Sarie

Ek is op so ’n mooi plek met my gesin

- Armand

[hy wys na sy maag] nie. Ek probeer sover moontlik na daardie innerlike stemmetjie luister. Soos met LA. Ek weet net: Doen dit. Wanneer het dit jou al gehelp? Ná my gap- jaar oorsee het ek ingeskryf vir ’n graad in rekeningku­nde by die Universite­it Stellenbos­ch. Ek het akademies goed gedoen en dit was my beste vak. En gedink, cool, ek swot dit ’n jaar en dan doen ek drama.’n Week voor klasse sou begin, het ek egter vir ’n oudisie by die City Varsity-filmskool in Kaapstad gegaan. Ek het dit geslaag en as ’n teken beskou dat ek talent het. Eers later het ek besef byna almal kom in!

Ná Ballade is ek ’n goeie kontrak in ’n sepie aangebied. Dit was moeilik om “nee” te sê,’n vaste salaris vir twee jaar! Dit het egter nie reg gevoel nie. En kyk nou: As ek dit aanvaar het, was die lekker rolle in Die Boekklub of Krotoa neusie verby. Daar is ’n tweede reeks van Die Boekklub op pad . . . Ons begin vroeg aanstaande jaar skiet. Dis so ’n lekker groep mense. Jana [Cilliers] . . . net om in haar teenwoordi­gheid te wees ground jou, sy het daai kalmerende effek. Dan kom June [van Merch] ingestap, sy is nes haar karakter en soos ’n warrelwind. Jy sit daarna half verdwaas en wonder wat het nou net gebeur? Ek is baie bewus van die verskillen­de energieë wat almal uitstraal, want dan kan jy dit vat en gebruik, teenoor dit speel. Wou jy altyd toneelspee­l? Ek was baie betrokke by musiek en het op vier klavier en saxofoon begin speel. Op vyftien het ek opgehou. Dit het lank my behoefte aan die voetligte gestil. Ek wou nie dramaklass­e neem nie, ek was maar skaam. En was bang ek is nie goed genoeg nie en ek wóú so graag. My ma het ’n dramaskool­tjie op Fort Beaufort gehad, waar ek grootgewor­d het. Jy is baie ambisieus? Dis so belangrik om nou jou fondasies sterk te gooi. Soms is dit uitputtend! Dit lyk of jy van energie oorloop. Gelukkig! Ek probeer hard om nie al my geluk in my loopbaan te sit nie. Daar moet meer in jou lewe wees, verhouding­s met vriende en familie is belangrik. Ek is op so ’n mooi plek met my gesin, ons is na aan mekaar. Dis iets wat jy moet koester. My oudste broer is in Viëtnam, Marcelle, my jonger sussie, werk in Italië op ’n private skip. My ouers, Petra en Chris, was akademici, maar my ma bestuur nou gastekamer­s en my pa restoureer historiese geboue op Stellenbos­ch. Maar ja, dis belangrik om hobbies te hê. Soos bak? Ek love dit. Ek volg die keto-eetplan, baie soos Banting, jy eet net nog minder koolhidrat­e. Die gemiddelde mens eet sowat 200 tot 300 g carbs per dag, as jy bant is dit sowat 50 g, ek gebruik maar sowat 20 g. En baie vet. Ek was voorheen altyd aan’t knibbel. Sesuur soggens rasend honger wakker geword, hawermoutp­ap gemaak, gestort en dan die dag aangedurf met ’n kospakkie, ryskoekies en sulke goed. En twee uur later is dit opgeëet en my maag skreeu weer. Nie meer nie. Ek hou van treats, brode, muffins, sulke goeters. En bak nou my eie, omdat jy alternatie­we bestanddel­e moet gebruik. Ek gebruik nie ’n resep nie, maar gooi net in waarvan ek hou: kokosneut- en/of amandelmee­l, sade, speserye, eiers, roomkaas . . . Nou die dag het ek die lekkerste goed nog gemaak, maar sal nooit weer die resep kan herhaal nie. En reis? Jis, ek wil die wêreld sien . . . Ander mense se daaglikse lewe, waar hulle bly en wat hulle eet, jaaa . . . Ek wyk af van die toeriste se bekende weë, backpack in die platteland . . . Binne ’n week ná ek terug is, is ek weer terug in my bobbel. Maar dis lekker om daaruit te ontsnap. En natuurlik is die bobbel nooit weer daarna presies dieselfde nie. Jy is glo ’n sosialemed­ia-vraat? Veral Instagram. Daar is nie klakouse nie, dis visueel en net só mooi. Op Facebook weer is daar skakels na soveel artikels. As ek bv. oor Banting wil lees, is daar skakels na maklik tien artikels. Mense dink dit gaan net oor chat, maar dis soveel meer. Netwerk24 se lesers het jou as ons James Bond gekies. Sal jy ’n goeie Bond wees? Ek sal dit love. Die waaghals-goed wat die rol vereis. Ek hou van fisieke aksie, om by goed uit te spring . . . Die gevegstone­le, gadgets, die onbeskaamd­e oordadighe­id daarvan. Alles is in oor-maat, tien keer so groot as wat dit moet wees. Sean Connery was die beste Bond ooit, dis vanweë die grondslag wat hy gelê het dat dit vandag steeds gewild is. Onlangs, by Huisgenoot se Tempo-toekenning­s, was Armand die enigste wenner met ’n vooraf bereide toespraak. Tog só lame, sê hy. “Ek was op my senuwees, ek hanteer adrenalien nie goed nie. En bang ek vergeet sekere goed of mense . . .”

Hy is steeds stomgeslaa­n dat hy gewen het teenoor name soos Hykie Berg, Chris van Niekerk en Albert Maritz, akteurs na wie hy opkyk. Dat die kykers vir hóm gestem het, maak hom skoon week. Maar toe die oomblik kom, was hy nietemin voorbereid met daai papiertjie met sy bedankings. Hopelik die eerste van baie. Goed, hy ís verlede jaar deur Channel24 aangewys as “juiciest social media male to follow”. “Wha-ha-haha,” sê Armand. “Wat word nou eintlik daarmee bedóél?”

* Krotoa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa