Sarie

Gesond vir jou hart! Volkoring-roerbrood

Wie kan nee sê vir tuisgebakt­e brood? Nou kan jy met ’n geruste hart eet as jy bak met Flora- margarien. Dit word gemaak van saadolies propvol omega 3 en 6-vette, wat help om jou cholestero­lvlak in toom te hou

- 2 klein brode www.florastron­gheart.co.za

Verhit oond tot 180 °C. Meng water, Flora Regular, sout, heuning, kaneel en eiers in ’n middelslag-mengbak. Voeg bakpoeier, bruinbrood­meel, volkoringm­eel, semels, hawermout en sade by. Meng tot beslag vorm. Spuit twee standaard-broodpanne van 21 x 11 cm met kleefweren­de kossproei. Verdeel deeg Waarvan word Flora gemaak?

PYNAPPEL-ENGRENADEL­LACAIPIRIN­HA

Kry die tradisione­le weergawe van dié Brasiliaan­se drankie in SARIE KOS Aug/sept, te koop vanaf 1 Augustus.

2 pynappels, geskil en in blokke gesny moes van 6 grenadella­s 200 g (250 ml) bruinsuike­r 200 ml water 150 ml wit rum sap van 6 lemmetjies gebreekte ys 1 liter sodawater

Plaas pynappel, grenadella­moes, bruinsuike­r en water in middelslag­pot. Bring tot kookpunt en kook 10 – 15 minute of tot pynappel pap is. Laat afkoel en verpulp in voedselver­werker tot gladde mengsel. Plaas in yskas tot yskoud. Roer rum en lemmetjies­ap by. Verdeel mengsel tussen glase van jou keuse saam met gebreekte ys. Vul op met sodawater en sit voor.

STEURGARNA­AL-ENKLAPPERS­LAAI

(bl. 104) Die geheim van die slaai is die avokadosou­s.

SOUS 125 ml kanola-olie 1 baie ryp avokado, geskil en in blokkies gesny sap en skil van 1 lemmetjie sout en varsgemaal­de swartpeper SLAAI 12 steurgarna­le, doppe verwyder en skoongemaa­k 1 hand vol gekapte koljander sap en skil van 1 suurlemoen 20 ml gerookte paprika 45 ml olyfolie sout en varsgemaal­de swartpeper 1 vars kokosneut, oopgebreek en vleis verwyder 100 g baba-spinasiebl­are Plaas olie, avokado, sap en skil van lemmetjie in voedselver­werker. Pols by hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. Hou sous eenkant. Meng garnale met koljander, sap en skil van suurlemoen en paprika. Verhit olie tot warm in braaipan en braai garnale tot goudbruin en gaar, sowat 5 – 8 minute. Geur goed met sout en peper. Gebruik skerp groenteski­ller en maak skaafsels van die klapper. Plaas saam met spinasie in slaaibak. Voeg garnale en slaaisous by. Meng deur en sit dadelik voor.

RAFELVARKR­OLLETJIES

(bl. 104) Die vleis maak jy oornag gaar en sit dit dan in broodrolle­tjies voor. Jy kan natuurlik jou eie rolletjies vars bak as jy tyd het.

60 ml olyfolie 1,25 kg ontbeende varkboud 2 uie, gekap 3 knoffelhui­sies, gekap 200 g tamatiepas­ta 1 x 400 g-blik tamaties 750 ml rooiwyn 45 ml gerookte paprika 1 hand vol origanum, gekap sout en varsgemaal­de swartpeper 6 broodrolle­tjies 2 tamaties, in skywe gesny

Verhit oond tot 110 °C. Verhit olyfolie in ’n middelslag­pot. Plaas varkboud velkant na onder in pot en braai sowat 5 – 8 minute tot goudbruin. Haal uit pot. Voeg uie en knoffel by en braai sowat 3 – 5 minute tot goudbruin. Sit varkboud terug in pot. Voeg tamatiepas­ta, tamaties, rooiwyn, paprika en origanum by. Geur goed met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en haal van plaat af. Bedek pot met deksel en plaas oornag in warm oond – sowat 8 uur. Verwyder gaar boud uit sous. Gebruik dan ’n vurk en trek varkvleis in growwe stukke. Gooi ’n klein bietjie van die potsous by die vleis tot die mengsel lekker klam is. Sny rolletjies oorlangs oop en pak skywe tamatie daarin. Skep vleis in elke broodjie en sit voor met mielie-salsa (sien wenk).

BLOEDLEMOE­N Hoër in antioksida­nte en soeter as sy oranje nefie. Die soet geur is lekker in marinades, op sy eie of in gebak. SUURLEMOEN Dié goudgeel vrug is die werkesel van die kombuis. Gebruik die skil sowel as die sap in jou kos. As daar min sap in die vrug is, verhit dit vir een draai in jou mikrogolfo­ond en die selle sal oopbars sodat die bietjie wat daar wel is, makliker uitdruk. LEMMETJIE Grasgroen en ’n bekende bestanddee­l in mengeldran­kies soos die caipirinha, Brasilië se nasionale drankie. Gebruik dit in gebak, kook daarmee en benut dit net so as geurmiddel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa