Sarie

ONTMOET SUID-AMERIKA

Alle oë is nou op Rio. Dekor dans ’n kleursamba saam met die wêreld se vrolike karnaval-hoofstad en sy ryk reënwoude

-

KUNS VAN VLEG

Net soos ons, het Brasilië ook ’n ryk geskiedeni­s van mandjie-vlegwerk Mandjie teen muur, op boonste trap en die blou-en-oranje een op vloer (vanaf R270) is van Arabesque. Plant in glashouer (sien Woondinge, bl. 98). Bamboesman­djie (heel regs, R430) is van Patio Warehouse. Die mandjie met blou geometries­e patroon (R475) en pienk-en-wit mandjie (R225), die roomwit uitstal-leer (R3 395) en lang bankie (144 x 35 x 46 cm, R3 495) is van Loft Living. Die swart-en-strooikleu­r mat (R1 700) is van Mr Price Home.

VIER GOUD & GROEN

Skakerings van groen is die perfekte pasmaat vir metaalkleu­re. En as jy moeg is vir jou glas-blompotte, versier dit self met goud- of koperblad (sien vir stap-vir-stapaanwys­ings).

KIES KLEUR EN PATROON

Materiale uit Brasilië is kleurryk met ingewikkel­de patrone, dikwels geïnspiree­r deur hul woude en plantegroe­i, net soos lap uit eie bodem. Die digitaalge­drukte materiaal op die kunstenaar­sdoek (vanaf R250 – R400 p.m., BTW uitgesluit) is van Beyond Innovation Printing. Die twee tekstielst­owwe wat ver regs hang, is van Gary Neil Outdoor-materiale. Naasregs is die kleur Chartreuse uit die reeks African Safari (R487 p.m.) en die geblomde lap heel regs is Paradise (R1 291 p.m.), met palms, blare en ons eie strelitzia-blom as inspirasie. Dit is ewe geskik vir buite- en binnenshui­se gebruik. Die ander materiale is inheemse Afrika-patrone, op katoen gedruk, en by groot materiaalw­inkels te koop. Die groen fluweelkus­sing (R579) en onderste een (R1 099) is van Loft Living.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa