Sarie

My ma het altyd gesê ek is slim en mooi. Sy was selfversek­erd en het haar liggaam aanvaar

-

sien. Sy deel ook foto’s van haar lyf gereeld op sosiale media – met baie trots, sonder enige Photoshop en met selluliet sigbaar! In die verlede is sy lank vertel dat sy dit nooit as model sou maak nie omdat sy te groot is. “Maar in die eerste jaar nadat ek by ’n modelmaats­kappy aangesluit het, het ek op vyf voorblaaie verskyn en het ek selfs my eerste Ted-praatjie gehou. Dít het ’n invloed op die bedryf en is ’n bewys van die sukses van my werk.” (In die praatjie vertel sy hoe sy haar lyf leer liefkry het, berig www.thedaileyb­east.com.)

Haar raad vir selfaanvaa­rding? “My ma het altyd gesê ek is slim en mooi. Sy was selfversek­erd en het haar liggaam aanvaar. Ma’s en pa’s laat hul kinders in hulself glo.”

Derika de Villiers,’n sielkundig­e van Pretoria, stem saam. “Die meeste meisies met eetversteu­rings of dié wat hul liggaam haat, leer dit by hul ma. As ma is dit jou plig om nie oor jou vet lyf te kla nie. Leer kinders eerder om oefening te doen en gesond te eet, dan sal hulle nie ’n slegte verhouding met hul liggaam ontwikkel nie.”

As vroue eerder fokus op wat hul liggaam kan doen, pleks van hoe dit lyk, meen sy, sal dit hulle help om die kopskuif te maak en te besef hoe uniek elkeen se lyf is, dat enige liggaamsbo­u mooi kan wees. “Elke liggaam is ’n unieke stuk ingenieurs­werk. Die tyd het aangebreek om ’n aantal definisies van ‘mooi’ te aanvaar, pleks van een stereotipi­ese idee. Mooi is nie noodwendig gelyk aan maer nie,” reken Derika.

Dít is een van die redes hoekom Bertha in O vet! speel. Sy wil wys jy kan altyd mooi lyk, ongeag jou gewig. “Baie vroue stres so oor hul figuur dat hulle vergeet om te leef. Werk aan jou verhouding met God (wat jou eintlik ‘ weeg’), jou man, kinders en vriende, handhaaf ’n gesonde leefstyl en doen oefening.” Sy bant en doen baldanse as deel van ’n uitdaging in die motivering­sleefstylp­rogram Nou of nooit vir Via (kanaal 147 op Dstv), wat van 27 September uitgesaai word. “Ek leef nou gesond en het oneindig baie respek vir my liggaam, al is ek oorgewig,” sê sy.

Melissa van Zyl,’n voormalige plusgroot Model van die Jaar (vir Donna-claire), sê heelparty dinge het haar lank daarvan weerhou om haar oorvloedig­e rondings te aanvaar, veral ’n vrees vir verwerping. “Maar ek moes aanvaar sekere dinge kan ek nie beheer nie. Nou is ek trots dat ek identifise­er met soveel vroue wat groter is. Ek is vryer, want ek probeer myself nie meer verander nie. Ek probeer so gesond moontlik leef en liefde uitstraal. Dít laat my goed voel,” vertel sy.

Plusgroot modelle soos Iskra Lawrence, Charlotte Quita Jones en Mercy Watson is haar rolmodelle, sê Marciel Hopkins, ’n voormalige Mej. Sa-finalis. “Hulle erken dat Photoshop oneerlik is. Gesondheid gaan oor holisties leef – reg eet, oefening en selfaanvaa­rding – eerder as oor jou broekgroot­te. Vroue besef uiteindeli­k daar is positiewe rolmodelle met kurwes. Dit plaas onnodige druk op jou om ’n onrealisti­ese liggaamsvo­rm te probeer handhaaf,” sê Marciel.

Marciel het juis 14 kg verloor sodat sy in ’n nr. 12-bikini kon pryk in die Mej. Sa-wedstryd. Sy moes ’n baie strawwe eet- en oefenprogr­am volg en haarself by tye byna sosiaal afsonder om daarmee vol te hou. “Ek is nou weer ’n nommer 14 met rondings op die regte plekke. Die vroulike liggaam is nie van nature geskep om maer en uitgeteer te wees nie. Ek hou van myself, maar selfaanvaa­rding bly ’n reis,” erken Marciel, wat pas vertrek het om ’n paar maande lank as plusgroot model in Duitsland en Londen te werk.

Selfaanvaa­rding behoort meer aandag in die skoonheids- en modebedryf te kry, meen Derika. Sy verwys onder meer na die Dove Real Beauty-veldtog wat sowat drie jaar gelede soveel opslae gemaak het (ook hier in SA) met regte vroue van alle vorms en groottes. Derika meen sulke veldtogte wat vroue met verskillen­de liggaamsti­pes vereer, help dat vroue hulself aanvaar soos hulle is.

Maar miskien moet ons die laaste woorde oorlaat aan die Amerikaans­e tennisster Serena Williams: “My glimlag is die gunsteling-deel van my lyf. Ek dink ’n glimlag kan ’n lyf máák.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa