwarm toevoeging tot ’n luukse horlosieve­rsameling vir jou of hom. www.rolex.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa