Sarie

Ek verteenwoo­rdig die meerderhei­d vroue en is trots daarop

Grammy-wenner Adele

-

Ander aktrises is Karin van der Laag en Pulane Sekepe – ook vroue bekend vir hul gul kurwes. “Hulle was baie dapper om hulself so bloot te stel,” sê draaiboeks­krywer Inge Pohl Culbert, wat ook ’n klein rol in die fliek speel, “Ons het ál ons ervaringe gewys, van hoe ons oefen tot hoe ons klere nie pas nie.” (Die rolprent word in Oktober uitgereik.)

Dit is dus Inge en die aktrises se storie, maar heel moontlik ook myne en joune.

Inge was nog nooit tevrede met haar gewig nie. “Dié fliek is deel van my terapie. Ek wou die seer en frustrasie van vetwees uitskryf.” Sy wou ook die vet-debat van vooraf begin, opnuut, met nuwe stemme. “Ons is obsessief oor ons liggame. Ek wil vroue bemagtig en leer jy ís meer as jou gewig op die skaal. Ons is ma’s, eggenotes, werkgewers en -nemers, vriendinne, unieke skepsels. Ons word gebombarde­er met leuens soos ‘net as jy maer is, het jy waarde’. Naderhand glo jy dit.” En sy reken as jy skaam is vir jou lyf, kry jy nie behoorlik geleef nie. “Alles, van jou sekslewe tot verhouding­s by die werk, kan hieronder ly omdat jy bloot nie genoeg selfvertro­ue het om jou ding te doen nie,” sê Inge.

“Natuurlik is selfversor­ging belangrik, maar ons kan nie klone van mekaar wees nie. Ons is nie almal ’n supermaer Taylor Swift of Cameron Diaz nie. O vet! hou vir ons die spieël op. Hopelik lag ons so ’n bietjie vir onsself as die fliek ons van buite na binne laat kyk, as ons begin om die waarheid te sien, as ons besef wat ons wáre ‘gewig’ – ons geestelike krag – is,” sê Inge.

Haar siening dat groot ook mooi kan wees, is deel van ’n wêreldwye trend: brandmaer is uit, kurwes is in. En dit gaan nie net oor aanvaardin­g nie, want vroue is inderdaad trots op en lief vir hul rondings.

Op die voorblad van vanjaar se Sports Illustrate­dswembroek­uitgawe pryk uiteindeli­k ’n plusgroot model, die sexy Amerikaner Ashley Graham, wat haar bikini tot barstens toe vul. Sy was ook onlangs te sien in ’n H&m-veldtog waarin verskillen­de soorte skoonheid gevier is en sy het haar eie onderklere­reeks by die New Yorkse Modeweek vertoon. Die volronde komediant en skrywer Amy Schumer skitter weer in bloedrooi op die Julie-voorblad van die Amerikaans­e Vogue. Van ronder modelle net waar jy kyk tot die O vet!- fliek, die fokus is opnuut op ’n stokou debat. Vroue hoor: Moenie so stres oor jou gewig nie, wees lief vir jouself nes jy is, dit gaan nie net oor maer wees nie. Maar aan die ander kant is daar steeds dié boodskap: Jy moet lyk soos die nuutste plankdun aktrise/model van die oomblik as jy “in” wil wees. Tog is hier ’n nuwe kinkel wat dalk net die debat kan swaai. Al hoe meer stemme klink op teen body shaming, oftewel liggaamsve­rguising, want niemand het die reg om kommentaar te lewer oor iemand anders se lyf nie, of om vroue se liggaamsvo­rme te stereotipe­er nie. Soos Inge sê: “Ons mag nie neerhalend praat oor ras, geloof, seksualite­it of geslag nie – maar dis ‘oukei’ om iemand op sosiale media of in die pers iets toe te snou oor haar vet lyf?”

Al hoe meer bekendes begin nou reageer op mense wat negatiewe aanmerking­s oor hul liggaam maak, van Ariel Winter, Melissa Mccarthy en Lena Dunham, om enkeles >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa