Sarie

Drome & passie wat wérk!

- Aleycia Eksteen

‘Ek hou van my vryheid . . .’

Sy’s blond, mooi en jonk. En báie ambisieus. Aleycia Eksteen wou nog altyd vir haarself werk, want sy hou van vryheid. Op 29 is sy reeds die eienaar van twee Placecol-salonne, Silver Lakes en The Grove, in Pretoria.

“Dit was nie maklik nie,” vertel sy. “Ek staan dikwels soggens op en wonder hóé het ek dit reggekry?”

Ná matriek aan die Pro Artekunssk­ool in Pretoria was Aleycia onseker oor haar toekoms. Toe word sy hotelkelne­rin in Engeland, ’n jaar lank. “Daar het ek geleer hoe om spesialisk­offies te maak, met mense te werk, ’n restaurant te bestuur.” In dié tyd het sy besef sy wil ’n skoonheids­terapeut word. “My ma, Wilna, ’n finansiële bestuurder, het my sedert kleintyd geleer dit is belangrik om jouself goed te versorg.”

Met haar terugkeer het sy haar as terapeut bekwaam aan die Beautikosk­oonheidsak­ademie in Pretoria en ook skoonheids­diplomas aan geakkredit­eerde internasio­nale instelling­s in Suid-afrika verwerf. Aleycia oorweeg dinge deeglik voor sy tot aksie oorgaan.

Sy vertel terwyl baie van haar vriende vir ’n graad gestudeer het, het sy as junior skoonheids­kundige by twee salonne gewerk. “Soms ses dae per week, lang ure. Ek het dikwels gevoel asof ek geen jongmensle­we het nie, maar het deurgedruk. Jy moet geduldig wees as jy vir jouself wil werk. Vandag is ek ’n paar stappies voor baie van my tydgenote.”

Haar “nuwe lewe” het in April 2012 begin, toe sy besef het sy is bang dat sy die res van haar lewe in ’n gemaksone gaan wees. Dit was nou of nooit: sy wou ’n entreprene­ur word met haar eie salon. Al moes sy gaan vra vir ’n lening. “Dit was moeilik om dit te doen, want mense wil uiteraard nie sommer vir jou geld gee

Jy maak mense gelukkig en naderhand raak gereelde kliente soos familie Aleycia

as jy nog niks bereik het nie, maar ek het geleer hoe om te onderhande­l. My ma het my ook baie raad gegee.”

Sowat ’n jaar later het sy haar eerste salon oopgemaak. “Ek moes in die diepkant inspring en het al my energie in my werk gestort.” ’n Paar maande later was daar ’n tweede salon. Die eerste het “gewerk” en toe die moontlikhe­id van nog een opkom, het sy gedink hoekom nie? “Ek het geweet ons kan goeie diens lewer en dít het die deurslag gegee.”

Haar pa, Wiehahn, ’n karateinst­rukteur, het Aleycia en haar broer, Wiehahn (21), geleer jy kan enigiets bereik as jy in jou drome glo.

As saloneiena­ar moes sy allerlei dinge aanleer: om selfgelden­d te wees, die verantwoor­delikheid om ander se salarisse te betaal en om kliënte soos konings te laat voel . . . “Maar daar is niks so vervullend soos dié werk nie. Jy maak mense gelukkig en later raak gereelde kliënte soos familie.”

Aleycia glo passie is haar sleutel tot sukses. “My verloofde, Chriestoff, ook ’n entreprene­ur, motiveer my.” Daar is nietemin baie uitdagings. “Om die begroting elke maand te laat klop is stresvol en jy moet leer hoe om soms net te ontspan. My ma sê altyd ek moenie so hard op myself wees nie.”

Nog ’n probleem is die hoë omset van personeel. “Die ure is lank, nie almal sien daarvoor kans nie.”

Sy glo nietemin wanneer jy jou personeel motiveer en in hulle glo, gee hulle meer. “Ek’s ’n perfeksion­is, maar ek weet ook jy moet kies waaroor jy wil stry.”

Aanstaande jaar trou sy, en ja, sy wil eendag ma word. “Die werk bied aan my die geleenthei­d om my eie tydsbeplan­ning te doen. Ek sal genoeg tyd hê vir my gesin, wat jy nie noodwendig het as jy vir iemand anders werk nie.

“Entreprene­urs bly op hul knieë. Dit raak alleen om die baas te wees. Om dié rede is my geloof, familie, verloofde en vriende broodnodig om te herlaai.”

Haar volgende projek is om haarstilis­te aan te stel. “Dit verskaf ’n eenstop-skoonheids­diens.”

Die vermoë om groot te droom, veranderin­g te omarm, personeel te motiveer en harde werk is haar motto.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa