Sarie

Kinders speel met selfone, praat of raak nie aan mekaar nie

-

trek, te vra as jy iets wil hê maar ook duidelik en vriendelik “nee” te sê. Dit alles op ’n gemaklike, prettige en lighartige manier, binne ’n klimaat van respek. (Sien kassie op bl. 56.) Sommige fasiliteer­ders doen dit selfs op ’n individuel­e basis.

Natuurlik is daar ook mense wat dit wil uitbuit.’n “Snuggle House” in Wisconsin moes sy deure sluit ná beskuldigi­ngs dat dit ’n nes vir prostitusi­e is. En baie profession­ele cuddlers het al gekla oor kliënte wat op meer as ’n platoniese drukkie hoop, berig The Washington Post (washington­post.com).

Tog, vir dié sonder bymotiewe is die voordele baie, volgens Samantha Hess van Portland, Oregon, op haar webtuiste Cuddle Up to Me. “Aanraking het die krag om te troos as ons hartseer is, gesond te maak as ons olik is, aan te moedig as ons verlore voel. En bowenal, ons te laat besef ons is nie alleen nie.” GEE MY ’N DRUK! Van onder ’n verekomber­s saam met jou geliefdes nestel tot groepe, selfs winkels waar vreemdelin­ge betaal om met mekaar lepel te lê. Om tog net aan iemand anders te ráák.

Dís die prys van ’n koue wêreld van sosiale media en skootreken­aars, tablette en slimfone. So op die hakke van “digitale intimiteit” hoor ons van “touch deprivatio­n”,’ n gemis aan platoniese aanraking. “Kyk na prentjies van kinders,” sê Barry. “Hulle speel met hul selfone, niemand praat of raak aan mekaar nie.”

Toe John Naisbitt, skrywer van Megatrends ( Warner Books, 1982), in die vroeë tagtigs die begrip “hi tech, high touch” bekend gestel het, het dit bloot na ’n hipermoder­ne slagwoord geklink. Dit was sy teorie dat ons in ’n wêreld van tegnologie verlang na persoonlik­e, menslike kontak. Hy het toe reeds voorsien: Hoe meer tegnologie­s gekoppel ( wired) ons as ’n spesie raak, hoe meer begeer ons – selfs smag na – die warm, vertrooste­nde, uitnodigen­de gevoel van ’n lekker drukkie, volgens die webtuiste rewireme.com.

’n Kloppie op jou rug, streel van jou arm – alledaagse, toevallige gebare wat jy gewoonlik as vanselfspr­ekend aanvaar. Maar soveel méér. Met selfs die ligste aanraking van jou arm kan jy met iemand anders toor, selfs die manier beïnvloed waarop hy/sy dink.

Daarvan kry ons deesdae gans te min. Die hoof van ’n bekende skoonheids­huis vertel van ’n kliënt wat aanmekaar vir skoonheids­behandelin­gs gekom het. “Julle verstaan nie,” het sy haar ywerigheid verduideli­k. “Dis die enigste plek waar daar aan my gevat word.” In dieselfde trant sê ’n alleenlope­r-vriendin sy bederf haarself gereeld met masseerses­sies. “Want ek smag na aanraking.”

Dis nie net sommer praatjies nie. Die laaste paar jaar het ’n golf van studies groot emosionele en fisieke gesondheid­svoordele van aanraking gedokument­eer. Die navorsing wil dit laat lyk asof aanraking selfs grondligge­nd aan menslike kommunikas­ie en binding is.’n Hele mond vol en boonop komende van mense wat dit jare lank bestudeer: navorsers aan die Greater Good Science-sentrum by die Universite­it van Kalifornië, Berkeley (http://greatergoo­d.berkeley.edu/) Dis inderdaad sentraal in alle aspekte van ons lewe – kognitief, emosioneel en ons gedrag – van die baarmoeder tot ons grysaards is, beaam die tydskrif The New Yorker (newyorker.com). En nie net eie aan die mens nie. Niemenslik­e primate is sowat 10 tot 20% van hul wakker ure besig om mekaar se uiterlike te versorg. Bobbejane en ape wat mekaar se vlooie soek is mos ’n bekende gesig in wildtuine. Só bou hulle glo samewerkin­g in die groep, volgens die Internatio­nal Business Times (ibtimes.com).

Liefde, dankbaarhe­id, woede . . . jy kan met net aanraking tussen dié emosies onderskei, word in ’n merkwaardi­ge Amerikaans­e studie geïllustre­er. Deelnemers moes twaalf verskillen­de emosies oordra – en dit met net ’n enkele aanraking van die voorarm. Die ontvangers was dikwels in die kol met die identifika­sie van woede, vrees, liefde, dankbaarhe­id, simpatie en afkeer. Akkuraathe­id het van 48 tot 83% gewissel. Dit ten spyte daarvan dat hulle nie die aanraker, of aanraking self, kon sien nie omdat hulle deur ’n afskorting geskei is. Om dit in konteks te plaas, dis net so goed soos wanneer ons iemand >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa