Sarie

Saving Sophie,

- Sarie-leser van Pretoria, Alma Liebenberg Cathy Kelly (Orion, R210) Sarie-leser van Pretoria, Linda Volschenk Ronald H. Balson (Pan Macmillan, R284)

Coenraad Beyers was een van Suid-afrika se gewildste en geliefste skrywers, en ná sy dood word sy laaste boek, ’n outobiogra­fie, gepublisee­r. As ’n finale opdrag van oorkant die graf stipuleer Coenraad in sy testament dat die vroue wat ’n rol in sy lewe gespeel het die reklametoe­r vir die boek saam moet meemaak as hulle by die opbrengs van die boek wil baat.

Hierdie versoek forseer Coenraad se eerste vrou, sy tweede vrou, sy persoonlik­e assistent, en die huishulp wat hom help grootmaak het, om saam te werk. Mettertyd kom daar geraamtes uit die kas en geheime wat eerder moes gebly het, en dit dreig om die boektoer in die wiele te ry. Op die ou end is dit vergifnis en aanvaardin­g wat toelaat dat ongewone vriendskap­sbande gevorm word. In Parys, aan die bopunt van die Eiffeltori­ng, vra Michael die liefde van sy lewe, Katy, om te trou. Terug in Ierland is die hele familie in ekstase oor die komende troue. Dié troue sal nie net ’n veranderin­g in Michael en Katy se lewe bring nie, maar ook in die van familie en vriende rondom hulle. Daar is Leila, Katy se beste vriendin wie se huwelik besig is om in duie te stort, Wonnie, die troukoekba­kker en weduwee wat ’n tweede keer in haar lewe probeer geluk vind. Ook Birdie, Katy se ma, wat nog altyd deur haar man gedomineer word, en Grace, Michael se geskeide ma, wie se eensaamhei­d in hierdie tyd dreig om haar te verswelg.

Hierdie verhaal maak mens bewus van hoe ons lewe ’n impak het op die mense om ons – dikwels sonder dat ons eens daarvan bewus is. Die tema van Balson se boek Once We Were Brothers is die Joodse volksmoord. Saving Sophie is egter ’n aksiebelaa­ide spanningsr­oman oor moord en bedrog.

Jack Sommers, ’n Joodse prokureur in Chicago, se lewe is doodgewoon totdat sy Palestynse vrou sterf en sy sesjarige dogtertjie deur haar oupa ontvoer word. Die kind word in Hebron gevange gehou.

Jack is voortvlugt­ig en die hoofverdag­te in die verduister­ing van $88 miljoen wat hy hoop om te gebruik om Sophie terug te kry. ’n Geheime sending word beplan om haar te red, maar ook ’n groot terroriste-aanval in Hebron te dwarsboom en sodoende oneindig baie lewens te red. Die ondersoeks­pan, Liam en Catherine in samewerkin­g met Cia-agente Miller en Cummings, span almal kragte saam. ’n Uiters boeiende verhaal waarin Balson ook die lewe van gewone mense in die Midde-ooste beskryf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa