Sarie

Elmaré Schutte( 41)

-

Jy sien dadelik die pienk lipstiffie, daardie jeans (haar gunsteling-kledingstu­k!) wat so sexy pas en hoor ’n gul lag.

Elmaré,’n gekwalifis­eerde oudioloog wat deesdae as transforma­siebeampte by ’n kommersiël­ediensteon­derneming werk, sê dadelik haar man, Christiaan, en kinders, Jean-christiaan (12) en die tweeling, Mienke en Dylan (10), is alles in haar lewe.

“Eintlik is ek ’n normale ma met wie almal kan identifise­er. Ek skree op die honde as ek PMS het, steek die sjokolade weg vir my kinders en eet dit self later skelm . . .

“Met ’n wedstryd soos dié is ek glad nie gewoond aan al die fokus net op my nie.”

Nietemin het sy dit geniet. “Dit is belangrik om uit jou gemaksone te kom. Die lewe is nie perfek nie. Jy hoef nie 21 en perfek te wees nie – dís hoekom ek op SARIE se voorblad wil wees.”

Sy lyk die toonbeeld van blakende gesondheid, maar Elmaré stry teen talle gesondheid­sprobleme. “Ek het twee outo-immuunsiek­tes: Crohn se siekte en ankilosere­nde spondiliti­s,’n soort artritis. Daar is geen kuur daarvoor nie. Ek besef jy kan nie gesondheid koop nie en het geleer om dit met grasie te aanvaar; met die ouderdom kom berusting. Die lewe werk mos nie altyd uit soos ’n mens dink nie. Ja, ek het soms pyn, word moeg, elke paar weke moet ek hospitaal toe gaan vir peperduur behandelin­g . . . maar as ek genoeg rus, gesond eet, oefen en die regte medikasie gebruik, kan ek dit beheer,” vertel sy.

Haar positiewe ingesteldh­eid kry sy by haar pa, Viv du Plessis, wat een van haar grootste rolmodelle is. “Hy het al keelkanker en leukemie gehad, en het baie chemoterap­iesessies agter die blad. Maar op sewentig werk hy nog daagliks. As ek ‘af ’ is, motiveer hy my deur te sê ek moet eenvoudig soggens opstaan, stort, aantrek en werk toe gaan. Om te werk hou jou kop besig en help om jou nederig te hou, reken hy. Dít is bewonderen­swaardig. My pa kla nooit.”

Humor hou haar ook sterk. “En my liefde vir Suid-afrika, my mense. Net ná die eerste demokratie­se verkiesing is ek en my man Engeland toe met een tas. Ons wou die wêreld verken, elders werk. Ons het tien jaar gelede teruggekee­r met ons oudste kind, een motor en die besluit dat ons Suid-afrika ons huis wil maak. Dit was ’n wonderlike ervaring om oorsee te woon, maar ek het my taal, braaivleis, die sonskyn en ons mense gemis. Daar is min tale so beskrywend soos Afrikaans: woorde soos eina en skemerkelk­ie . . .” Sy vertel ook hoe geloof, haar vriende en werk haar inspireer. “Ek het ’n sagte plek vir gewone mense, wat ten spyte van swaarkry net aangaan met hul lewe.” En met daardie woorde herken jy haar passie om mense deur opleiding en die skep van geleenthed­e te bemagtig. Dan lag sy: “Oe, ek praat baie . . .” Maar op die ou end praat haar Sarie-voorblad die hardste!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa