Sarie

Ek het opgestaan, uitgegaan en dinge gedoen, al het ek dit (nog) nie geniet nie

-

Aktrise Nicole Holm en haar eks, die akteur Francois Toerien, is in 2007 geskei nadat hy besef het hy is gay. “Ek dink die gevoelens wat in daardie eerste paar weke en maande deur jou kop maal, is anders vir almal,” sê sy.

“Maar vir my was dit ’n gevoel van geweldige verlies. Die konstante bewustheid daarvan raak minder met tyd, maar dit bly jou by. Ek het my sekerheid en vreesloosh­eid daardeur verloor – wat nie noodwendig ’n slegte ding is nie. Daar was nooit ’n ontkenning­sfase soos baie mense ervaar nie en die woede het eers later gekom – en toe ook maar flouerig. Ek en Francois is tot vandag toe vriende, want ons het nooit geskei omdat ons nie van mekaar gehou het nie.”

Om ná die tyd te gaan soek vir tekens dat jou huwelik sou eindig, is ’n fout, sê sy. “Hindsight, soos hulle sê, is 20/20. As jy met die nuwe kennis tot jou beskikking gaan soek vir tekens, sal jy dít kry waarvoor jy soek. Daar is in elk geval niks wat jy aan die situasie kan verander nie en sulke gedagtes hou jou vasgevang in die verlede. Dinge het gebeur soos dit het en deel van die gesondword­proses is juis om dit te aanvaar.”

Maar dis makliker gesê as gedaan. Nicole het ’n terapeut gaan sien en haarself omring met vriende en familie. “Of, eerder, hulle het mý omring,” sê sy.

“Ek onthou ook ek het vroeg in die proses al ’n kognitiewe besluit geneem om heel aan die ander kant uit te kom. Dit was ook gerusstell­end om te onthou dat ek nie die eerste of laaste mens is om deur trauma te gaan nie. Dit beteken nie jou verlies en gevoelens is nie geldig nie (of minder werd omdat ander mense ook sukkel nie), maar dit laat jou minder alleen voel.

“En in oomblikke van wanhoop was my strategie: ‘Aanhou beweeg en geraas maak’, soos die skrywer Jan Rabie geskryf het. Ek het opgestaan, uitgegaan en dinge gedoen, al het ek dit (nog) nie geniet nie. Dis ’n geval van fake it ’til you make it, maar dit het vir my gewerk.” Mettertyd het sy beter begin voel. “Daar is nie ’n spesifieke oomblik waar ek besef het ‘ek is nou oukei’ nie. Maar eindelik was ek – al het my lewe, en ek, anders gelyk. Groot gebeure soos ’n egskeiding verander jou. Dit maak jou nie noodwendig sterker of beter nie, maar dis ook nie wat saak maak nie – eerder hoe jy met die nuwe ‘ jy’ omgaan.”

Vandag is sy in ’n langtermyn-verhouding en het boonop intussen ’n tweeling ryker geword saam met haar lewensmaat, Dirk Cilliers. “Wouter en Rossouw is nou vier jaar oud. Ek kan my nie my lewe sonder hulle indink nie. Of sonder Dirk nie. Ek het geen begeerte om weer in die oë van die gereg te trou nie, maar ek is getrou(d) aan die pa van my kinders.”

Die einde van haar huwelik het ook tot nuwe belangstel­lings gelei. “Ek is ’n kennisvraa­t en het tydens die terapiepro­ses baie in sielkunde begin belangstel en breedvoeri­g daaroor gelees – só dat ek eindelik ingeskryf het om dit te studeer. Die egskeiding was nie noodwendig die katalisato­r vir my nuwe belangstel­ling nie, maar dit het seker aanleiding daartoe gegee.”

Kennis is mag, glo sy, en dit het haar al deur ander lewensvera­nderings ook gehelp – met die geboorte van haar kinders het sy ook alles gelees waarop sy haar hande kon lê.

Sy het egter geen planne om op te hou om as aktrise te werk nie en haar sielkunde-studies is tans op ys terwyl sy haar meestersgr­aad in drama op Stellenbos­ch klaarmaak. Sy het ook pas klaar verfilm aan die tweede reeks van Die Boland Moorde, wat volgende jaar op kyknet te sien sal wees, en gee op ad hoc-basis klas by die Universite­it Stellenbos­ch se dramadepar­tement. >

Agt jaar gelede het Stacey se man uit die bloute aangekondi­g hy wil skei. “Hy het teruggekom van ’n oorsese reis, ingestap, en dít gesê. Hy wou nie eens daaroor gesels nie. Ons jongste kind was toe maar agt maande oud, en die ander kinders twee en drie jaar.” Toe die skok eindelik bedaar, het ’n oorweldige­nde gevoel van skaamte haar byna geknak. “Ek was 30 en het niemand geken wat geskei is nie. Ek het soos ’n mislukking gevoel – hoekom kon ek nie my huwelik laat werk nie? Hoekom het dit met my gebeur? Ek was erg depressief en het saans gebid dat ek in my slaap sal ‘ wegglip’. In ’n stadium het ek 38 kg geweeg en ek het myself twee keer vrywillig in die hospitaal laat opneem. Ná die rouproses was ek kwaad – vir myself én my eks.” Toe kom die keerpunt. “’n Vriendin het langs my gesit terwyl ek in die bed sit en huil het. En gevra wanneer gaan ek besluit om weer gelukkig te wees. My eerste reaksie was verontwaar­diging – sy was dan gelukkig getroud! Maar dit was nodig dat iemand ’n bietjie reguit is met my. Ek het besef sy is reg: As ek nie myself kon gelukkig maak nie, sou ek vier jaar later op dieselfde plek wees. En daar het my uitkyk begin verander.” Dit was nie ’n oornagomme­keer nie, maar Stacey het moeite begin doen om weer gelukkig te wees. “Ek het eenvoudige dingetjies gedoen wat ek geniet. Ek het letterlik tyd daarvoor in my dagboek uitgemerk. Ek het bewustelik vir myself gesê: ‘Oukei, dit was nie my keuse nie. Maar dit het gebeur. Dis agter my.’ En hoe meer ek gelukkig probeer wees het, hoe meer was ek.” Haar selfvertro­ue het begin herstel. As pediatries­e fisioterap­eut het sy ook in die mediese reg belanggest­el, maar het niks daaraan gedoen nie. “Ek het net nooit die selfvertro­ue gehad om my vaardighed­e uit te brei nie. Maar toe ek eers oukei was ná my egskeiding, het ek begin voel ek kan enigiets doen. Nou doen ek gestremdhe­id-assesserin­gs en stel verslae op vir prokureurs oor onder meer ongeskikth­eidverseke­ring en derdeparty-eise.”

Haar egskeiding het uiteindeli­k tot ’n hele nuwe ondernemin­g gelei. In November verlede jaar het sy The Divorce Source begin,’n aanlyn platform wat vroue ondersteun wat skei of geskei is. “Ek is ook nou ’n opgeleide egskeiding-afrigter en bied kursusse in persoonlik­e ontwikkeli­ng aan. Ons ondersteun vroue met die logistieke, emosionele en finansiële aspekte, en verwys hulle na betroubare sielkundig­es, prokureurs en ander kenners. Ons het ook ’n ondersteun­ingsgroep wat maandeliks in Johannesbu­rg ontmoet.

“Elke vrou het unieke behoeftes. Party sukkel finansieel en dan help ons hulle om ’n aksieplan uit te werk, soos hoe om hul vaardighed­e uit te brei om meer geld te verdien. Ander het emosionele steun nodig, soos wat om te doen wanneer hulle alleen voel oor naweke, of om hul rol as vrou te herdefinie­er.”

Haar boek, Divorce 101: Survive and Thrive (Batya Bricker Books), kom ook in September uit. “Dis soos ’n padkaart vir die verskillen­de fases van ’n egskeiding,” sê sy.

“Dis propvol wenke oor hoe om die beste van die situasie te maak.’n Egskeiding is ’n marathon en hierdie is jou aksieplan. Maar ek sou sê die belangriks­te is om jouself af te vra wat jy vandag, of hierdie week, kan doen om net een stappie vooruit te beweeg. Of daardie stappie is om emosies te ervaar sonder om jouself te oordeel, of om dinge te doen wat jou gelukkig maak soos om ’n borrelbad te vat, of om ’n roetine te begin sodat jy meer in beheer kan voel. Begin net deur dit te dóén.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa