Hidden Johannesburg
Die lewe gaan nie daaroor om jouself te vind nie, maar om jouself te skep
PAUL DUNCAN EN ALAIN PROUST (STRUIK LIFESTYLE, R390)
Duncan ontsluit die ongelooflike diverse argitektuur van Johannesburg in hierdie pragboek. En Proust se foto’s gee jou ’n kykie in die geheime glorie van weleer wat binne die geboue weggesteek is. Die boek dek nie al die geboue in die Goudstad nie, maar die skrywer het dié gekies wat die argitektuur van die stad lewe gee en die geskiedenis in konteks plaas. Het jy bv. geweet L. Ron Hubbard van Sciëntologie-faam het vir ’n tyd in Johannesburg gewoon? In die boek kan jy sien hoe Hubbard se huis van binne lyk. Dan is daar ook Mandela se nederige huisie in Orlando, Soweto, wat in sterk teenstelling is met die luuksheid en grootte van die Rand Club. Dis in die kroeg van hierdie gebou waar die Jameson-inval beplan is. Duncan verklap sulke juweeltjies oor elke gebou wat maak dat jy nie kan ophou lees nie. Dié lieflike boek is vir weer lees en weer kyk.
Phyllis Green
Hoe het jy die navorsing aangepak, want daar is baie inligting oor verhoudings?
Ek het meestal insigte of gewaarwordings wat ek gehad het, gejaag. Ek hou daarvan om na mense te luister wat my vertel van hul lewenservaring, en ek stel opreg belang. Ek hoor die feite en die gebeure, maar ek hoor ook die reaksie en die uitval. Daar is ongelooflik baie inligting oor persoonlikhede, gedrag en persoonlikheidsversteurings beskikbaar as jy net weet waar om te soek. Soos ek sê, ek hou daarvan om patrone te soek; om in te sien dat ’n bepaalde optrede inpas by ’n bepaalde persoonlikheid. Jy skroom nie om omstrede temas aan te raak nie: lesbiese verhoudings (boonop oor die kleurgrens heen), misbruik van ’n skoolseun deur ’n onderwyser, gesinsgeweld . . . Ek het grootgeword in ’n era waar Die Vloerlap ’n baie gewilde heldin was. En Die Chauvinistiese Vark voorgehou is as ’n held. Daardie dae moet asseblief net nooit weer opdaag nie. Ek is versigtig wat ek vir lesers voorhou as heldmateriaal, en ek laat my heldinne weet as hulle droogmaak (soos in hierdie storie ook). Ek glo ook dat jy met jou storie soms ’n bepaalde beeld van ’n samelewing skep wat jy dalk heel onbedoeld voorhou as normaal of aanvaarbaar, terwyl dit eintlik inherent vrot is. Ek skep sekondêre karakters wat vir my interessant en aangenaam is en ek hou hulle voor as vriendinne en sosiale gelykes, juis sodat lesers verstaan dat almal, hoe vreemd jy ook al mag gedink het hulle is, die vermoë het om jou lewe te verryk.