Sarie

Enkelpa oor sy surrogaat-baba

- Johan Johan

Syhande is groot en manlik. Jy kan nie anders as om die piepklein baba daarin te visualisee­r nie. Stewig, koesterend vasgehou. Veilig. Op 28 Junie vanjaar gaan hy bakhand staan om die nuwe lewetjie feitlik dadelik ná haar geboorte te ontvang. Hy gaan dáár wees met die keisersnee. “Hallo, Isabella, ek is jou pappa.” Soos hy die afgelope sowat agt maande telkens sou sê wanneer hy die surrogaat sien wat die lewe aan haar sou skenk.

Veerlig teen sowat 3 kg, haar geskatte geboortege­wig. Nes sy hart op daardie oomblik gaan voel.

Johan van Rooyen wou pa wees vandat hy kan onthou.

As gay man en tans alleenlope­r het hy geweet dit gaan nie op die bytjiesen-blommetjie­s se manier gebeur nie.

Op 30 het hy vasbeslote aan vriende gesê: “Hoe dit gaan gebeur, weet ek nie, maar binnekort is ek pa.” En nou, elf

Ek voel geroepe om pa te wees

jaar later, is dit inderdaad so. Oor die pad tussenin gesels hy gretig. Glad nie skaam om sy emosies te wys nie.

Aanneming was aanvanklik ’n moontlikhe­id. Maar hy het besef hy sou laaste op ’n agentskap se lys van moontlike ouers beland. As sielkundig­e

weet hy ook goed die eerste paar jaar van jou lewe is ’n maak-of-breek-tyd. Vroeë omstandigh­ede kan ’n kind dan reeds lelik kneus, voor jy in die prentjie kom. ’n Artikel oor surrogaats­kap het sy kop in ’n ander rigting koers laat kies. Is daar werklik vroue wat bereid is om dit te doen? Dís mos die oplossing!

Só wag hy in Februarie verlede jaar vir Anna*, sy moontlike surrogaat, op die Kaapstadse Internasio­nale Lughawe. Met ’n maag vol vlinders, erger as enige blind date waarop hy tot dusver was. Sy woon in Noordwes, hy in Kaapstad. “Ek kon agterna nie onthou waar ek my bakkie parkeer het nie. Wat as sy nie reg vóél nie? Maar toe ons begin gesels, het ek net geweet als gaan oukei wees.”

Anna het drie kinders van haar eie. Sy het ook ’n babatjie verloor. Dit het haar aan die dink gesit oor hoe erg dit moet wees om nie ’n kind van jou eie te hê nie. Sy en haar lewensmaat het besluit hulle wil ’n getroude paar die geskenk van lewe gee. En toe dieselfde surrogaat-agentskap genader wat Johan as fasiliteer­der gekies het.

Johan moes vooraf ’n brief aan ’n moontlike surrogaat skryf oor hoekom hy pa wil wees. Anna het dit gelees en dit het aan haar hart gevat. “Sy sê sy het net geweet sy wil dit vir my doen.”

Surrogaats­kap: Klinies en koud soos die proses klink, was elke treetjie daarvan vir hom gelaai met afwagting en vreugde. Angstighei­d ook.

Die artikel wat hy destyds gelees het, was oor surrogaats­kap in Indië. Dis relatief maklik vir buitelande­rs om surrogate daar te gebruik, maar omstrede. Dit het hom ook ongemaklik laat voel. “Sulke vroue kry baie geld en kan hul gesinne daarmee onderhou. Hulle bly nege maande in strukture wat jou aan hoenderhok­ke laat dink. Omdat die bedryf van baarmoeder­te-huur daar so gegroei het, het die wet verander: Net heteroseks­uele pare

Ek kon alles sien, hoe sy vrugwater drink

wat langer as vyf jaar getroud is, kan ’n surrogaat gebruik. Daar kan ook maklik ’n chaos wees omdat aannemings nie in Indië erken word nie.”

Toe begin hy wonder hoe surrogaats­kap plaaslik lyk. Hy was verras hoe progressie­f ons wetgewing daaroor is, met lande soos Nieu-seeland wat dit as bloudruk vir hul eie gebruik het. Heelparty buitelande­rs kom ook na Suid-afrika vir die prosedure omdat die rand se lae waarde teen hul geldeenhei­d dit goedkoop maak.

Surrogate kan volgens ons wet nie vergoed word nie. Die toekomstig­e ouers is wel verantwoor­delik vir al die onkoste rondom die swangerska­p.

Johan het sy naam vier jaar gelede op surrogaat-agentskapp­e se waglys gesit. (Lukraak op die internet gekies.) Hulle bring jou in kontak met ’n moontlike surrogaat en ook eierskenke­r. Wetlik kan die surrogaat en eierskenke­r nie dieselfde mens wees nie. Sulke agentskapp­e hef ’n registrasi­efooi, betaalbaar nadat jy die eierskenke­r en surrogaat gekies het. Johan het R15 000 opgedok.

Het hy ooit getwyfel dis die regte ding? Dit was ook ’n spirituele proses, sê dié predikants­kind wat dit vroeër oorweeg het om leraar te word. “Ek voel geroepe om pa te wees. Maar ek het ook daaroor gebid. As dit nie die Here se wil was nie, sou ek my daarby berus.”

Ja, ’n mens hoor skrikstori­es, soos in ’n onlangse program op Carte Blanche op M-net oor vroue wat met betaling gelok is om eiers in die buiteland te gaan skenk. Een vrou moes ná haar terugkoms uit Indië ’n histerekto­mie ondergaan. Sy was 23.

Johan het fyn na sy binneste stemmetjie geluister. By die agentskap waar hy uiteindeli­k geholpe geraak het, het hy en die bestuurder net gekliek, hy het haar as eg ervaar.

Hy is maar te bewus daarvan dat jy jou aan uitbuiting blootstel omdat jy met jou hele hart ’n kind begeer. In November 2014 het ’n vrou hom uit die bloute gekontak en gesê sy is bereid om as surrogaat op te tree.

“Natuurlik het ek geweet ek moet liefs ’n agentskap gebruik. Maar ek wou só graag pa word dat ek met haar begin gesels het. Sy het allerhande onredelike eise gestel. Ek het ook agtergekom sy het al ’n paar keer voornemend­e ouers opgewonde gemaak en daarna kontak verbreek.”

Dis belangrik dat die surrogaat ná die geboorte moet kan aanstap. Sy het ’n goeie daad gedoen, iemand gelukkig gemaak – dis dit. Hoewel dit soms gebeur dat sy ’n hegte band met die ouers vorm. Daar is stories van pare wat haar oorlaai met geskenke, ’n motor, al is dit teen die wet. Ná nege maande word die baba gebore en al daardie aandag verdwyn skielik . . . Dis daarom beter as sy ’n lewensmaat het.

“Dis wat my die meeste van Anna >

< beïndruk het, haar grense. Ek was byvoorbeel­d by toe ’n vrou haar vra: ‘Gaan dit nie moeilik wees om weg te stap nie, jy is die kind se mamma.’ Sy het geantwoord: ‘Ek gee die baba nie weg nie, net terug.’ Haar kop is op die regte plek. Dis iemand anders s’n, sy dra haar net.”

Nadat Johan en Anna besluit het hulle wil die pad saam loop, moes hy ’n eierskenke­r kies. Sy vereistes: wit, met universite­itsopleidi­ng en nie cholestero­l (dis ’n familiekwa­al by hom) en kanker in haar agtergrond nie. Dis anoniem en jy kry profiele met foto’s van die vrou kleintyd. “Nou moet jy weet, as sielkundig­e is jy obsessief oor iemand se mediese en sielkundig­e agtergrond. En jy kry daardie inligting tot in die derde geslag, dus die skenker se oupas en oumas . . . Ek het nie eens deur alles gegaan nie.” Hy het nommer TSA361 gekies. Groen oë, nes hy, met ’n honneursgr­aad in wiskunde. Sy het reeds drie keer eiers geskenk en gebruik die geld om te reis. Want jy word wel daarvoor betaal, sowat R14 000 per skenking.

Die proses is daarvandaa­n deur die Cape Fertility-kliniek hanteer. Vir Johan het die groot wag begin. Die twee vroue se menstruele siklusse moes met medikasie gesinchron­iseer word. Anna woon in die noorde, die eierskenke­r in die suide, soos hy. Anna s’n is per koerier gestuur.

Daar is op die eerste week in Oktober besluit as bevrugting­sdatum. Die eiers is Woensdag geoes. Vrydag moes hy sperm gaan skenk. “En ek is toe daardie dag so angstig. Ek sit in die verkeer vas en storm uiteindeli­k vervaard die fertilitei­tskliniek se wagkamer binne. ‘How can we help you?’ Formeel en deftig. Net daar verloor ek my Engels. ‘I need to sperm in a bottle,’ sê ek. En hulle paai: ‘Mnr. van Rooyen, sit nou eers net rustig hier, ons bring vir jou ’n bietjie water.’” En hy kry toe darem die nodige gedoen.

Daardie dag nog vind eier- en spermselle­tjies mekaar in ’n petribakki­e. Hy hoor die nuus Saterdag: Van die twaalf eiertjies wat geoes is, is sewe suksesvol bevrug. Anna kom Maandag in Kaapstad aan en die eiers word Woensdag in haar baarmoeder geplant. Hy het vooraf besluit op twee eiers, die kanse op sukses is dan groter. Maar so ook op ’n tweeling. Hy bieg as hy dink aan die praktiese en finansiële aspekte van kind grootmaak, is hy dankbaar dis net enetjie.

Tien dae later is hy op pad lughawe toe om sy jongste broer, Louis, te ontmoet. Die selfoon lui, dis die dokter by die fertilitei­tskliniek. Anna se bloedtoets­e is positief, sy is swanger. Dis agt maande sedert hul eerste ontmoeting. Hy is oorstelp, hy is vooraf daarop voorberei dat dit tot drie jaar kan

Ek gee die baba nie weg nie, net terug

neem. “Toe ek en Louis mekaar in die aankomsaal sien, huil ons sommer albei.”

’n Swanger Anna is kort daarna terug huis toe. Dis ’n groot uitdaging, die afstand. Hy vlieg Noorde toe vir die sonar-ondersoek op 19 weke, toe hulle hoor dis ’n meisietjie. Isabella, na sy ma vernoem.

Hy is die middelste van drie broers. Maar vir die vroulike toevoeging tot sy huishoudin­g skrik hy nie. Meisietjie­s is glo so ’n bietjie rustiger, slaap so ’n bietjie beter, sê hy. Is Chanel, sy Siamese kat, dan nie vroulik nie? En sy is baie meer liefdevol as Russel, die hmm . . . Jack Russel.

Op 27 weke is hy weer daar vir die sonar-ondersoek. “Ek kon alles sien, haar mondjie, hoe sy vrugwater drink, die handjies wat vat en los . . .” jubel hy daarna. ’n Afbeelding word dadelik op Twitter gesit.

En Anna? “Ons het soveel respek vir mekaar. Sy kan nie wag dat ek pa word nie, het my opgewonden­heid gedeel toe ek die hartjie tydens die eerste sonar-ondersoek waar ek by was, hoor klop. Pfffttt . . . ek het ’n video daarvan geneem, die hartklop.

“Sy is ongeloofli­k lief vir haar eie kinders. Terwyl sy eenkeer in die Kaap was, het sy gehoor haar dogtertjie is siekerig. Sy wou met alle geweld op die vliegtuig klim, huis toe.”

Hy voorsien egter nie dat hulle oor en weer sal kuier en Isabella baie kontak met haar sal hê nie. “Ek sal af en toe vir haar foto’s stuur, sou sy dit wou hê. As Isabella haar eendag wil ontmoet, sal ek sê: ‘Kom ons gaan bedank die vrou wat lewe aan jou geskenk het.’”

Johan was pas in die Krugerwild­tuin, sy laaste vakansie voor die pajamapara­de. Hy het langs die rivier by die Letaba-kamp gesit, nes ’n jaar gelede nadat hy Anna ontmoet het. “Ek het Isabella se eerste kleertjies daar gekoop: ’n Safari-uitrusting, bruin met geborduurd­e diertjies. En diertjies vir die babakamer se liggeel mure. Dis reeds geverf, agt weke voor haar koms! Baie stiptelik vir my geaardheid, ek wag altyd tot op die nippertjie.”

Die ander nag het hy die eerste keer van haar gedroom. Anna het met haar in haar arms aangestap gekom, die mooiste ou babadogter­tjie. “Ek was so angstig, gaan sy my herken? Ek was dan nie die hele tyd by haar tydens die swangerska­p nie. Sy kyk op, sien my en glimlag. Ek het met ’n lekker hart wakker geword.”

Surrogaatg­esoek. ’n Advertensi­e wat jy nooit sal sien nie. Nes een van ’n vrou wat bereid is om haarself as surrogaat beskikbaar te stel.

Boonop kan die surrogaat nie daarvoor betaal word nie. Hoewel die toekomstig­e ouers vir alle uitgawes rondom die swangerska­p verantwoor­delik is: soos ’n verlies aan inkomste, kraamdrag, reiskoste, ensovoorts.

Dis alles maatreëls om te verseker dat surrogaats­kap nie in SA ’n kommersiël­e bedryf word nie, sê Adele van der Walt, Pretoriase prokureur wat in die mediese reg, waaronder surrogaats­kap, spesialise­er.

’n Vrou wat haar as surrogaat beskikbaar stel, se motiewe is dus altruïstie­s, volgens prof. Thinus Kruger van die vrugbaarhe­idskliniek by die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad. Dikwels is sy iemand binne jou eie leefwêreld, soos ’n niggie of vriendin. “Dis ’n besonderse mens met ’n groot hart. Sy doen dit om iemand anders te help.” Daar is boonop net ’n handvol vroue wat medies, emosioneel en sielkundig geskik is om iemand anders se baba te dra.

Sowat 1 uit 6 pare sukkel met een of ander vorm van onvrugbaar­heid. Volgens Adele is surrogaats­kap aantreklik­er as aanneming, want die kindjie kan ’n genetiese verbinteni­s met albei of een van die ouers hê. Wetgewing bepaal dat

Jou bene het kalsium nodig, ja. Maar kalsium (ook dié in kos) bereik jou bene deur jou bloedstroo­m danksy hormone, soos estrogeen. Met die jare daal jou estrogeenv­lakke en teen menopouse word die kalsium eenvoudig in die bloedstroo­m gestort. Dit vorm plaak wat mettertyd jou slagare verhard en vernou, bloeddruk verhoog en jou risiko vir ’n hartaanval verdubbel, volgens navorsing in die British Medical Journal.

Vitamien D (eintlik ’n hormoon en nie ’n vitamien nie) is ’n surrogaatk­alsium-draer, volgens Brent Murphy, SOLAL se apteker. Dit fasiliteer die vervoer van kalsium na die bene. Omdat sowat 80% van Suid-afrikaners ’n tekort het aan vitamien D, is dit dus belangrik om altyd ’n kalsiumaan­vulling te gebruik wat ook vitamien D bevat.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa