Ek probeer na my innerlike stem luister
< ons ’n miljoen dollar daarvoor kry!”
En dan: “Ek dink hy’s daar. Ek dink daar is beslis iets.” Gevolg deur ’n helder lag om te wys hy is nie eintlik ernstig nie. Wel, dalk so ’n klein bietjie.
Die werklikheid kan maar saai wees, dus temper hy dit soms met fantasie. Nes Jacques Rynhard, die enigmatiese skrywer in Ballade wie se rol hy vertolk het. “Ek luister dikwels na musiek en maak of ek in ’n movie is. Ek visualiseer ’n karakter, ek weet nie waar hy vandaan kom en waarheen hy gaan nie. Maar ek sien ’n prentjie en skep iets wat lei tot die scène, of iets wat daarna gebeur.” So sal hy op die strand stap en die toneel uitspeel, mense se vreemde blikke ten spyt.
Ja, verklap hy, hy is besig met ’n draaiboek, maar dit sal seker nog baie jare neem om te voltooi.
Aan een droom werk hy egter daadwerklik. Sy kop staan Hollywood toe. Hy het reeds aansoek vir ’n werkspermit gedoen en wie weet, wanneer die artikel verskyn, is hy dalk reeds daar.
Besig om mense in ’n restaurant te bedien, want hy weet: Hy gaan onder begin. Nes hy hier ook maar moes.
“Jis, ja, ek is lus vir ’n avontuur. Ek beplan egter om steeds gereeld in SuidAfrika te kom werk.”
Dan kook die geesdrif oor: “Og, ek sien báie daarna uit.”
Jy het ’n bestuurder in LA en sy is blykbaar gesog . . . Ek het vriende wat al vier jaar daar is en steeds nie ’n bestuurder het nie. Jy moet weet, elke mens wat jy in LA ontmoet, is ’n akteur, draaiboekskrywer of regisseur (of aspirerend). Om ’n voet in die deur te kry, hang af van wie jy ken. Terwyl ek vir die Tv-mini-reeks The Book of Negroes in Kanada was, het ek Michael Levine, een van die uitvoerende vervaardigers, ontmoet. Hy het my aan ’n paar mense voorgestel toe ek LA later besoek het. Soos Bernie Cahill van ROAR, die bestuurder van die Hemsworth-broers, Chris en Liam. Ek was nogal geïntimideer deur daai mense en het Stephanie Moy van Elevate Entertainment as my bestuurder daar gekies omdat ek ’n persoonlike konneksie met haar voel. Sy bestuur onder meer vir Hayden Christensen van die Star Wars- sage. In die internasionale trefferreeks Homeland se vierde reeks kry jy ’n lekker pak slae . . . Die toneel was sowat twee en ’n half sekondes, maar ons het heeldag daaraan verfilm. En die vorige dag ure lank repeteer. Peter Quinn [gespeel deur Rupert Friend] slaan my kop hardhandig teen ’n restaurant-tafel vas. Onder die tafeldoek was spons, die bord van seep en die wafel van ’n kunsmatige stof met bloed in. Dit wou egter nie werk nie en hulle het alles verwyder, die [laaste oorblywende] bord neergesit en gesê goed, een skoot. Ons doen dit en dit lyk amazing, maar ek het my kop oopgesny. Klein, maar daar was bloed, régte bloed. Die rolprent waarin jy Jan van Riebeeck was, het jy iets nuuts oor hom geleer? Vir die rol het ek obsessief alles gelees wat ek oor hom kon kry, ook sy Voc-dagboek. Hy was ’n liberale, regverdige, oopkop mens en verdien nie die slegte publisiteit wat hy nou kry nie. Wee’ jy, hy was maar 33 toe hy hier aangekom het. Daai gesig wat op ons banknote gepryk het en in ons geskiedenisboeke . . . Dis klaarblyklik nie hy nie, daar bestaan geen afbeelding van hom nie! Sou jy, soos Jan van Riebeeck eeue gelede, in ’n seilskippie kon spring op soek na avontuur? Ek het dit gedoen, weliswaar op ’n kleiner skaal en veel makliker manier. Ná matriek het ek ’n jaar gereis. Ek was in Europa en ook in die Ooste. Christoff, my ouer broer, is ’n onderwyser in Viëtnam en ek het dié land, Kambodja en Thailand besoek. Jy het ’n ding oor Viëtnam? Dalk omdat dit my eerste blootstelling aan die Ooste was. Europa is manjifiek, maar dis ook maar ons mense. In die Ooste is die kultuurverskil so groot en dis wonderlik, heeltemal ’n ander wêreld. Is daar raakpunte tussen jou en Jacques van Ballade? Met enige karakter is daar maar. Jy moet dit soek en as daar nie is nie, skep jy dit. Maar ja, nes Jacques skram ek weg van die kollig. My werk is my werk, ek moet my flieks en dinge bemark. Maar ek skei dit doelbewus van Armand, die mens. Jy het al na jouself as skaam verwys? Ek raak senuweeagtig en oorkompenseer. Sien, ek is nou baie gemakliker, ek sit rustig hier in die leunstoel se hoek waar ek netnou . . . . . . Jy beduie nou minder. Wel, ’n bietjie . . . Ek ís skaam. Met vreemdelinge en veral noudat my loopbaan vlamvat. Mense kom na jou toe. Dis amazing en ek verstaan dit, maar weet nie altyd mooi hoe om te reageer nie. En is dan bang ek kom afsydig voor. Al glimlag ek altyd. As mense dink ek is ongeskik, ek is nie. Dit gaan maar oor persoonlike ruimte, dat ek nie altyd lekker weet hoe om dit te hanteer nie. Drie jaar gelede het jy verlief geraak op Maboneng, die kreatiewe hub in Johannesburg se middestad en ’n woonstel daar gekoop. ’n Jaar later kry jy toe ’n rol in Ballade en dit word twee blokke daarvandaan geskiet. Glo jy aan toeval? Nee, wel aan kismet, dat jou lot grootliks vooraf bepaal word. Maar jy wyk van daai pad af omdat jy na jou kop luister en nie na jou intuïsie