Sarie

Alles oor SURROGASIE

Jy hunker na ’n baba en surrogaats­kap lyk na die laaste uitweg. Maar daar is allerhande vrae, onsekerhed­e en selfs vrese SÓ WERK DIT

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

’n baba wat aangeneem word, eers sestig dae ná geboorte in ’n plek van veiligheid gehou word.

Surrogaats­kap is egter ’n komplekse en duur proses, waarsku prof. Kruger.

Daar’s tans ’n groot tekort aan vroue wat bereid is om as surrogate op te tree. En talle vroue (en selfs mans) wat angstig op ’n geskikte surrogaat wag, sê hy.

Die reëls van surrogaats­kap word in die Kinderwet se hoofstuk oor surrogasie (2010) uitgestipp­el. ’n Waterdigte kontrak word opgestel en deur ’n regter van die hooggeregs­hof bekragtig. Voorheen kon die betrokke partye sommer ’n mondelinge ooreenkoms aangaan. Dit was makliker om voornemend­e ouers uit te buit, sê Adele.

Van die oomblik dat die kind verwek word, is hy/sy die voornemend­e ouer/ ouers s’n. Dis hul naam/name wat op die geboortese­rtifikaat verskyn. Anders as vroeër hoef julle nie die kindjie aan te neem nie, verduideli­k sy.

Albei partye gaan ook vooraf vir sielkundig­e en mediese evaluasie. En word deurentyd begelei deur ’n sielkundig­e, medici en regsgeleer­de, wat na die praktiese detail omsien. ’n Maatskapli­ke werker is ook betrokke.

Die twee groepe besluit self hoeveel kontak hulle wil hê. Dis meestal ’n respekvoll­e verhouding wat almal se grense eerbiedig.

As die sielkundig­e evaluasie en siftingspr­oses vooraf goed gedoen word, behoort die surrogaat nie daarteen te skop om die kindjie te laat gaan nie.

Daar is ’n plek vir etiese surrogaata­gentskappe, sê Adele. Dis egter belangrik dat sulke agentskapp­e nie die werk van die vrugbaarhe­idskliniek, sielkundig­e, maatskapli­ke werker of prokureur probeer doen nie. Die wet verbied dit ook. Surrogaat-agentskapp­e moet onder eed verklaar hulle word nie vir die uitruil van inligting betaal nie. Hulle kan wel ’n beperkte administra­siefooi van sowat R1 000 hef.

Mediese fondse betaal nie vir vrugbaarhe­idsbehande­lings nie, maar wel vir die swangerska­p. Die surrogaat moet egter voor sy swanger raak by ’n mediese fonds aansluit, anders gaan die fonds betaling weier.

KONTAK

Prof. Thinus Kruger: 021 938 9209, medici@aevitas.co.za Adele van der Walt: 012 460 3668, www.medicalneg­ligence.co.za, www.medicallaw.co.za, www.surrogacya­greements.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa